d.3. Nicolaas VON WIELLIGH, geb. 16/07/1780

d.3.  Nicolaas, geb. 16/07/1780, ged. 25/07/1780, Kaapstad, oorl. 1867 x 19/03/1799 met Elizabeth DE WAAL, geb. 24/10/1779, d.v. Cornelis de Waal en Aletta Heuningh xx 11/06/1832, Somerset-Wes, met Elizabeth Johanna THEUNISSEN, geb. 29/09/1813, Somerset-Wes, oorl. 25/04/1838, huis Leeuwendans, dist. Stellenbosch, d.v. Marthinus Wilhelm Theunissen en Sara Catharina Malan, xxx per spes. Lis op 19/12/1838, Kaapstad met Maria Catharina Alida FISCHER.

Nicolaas was die seun van Nicolaas von Wielligh en Gerharda de Jongh.


FAMILYSEARCH
DG:  ? de Jongh, Anna Catharina Victor en Alida Maria Schenck

G.R. von Wielligh gee in sy boek Eerste Skrywers (JL van Schalk, 1922) inligting oor sy grootvader, Nicolaas (1780).  Hy is op 16 Julie 1780 in Kaapstad gebore en het ‘n vermoënde man geword.


FAMILYSEARCH.
21/06/1796.  Lidmaatskap van die kerk in die Kaap.

Nicolaas trou op 19/03/1799  met Elizabeth DE WAAL, die.dogter van Cornelis de Waal en Aletta Heuningh.


FAMILYSEARCH
DG:  Abraham Skietekat en Elizabeth de Waal.

Na sy huwelik met Elizabeth de Waal het hy die plaas Leeuwdans (Leeuwendans) gekoop.  Nadat sy vir hom vier dogters geskenk het, is sy oorlede.



















Na Elizabeth se dood, trou hy met Bettie (Elizabeth Johanna) Theunissen die dogter van Marthinus Wilhelm Theunissen en Sara Catharina Malan.

Elizabeth Johanna Theunissen was een van 15 kinders.  Sy was van die plaas Vergelegen, wat oorspronklik aan Goewerneur W.A. van der Stel behoort het.  Die plaas was in vier dele verdeel en per veiling verkoop, nadat die goewerneur daarvan afgesit was.  Haar pa, Marthinus Wilhelmus Theunissen (gebore op Soetmelksvlei) is kort na sy twintigste verjaarsdag met Sara Catharina Malan getroud.  Sara Catharina Malan het Vergelegen van haar ouers, Jacobus Malan en Catharina Morkel geërf in 1778.  Vergelegen is na Sara Catharina Malan en Marthinus Wilhelmus Theunissen se huwelik in sy naam geregistreer.  Marthinus Wilhelmus Theunissen was ‘n lid van die Stellenbosche kommando, ‘n ouderling van die Stellenbosche kerk en ‘n Heemraad.  Hy was ook een van die voorstanders in die vestiging van die dorp en kerk van Somerset Wes.  Die handelaar George Thompson het vir Marthinus Wilhelmus beskryf as ‘n ‘substantial African landowner’.  Hy het in weelde geleef op Vergelegen en was ‘n entrepreneur en bouer van Hollandse kerke by Caledon en Stellenbosch.  Hy was ook die eienaar van verskeie Overberg plase. (family.morkel.net)


Vergelegen Homestead (Photo: André R. Morkel)

DIE GRONDEIENAARS VAN STELLENBOSCH EIENAARS VAN ERWE OP DIE DORP 1693 - ca. 1860 EN EIENAARS VAN PLASE IN DIE DISTRIK 1680 - ca. 1860 deur JOHANNES VAN DER BIJL

