Willem Schalk was die seun van Johannes Willem Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg.
FAMILYSEARCH
Kallie Nel en sy vrou Geesie Friedberg
Hy was ‘n groot man van ses voet vier. Hy het eers by Hennie von Wielligh in Keimoes Hotel se kroeg gewerk. Gys von Wielligh het hom toe aangespoor om in die slaghuisbesigheid in te gaan. Nadat hy ‘n klompie geld bymekaar gemaak het, is hulle toe Taungs toe, waar hy ‘n paar besighede bedryf het.
‘n Sêding wat sy seun Jannie altyd gehad het was: “Moenie ‘n goeie mens kwaad maak nie. Dit is ‘n vreeslike ding.” Hulle dogter Nicolene was die blommemeisie op Anna en Ernie Bird se troue.
Woon Taung stasie, dist. Vryburg, KP vlgs sy sterfkennis.