Die van was ‘n beroepsnaam vir die beampte watbverantwoordelik was vir die bewaring van die adelfamilie en sy
skatkamer. Dit het ontstaan uit die ou Engelse woord
stigweard, wat ‘n samevoeging stig of huishouding en weard of bewaarder is. Elke groot huis, graaf en
biskop in Middeleeuse Engeland en Skotland het sy bewaarders gehad. Spelling variasies: Stewart, Steward, Stillbhard (Gaelic) en
andere.
Die van is eerste in Skotland aangetref, waar rekords
van Stewart as ‘n van, en nie net ‘n beroep nie, begin voorkom het vanaf die
13de eeu. Die voorgeslagte van die
befaamde koninklike Stewart lyn van Skotland stam af van ‘n groot adelike
Bretonse familie wat vir ‘n tyd gevestig was in Oswestry, Shropshire, waar
hulle grond gegun is deur William die Veroweraar.