DIE MELCHIOR BRIERS-ERF bestaan uit vier dele:
DEEL 1 Dit is deel van'n plaas toegeken
1.1.1683 G 121 aan Harmen Jansz Potgieter, >n vrysmid (kyk pp. 19, 31 en 33). Voor 1687 verkoop hy hierdie erf aan die "vrywagenmaker", Abraham Bastiaansz Pyl, wat dit op
17.9.1687 aan Sybrand Mancadan, "krankbezoeker en secretaris aan Stellenbosch% verkoop. Hy was met Maria Catharina van Swaanswyk getroud en na Mancadan se dood is sy weer met Jan Geel getroud. Geel en sy weduwee was albei oorlede voor Pyl in 1698 transport verkry het. 2 m 519 r² (Kaart p. 90)
1.1.1683 G121 Harmen Jansz Potgieter - dit is deel van die plaas "Voor 1687 Stukje } 1 Land of Eylandje" } Abraham Bastiaansz Pyl "vrywagenmaker' 1698 T 448 }
17.9.1687 Sybrand Mancadan (3.12.1699/T 451 aan boedel van sy weduwee) Jan Geel trou met wed. Mancadan
3.12.1698 T 451 Boedel wed. Geel (eers wed. Mancadan) 3121698 T 452 Jan Margara
5.5.1699 T 463 Jan Frederick Fols (van boedel Margara)
29.12.1701 T 552 Hans J. Conterman
20.3.1703 T 595 Andries Cornelis van Tonderen
11.6.1717 T 1176 Jan Botma
17.1.1721 T 1363 Steven Winterhof (van boedel Botma)
31.7.1727 T 1804 Adam Keyser (van Claas Wolf)
10.4.1732 T 2055 Antonie Fick (van boedel Kayser)
DEEL 11 1 m netto (Kaartp. 90) 12.10.1750 OSFIIIS Antonie Fick
DEEL (1 + 11) 3 m 519r²
17.1.1758 T 3320 Bemardus Fick (van wed. A. Fick)
19.7.1770 T 4358 Abraham Kraaywinkel
9.11.1775 T 4770 Petrus Franciscus Melchior Briers
DEEL 111 520 r² (Kaart p. 90)
 6.3.1790 OSF 1V 11 P. F. Melchior Briers In 1811 verkoop Briers 597 r² wat in 1813 as die eiendom van die Landdros en Heemrade aangegee word (kaart p. 90). Die erf word op p. 95(kyk §16) behandel. Die restant is nou 3 m 442 r². 92 VICTORIA - TOT PLEINSTRAAT
DEEL 1V 2 m 207 r' (Kaailp. 90)
5.3.1813 T 65 P. F. Melchior Briers (In 'n 1813-opmeting is bevind dat 2 m 207r² aan die Landdros en Heemrade behoort, maar dat dit binne Briers se veronderstelde grense val. Die grond word aan hom toegeken mits hy grond vir 'n nuwe straat gee.) Totale erf 6 m 49 r² MELCHIOR BRIERS-ERF (Oos van Andringastraat) §12 Met die maak van Andringastraat, word die erf (§]]) in 1816 in twee gesny, oos en wes van Andringastraat. (Vir die westelike deel kyk §22éj- Die oostelike deel word in vier groot stukke gedeel. 'n Vyfde deel is al in 1811 deur Briers verkoop. Hierby moet nog die twee Cats-erwe, p en N (§8p- 87) gevoeg word.
1 ERF A (Restant van die Melchior Briers-erf) 310 r² 142 vt² (Kaan p. 93)
17.7.1818 T 553 Wed. Gabriel Rossouw (Elizabeth Cecilia Louw) (van wed. P. F. M. Briers)
28.7.1820 T 254 John Martinson (van wed. Rossouw)
21.9.1832 T 344 Nicolaas Hendrik Sertyn
28.10.1836 T 683 Nicolaas von Wielligh
16.1.1838 T57 Wesleyan Missionary Society
13.7.1899 Wesleyan Missionary Society

(https://digital.lib.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.2/5912/vanderbijl_grondeienaars.pdf?sequence=10)

Beide Van Wielligh en Theunissen het in die veldkornetskap van die Mosselbanks Rivier gewoon.  In 1834 het Jurgens Sr. die plaas Olifantsfontein saam met die slawe aan Nicolaas von Wielligh verkoop.  Alle slawe is in die Kaap op 1 Desember 1838  vrygestel, dus toe Nicolaas in sy laat vyftigs was. Teen die tyd van emansipasie van die slawe was Nicolaas von Wielligh een van die rykste slawe-eienaars in die Mosselbanks rivier.


