Jacobus Hendrik was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Christina Wilhelmina Loots.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.
Na
skool het Kola help grawe aan die kanaal by Kakamas (Noordvoor). Hiervoor is hy die loon van een en ses (15
sent) per dag betaal. Later het hy as
klerk in die Kommissiewinkel op Schroder gewerk en later as bestuurder van
Alheit se Kommissiewinkel. Hy het op ‘n stadium ook vir sy broer Andries gehelp
om die stukkie landbougrond wat Andries op Kakamas gehad het, te bewerk. Hierna besit
hy saam met ‘n vriend en kolega, Willie Zaaiman, ‘n winkel op Neilersdrift. Hy
verkoop egter sy aandeel aan Willie Zaaiman en koop toe Sandeiland in die
boonste deel van Rooikopeiland. Weens sy
verswakkende gesondheid het hy Sandeiland verkoop en ander besproeiingsgrond by
Keimoes gekoop. Hierna koop hy ‘n erf in
Neilersdrift waar hy woon tot sy dood.
Hy
was altyd ‘n aktiewe mens. Hendrik het vertel dat Kola, net soos van sy ander
broers, deelgeneem het aan die Rebellie van 1914. Eendag het hulle by sy ouerhuis verby gery en
Kola, wat op ‘n blou perd gery het, het gou afgespring en ingehardloop by die
huis. Toe hy egter weer op sy perd wou
klim, het die dier op sy agterpote gaan staan en het Kola op sy sitplek te
lande gekom. Na die oorlog is hy met
Janet van der Merwe getroud. Toe sy
eerste seunskind so op sy agterstewe val, het sy ma gespot en gesê dat die
outjie na sy pa aard (na aanleiding van die blouperdgeval). Kola het net gelag.
Kola en Jeanette
Kola hertrou op 20/08/1928 met sy vrou se suster, Aletta Jacoba
(Lettie) van der Merwe.
Kola
met Van der Merwe. Kola het toe al
parkinsens gehad
Kola,
Andries, Howard, Fred en Hendrik
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern
Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries)
Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Jacobus
Hendrik, v.d. 1895-1964
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern
Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries)
Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Aletta
Jacoba, van der 1909-1986