g.2. Hendrina Maria Nel, geb. 15/03/1887, ged. 08/05/1887

g.2.  Hendrina Maria, geb. 15/03/1887, ged. 08/05/1887, Kenhardt, oorl. 22/06/1947, Namakwa, Calvinia x 02/05/1910, Neus, Kenhardt met Johannes Louw (Vaal Jan) NEL, geb. 04/09/1886, oorl. 10/07/1974, Namakwaland, Granaatboskolk plaas begraafplaas, s.v. Albertus Johannes Nel en Helena Antoinetta Louw.

Hendrina Maria was die dogter van Abraham Pieter Nel en Hendrina Maria Hendrikse.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1928:
FAMILYSEARCH

Sy was die enigste dogter van Piet Nel en is in 1891 gebore, toe die familie nog op die ou Rooipad gewoon het.  Hendrina se broers se kinders het vir haar “suster” genoem, omdat die broers haar so genoem het.

Hendrina, Mias en Kolie het op Nieuwoudtville skoolgegaan en het by ‘n tannie van hulle gaan woon.   Hulle het met ‘n perdewa gery om by die regeringskool uit te kom.  Barend Johannes Mouton van Heilbron was vir een jaar hulle onderwyser.

Hendrina is laterjare met Vaal Jan Louw van die Namakwaland getroud.  Volgens oorlewering was sy ‘n mooi vrou, wat baie lojaal teenoor haar man was.  Hulle het op die plaas Granaatboskolk gaan woon.

Hendrina Nel en Jan Louw. 1906

Vaal Jan en Hendrina

Vaal Jan en Hendrina

Hendrina, Vaal Jan en kinders

Sy het op ‘n stadium ‘n breuk gehad wat die dokter wou laat regmaak, maar sy wou niks daarvan weet nie.  Sy was bang vir die dokters en sou eerder daarvan wou sterf.  Sy het “kouevuur” gekry, wat inflammasie was en is kort daarna dood.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, CALVINIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, CALVINIA district, Granaat Bosch Kolk 151_2, Granaatboskolk Oos, farm cemetery

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, CALVINIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, CALVINIA district, Granaat Bosch Kolk 151_2, Granaatboskolk Oos, farm cemetery

Kinders:

h.1. Johannes Louw NEL, geb. 09/04/1914, ged. 12/07/1914 x 04/04/1942 met Heletje Maria (Meraai) Nel, geb. 18/02/1923, ged. 12/08/1923, Nieuwoudtville, oorl. 04/05/1987, Bellville, d.v. Jacobus Hendrik Louw Nel en Anna Wilhelmina van der Merwe.

h.2. Hendrina Maria NEL, geb. 16/09/1915, ged. 12/12/1915, Kakamas, oorl. 11/08/1970, begr. Granaat Bosch Kolk 151, Calvinia x 07/06/1958, Brandvlei met Dewald Jacobus (Wolly) de Lange, geb. 01/10/1891, oorl. 02/03/1963, Port Elizabeth.

h.3. Albertus Johannes (Oubaas) NEL, geb. 22/08/1917, ged. 20/01/1918 x Margaretha Magdalena (Rita) van Schalkwyk, geb. 21/03/1921, oorl. 23/01/2010.

h.4. Helena Antionette Louw NEL, geb. 22/01/1923, ged. 27/05/1923, Kenhardt, oorl. 16/06/1940, begr. Granaat Bosch Kolk 151_2, Granaatboskolk Oos, dist. Calvinia.