GR het vertel dat sy oupa Nicolaas omgeveer 40 slawe gehad het.  Sommige van sy slawe kon blykbaar net in Malleis-Portugees met hom gekommunikeer.   Daar was blykbaar ‘n goeie verhouding met die voormalige slawe, want van hulle het dikwels kom kuier.  Onder die besoekers was daar Kandaas, die vrou van die Engelsman Jim en Lena die vrou van Jim se broer George.  GR het vertel dat Aia Leentjie,  ‘n voormalige slaaf in haar tagtigs,  geel van kleur en met lang hare, bekend in die Boland as Malbaare, op die plaas kom woon het by haar kleinkinders, Josop Fortuin en Lowiesa.  Sy was ‘n Christen en die von Wielligh kinders het dikwels by haar gaan kuier om na haar stories te luister.

Slawe-vergoeding is wel deur die Britse regering aan die boere uitbetaal, maar dit het nie naastenby vergelyk met die ware waarde van die slawe nie.  Dit was ook algemeen dat verbandlenings op slawe as eiendom gemaak is.  Nicolaas von Wielligh van die plaas Leeuwedans, dist. Malmesbury se 35 slawe was  vir 3,307 pond waardeer, maar hy het slegs 1,243 pond as vergoeding ontvang.


In addition to the fact that Nicolaas van Wielligh’s claim to compensation money of 1 243 was uncontested, he received an additional sum of  £137,7s11p from the claim of neighbouring farmer M.W. Theunissen leaving Theunissen with just £39,9s,10p.  When Theunissen bought Leeuwekuil for £625 in 1830, £325 was provided by Van Wielligh.  Theunissen and Van Wielligh were not only neighbours, but also kin.  Van Wielligh had at one time been married to Theunissen’s namesake (sy dogter), Elizabeth Johanna Theunissen.”  (Dooling, Wayne:: Research in international studies, Africa series, vol 87. p. 225).


Sy vrou Elizabeth Johanna Theunissen is dood in dieselfde jaar as wat hy hom moes vereenselwig het met die finale beeindiging van slawerny.

  
MOOC 6/9/12 2713.  Elizabeth Johanna Theunissen.  Ouers.  Marthinus Wilhelmus Theunissen & Sara Catharina Malan.  Boervrou. Getr. Nicolaas von Wielligh.  Oorl. 25 jr. 6 mde. 6 dae.  25/04/1838, huis Leeuwendans, dist. Stellenbosch.  Kinders.  Nicolaas, Sara, Marthinus Wilhelmus.

Na sy tweede vrou se dood het Nicolaas vir ‘n derde keer per spesiale lisensie op 19/12/1838 met Maria Visser (Fischer) van Kaapstad getrou.


In 1846 the Mosselbanks Rivier notable Nicolaas van Wielligh stood surety for Daniel Retief and Philippus Albertus Myburg (sy dogters se mans) for the amounts of £826 and £750 respectively.”  (Dooling, Wayne:  Slavery, Emancipation and Colonial Rule in South Africa.   2007. P. 145)


Nicolaas was ongeveer ‘n dekade na die beeindiging van slawerny bankrot.  Die beeindiging van slawerny het wel bygedra tot sy ondergang, maar hy het tog die voordeel van kompensasie vir sy slawe verkry.  Miskien was hy net ongelukkig, want in die jare wat sy bankrotskap vooruitgegaan het, het droogtes ‘n paar keer op sy plaas uitgebreek.   Die reëls van verdeling van erfporsie het voorgeskryf dat Von Wielligh aan die geldige aansprake van sy nageslag moes voldoen.   Om die erfporsie van sy drie kinders te verseker, was hy verplig om 'n verbandlening van 2902 pond uit te neem. (Wayne Dooling: Research in international studies, Africa series, vol 87).


