Hendrik Petrus was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.
Hendrik en Maria
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Upington, Louisvale Road, cemetery WESTHUIZEN Maria Petronella, van der 1917-1996
Hendrik was die jongste van die van der Westhuizen
kinders. Toe sy pa oorlede is, was hy
nog ‘n baba. Hendrik het op Graaff-Reinet
as onderwyser gaan studeer en het die kwalifikasie, 3de jaar Hout en Metaal
verwerf. Hy en sy vrou Maria het mekaar
op Kalkpoort ontmoet waar hy onderwys gegee het. Die twee was baie verlief. Haar pa was 'n bywoner op ‘n plaas wat aan
Jacobse behoort het en haar familie (baie vrygewige mense) het van Kuruman af
gekom. Hulle het eenkeer vir Hendrik 'n
geweer gegee en gesê dat hy soveel bokke, as wat hy kon doodskiet, kon kry. Hendrik het die laaste deel van sy lewe op
Kalksluit (Louisvale) deurgebring.