Volgens Dooling is sy bankrotskap egter teweeg gebring deur sy onvermoë om sy produksie te verhoog.  Ten spyte van die arbeidstekorte het die ontwikkeling van gemeganiseerde boerderygereedskap baie stadig in Suid-Afrika ontwikkel.  In 1838 was daar geen plaasimplimente onder Nicolaas se besittings gelys nie.  Nicolaas kon nie die verandering van slawe-arbeid na betaalde-arbeid hanteer nie. Hy kon sommige van sy ou skulde afbetaal met die kompensasiegeld, maar het ‘n dekade na emansipasie nog steeds nie die 16000 guilders gehad wat hy geleen het, toe hy die plaas in 1818 gekoop het nie.  ‘n Verdere 13000 guilders wat hy in 1813 geleen het, is nie betaal nie en die 625 pond wat hy in 1832 geleen het, kon hy nie betaal nie.  Hierdie manier van skuld maak was nie ongewoon nie.  Naburige plase soos Blaauwe Blomskloof, Berg en Dal, Hoornbosch, Kalbaskraal en Wolwedans was net so swaar belas.  (Wayne Dooling: Research in international studies, Africa series. Vol 87.)


In 1854 is Nicolaas 'n doopgetuie by die doop van Elizabeth Maria Johanna Theunissen.


FAMILYSEARACH
Cape of Good Hope baptisms 1846-1864

Sy enigste seun Nicolaas (1833) het die plaas Vryeguns, Agter-Pêrel, gekoop waar sy vader en moeder gaan woon het en waar hy (Nicolaas 1780) in 1867 op die hoë ouderdom van 87 oorlede is.  GR von Wielligh is op hierdie plaas op 1 April 1859 gebore en was sowat 8 jaar oud toe sy oupa oorlede is.

d.2. Dirk VON WIELLIGH, ged. 21/04/1771

d.2.  Dirk, ged. 21/04/1771, Kaapstad, oorl. 25/01/1773, Kaapstad.

Dirk was die seun van Nicolaas von Wielligh en Gerharda de Jongh.


FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1757-1779.
DG:  Anthonij Holtman en Johanna Barbara Oberholster.

            

d.1. Mattheus VON WIELLIGH, ged. 17/09/1769

d.1.  Mattheus, ged. 17/09/1769, Kaapstad.  Waarskynlik jonk oorlede.

Mattheus was die seun van Nicolaas von Wielligh en Gerharda de Jongh.


FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1757-1779.
DG:  Matthys von Wielligh en Alida Maria Schenk.

c.2. Nicolaas VON WIELLIGH, ged. 08/01/1741

c.2.  Nicolaas, ged. 08/01/1741,  oorl. c. 1814 x 18/12/1763 met Gerharda DE JONGH, ged. 19/08/1742, oorl. 25/08/1820, (MOOC 6/2), d.v. Dirk de Jongh van Utrecht Nederland en Emerentia van den Hooven.

Nicolaas was die seun van Mattheus von Wielligh en Alida Maria Schenk.


FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1713-1741
DG:  Christiaan Victor en Catharina Kervel (Margaretha von Wielligh se man en sy tweede vrou)

Nicolaus.
De vader Matthijs van Wielingen. De moeder Alida Maria Schenk.
De getuigen Christiaan Victor en Catharina Kervel.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1741

Written by transcribed by Corney Keller.

Nicolaas, die oudste seun van Mattheus en Alida Maria Schenk, het waarskynlik sy vrou ontmoet d.m.v. die handelsbetrekkinge wat sy pa met Dirk de Jongh gehad het.


Dirk de Jong van Utrecht in Nederland het voor 1738 aan die Kaap gekom. Hy het in 1738, Kaapstad, met Emmerentia van Hooven, die dogter van Hendrik van Hooven en Anna Catharina Obits getrou.  Dirk het vir ‘n tweede keer in 1751, Kaapstad, met Johanna Barbara Oberholster getrou.  Sy was die weduwee van Micheal Pentz (pagter van die Europese Bier en wynlisensie).  Gerharda is die tweede oudste van 8 kinders.

Op 06/11/1764 het Nicolaas en Gerharda de Jong ‘n gesamentlike testament opgestel (CJ 2667 39).


Nicolaas en Gerharda se handtekeninge uit hulle testament

Nicolaas was die eienaar van Huguenot huis, geleë op die hoek van Hout en Loopstraat.  In 1752, toe Goewerneur Ryk Tulbagh ‘n klompie nuwe plotte beskikbaar gestel het om verkoop te word aan die burgers, was Erf no 6 in die nuwe area aan Hendrik Britz verkoop.  Die erf was klein, net 104 vierkante voet, maar ongeag daarvan het Britz ‘n pragtige Kaapse huis gebou.


(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

Die mure was gebou van 'n verskeidenheid van klippe, kleiteëls, modder en kalk en is tot 80 sentimeter breed op plekke.  Om die eiendom teen bose geeste te beskerm, is 'n aantal vreemde items (poppe, kruise, geraamtes van diere en glas) in die mure ingebou.  Die vloere in die ou huis was gemaak van Birmaanse kiaat, terwyl die plafonne en balke gemaak is van geelhout.  (Huguenot House Cape Town by Turtle SA.)  “Clay bricks were laid on the ceiling planks and cemented with lime, screeded and covered with bitumen as waterproofing.”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

    


           (Huguenot House Cape Town by Turtle SA.)

Die huis het bestaan ​​uit 'n voorkamer met 'n slaapkamer aan weerskante en 'n agterkamer. Die boonste area het 'n aantal kamers gehad.  Daar was 'n binnehof aan die agterkant en 'n kombuis en slawekwartiere.  (Huguenot House Cape Town by Turtle SA.)  Slate tiles from Robben Island were used to cover the original courtyard and front stoep.”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

In die kombuis was daar ‘n put vir drinkwater.  There are only three of these original home wells to be seen in Cape Town.”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

Huguenot huis was deur ‘n reeks ryk handelaars besit.  In 1760 is die huis verkoop vir 5350 gulde aan Jurgen W Spengelaar, in 1765 koop Gustav Tregard die huis vir 6300 gulde, en in 1770 verkoop Tregard se weduwee die huis vir 6000 gulden aan Nicolaas von Wielligh.  Toe hy gesterf het in c. 1815 het sy weduwee Gerharda de Jongh die eiendom verkoop vir 55000 ryksdalers.  Die huis was oorspronklik versier met muurskilderye en motiewe wat gedurende die 18de eeu geverf is. (Huguenot House Cape Town by Turtle SA.)


“Nearly all rooms in the building, even the upper storey, were hand painted in various patterns and motifs.  Entire walls were covered with stenciled patterns and most walls had a dado around ceiling corners and window frames.  Dutch painters who came from Holland sometimes spent years decorating a family home as payment for board and lodging. Once the grand homes of Cape Town were done, these painters moved on to some of the more important wine farms where their skills were used to decorate Cape Dutch homesteads.”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

“The rooms on either side of the “voorkamer” were used as bedrooms and the walls painted a soft green, with dados outlining the door and window frames. In the room to the right a most unusual motiv of four different flowers; a rose, a lilac, a daisy and a peony forms the hand painted dado. The frieze above the wooden floor depicts green malachite (a semi-precious stone used as tiles in European palaces).”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

As gevolg van die groot toename in die waarde van die eiendom, kan dit aanvaar word dat Nicolaas omvattende verbeterings aan die huis gemaak het en dat die skilderye in die huis in opdrag van hom was.  (Huguenot House Cape Town by Turtle SA.)

Die versiering van die huis is moontlik na 1790 gemaak. “On the right hand wall of the “voorkamer”, Gerharda von Wielligh is depicted as the Roman goddess Luna. Note the crescent moon (horns ?) on her forehead. The painting of her husband on the opposite wall could not be saved.”   (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)












Gerharda de Jongh 
(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)


“In the “agterkamer” her daughter is painted as Ceres (goddess of fertility and growing corn) and her son as Bacchus (god of wine and fertile crops). These portraits were painted on a background depicted as wood paneling.  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)













(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)



Aangesien ek tot op hede geen rekord van ‘n dogter vir Nicolaas en Gerharda de Jong kon opspoor nie en dat ek vermoed dat hulle eerste seun, net soos die tweede een jonk dood is, dink ek dat hierdie twee skilderye die van hulle derde seun Nicolaas en sy eerste vrou Elizabeth de Waal, die dogter van Cornelis de Waal en Aletta Heuningh kon wees.

Van 1815 tot 1880 was die gebou in besit van verskeie wynhandelaars vir die uitvoer van wyn uit die Franschhoekvallei - vandaar die naam Hugenote House, wat dit naas Groot Constantia, verander het in die belangrikste wynverspreiding sentrum van Kaapse wyne in die land.

“It’s a good example of the town architecture of this time:  rusticated plaster wall surface, thin-framed and large-paned sashwindows with internal shutters, mouldings supported by brackets over the windows.  Yet in its general appearance:  fenestration, central set-forward section, parapet moulding and high stoep with steps in Hout St, the house clearly betray its late 18th century origin, from soon after 1752 or else from the time of Nicolaas van Wielligh, c 1779, as does much of its interior woodwork.  The house was apparently built as a double-storey, and was restored in 1987 by GT Fagan.”  (Fransen, hans:  The old buildings of the Cape)

(PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

Panoramic view of Cape Town – pen and ink water colour by Josephus Jones (1805)
Huguenot House is located fourth from the right. The construction in the middle of the open space was designed by Anton Anreith as a water fountain on Greenmarket Square, passed by the Governor, but was never build.”  (PRINS & PRINS - A Passion for Perfection)

Uit Die Huisgenoot van Junie 1920 (b. 56) is daar 'n beskrywing van die borsplaat van Nicolaas von Wielligh:




Gedurende die Eerste Britse besetting was die volgende proklamasie uitgereik.

 PROCLAMATION 1796 -1799.  By His Excellency 'George Earl of Macartney, &c. 28th day of June 1797. 
Whereas by my proclamation of the 28th day of May last, All Heads of Families, and as many other Inhabitants of the Cape Town & within four Hours distance, as could assemble in the Castle on Thursday & Friday the 15th & 16th of June, WOTe summoned & required to take and subscribe in a Book for that purpose, in behalf of themselves & their fellow Burghers, the following Oath of Allegiance to His Majesty, the Sovereign of this Colony:

 " I do swear that I will be faithful & bear true Allegiance to His Majesty George the third, by the Grace of Gk)d King of Great Britain, France & Ireland, Defender of the Faith, &c., &c., &c."

 And whereas the following Heads of Families and Inhabitants, viz.: Wm. F. van Rheede van Oudtshoom, J, D. Hubner, H. A. Vermaak, J. A. van Eeenen, W, van Eeenen, Ik. van Eeenen, Gysbert van Eeenen, J, G. Brink, C. Brink, J. Brink, A. Brink, C. van der Poel, A. van Breda, P- van Breda, J. A. Horak, Alexander van Breda, D. G. van Eeenen, J. P. Eksteen, C. Nelson, S. van Blerk, C. la Harpe, J. Eens, D. HofiF- man, Adriaan Cruywagen, Wm. Colver, J. D. Kamspek, A. D. Smit, C. Freislich, J. Joubert, H. Cloete junior, H. 0. Eksteen, N. Colyn, Jan van Schoor, K van Es, BL Dempers, L. Bield, G. Wm. Hoppe, S. Wiedt, J. van Leeuwen, G. Schierhout, — Verheum, N. van Wielligh, S. Herman, A. Jansen, D. Storm, H. ter Hoeven, Doctor Voigt, L. Henkell, J. van Biel, S. van Eeenen, J. J. Vercueil, and divers others actually residing in Cape Town or District within four hours distance, have on various pretences declined & neglected to take and subscribe the said Oath ; Be it therefore known, & by these presents it is declared, that all Heads of Families & others as above described who shall not have taken & subscribed the said Oath before the 10th day of Jiily next, will be considered as disloyal Subjects, and no longer entitled to the protection of the British Government, which they refuse to acknowledge. They are therefore warned & commanded to hold themselves in readitiess to depart this Colony within the space of 30 days from the Date hereof, and to embark on board such Ship or Ships as shall be prepared by my Order to transport them to Batavia, or to such other Dutch Settlement in the Island of Java or elsewhere, as may be found most convenient to land them at.  (Full text of records of the Cape colony from February 1793)

Nicolaas sterf voor 1814, afgelei uit die versoek van 1814 vir die vrystelling om ‘n vroueslaaf waarin Gerharda beskryf word as, die weduwee van Nicolaas van Wielligh, gebore de Jongh.