Andries Adriaan was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.
Andries Adriaan van der Westhuizen is op 22 Junie 1899 op Prieska gebore. Hy het op 12 jarige ouderdom saam met sy ouers na Kakamas verhuis. Andries het op hierdie jeugdige ouderdom "swaarkry" leer ken. Sy pa, Jacobus Hendrik, is in 1911 oorlede toe hy nog op skool was en reeds toe al moes hy van die huislike verpligtinge op sy skouers neem. Hy het na skool as arbeider help grawe aan die Noordvoor op Kakamas, ten spyte van die baie fel Noordwesterse son, wind en reën.
Nadat hySt. 7
klaargemaak het, het hy as Kwekeling onderwyser “Pupil Teacher” vir 9 maande
gaan skoolhou. Dit was die gebruik in
daardie jare voordat ‘n persoon na ‘n kollege sou gaan vir verdere
studie. Hy het egter nie verder gaan leer
nie, maar het ‘n bestaan op ander maniere probeer maak, sodat hy sy broers en
susters kon help om verder te studeer.
Op hierdie manier kon hy sy familie versorg en ook meegehelp dat twee
van sy broers hulle as volwaardige onderwysers kon kwalifiseer.
Andries en Hester se troue
Op Kakamas moes hulle egter weer voor Ds. Shaw trou,
aangesien hy geweier het om andersinds hulle kinders te doop. Hierdie seremonie het plaasgevind in gewone
werksklere.
Wa- en karbordjie-inspekteur in die Kalahari, was 'n werk
wat Andries oor baie dagreise heen met 'n kapkar en vier donkies onderneem
het. Hy het ook fietsbordjies en
motorfietsbordjies verkoop. Die bordjies
het vyf sjielings gekos. Soms het die
mense nie geld gehad om mee te betaal nie, dan het hy slaggoed in plaas van
geld van die mense ontvang. Hierdie
slaggoed het hy dan weer verkoop om die bordjies se geld te in. Eendag het hy besef dat hy met ‘n slaghuis
vir hulle ‘n beter lewe sou kon maak.
Die ou dorsbak op Schroder
Op Kakamas het die familie graag piekniek gehou. Die broers was baie familievas en Andries, Piet en Izak het graag saamgekuier. Die piekniek is dikwels by ‘n sandduin naby Andries se huis gehou.Om daar te
kom het die familie deur die kleurlinggebied met wa en diere gery. Net die piekniekware was op die wa. Die kinders het langs die wa gehardloop. By die piekniekplek het die kinders mekaar se
hare met sand “gewas” en mekaar met waatlemoen gesmeer.
Andries se soutpan
Andries Adriaan van der Westhuizen is op 22 Junie 1899 op Prieska gebore. Hy het op 12 jarige ouderdom saam met sy ouers na Kakamas verhuis. Andries het op hierdie jeugdige ouderdom "swaarkry" leer ken. Sy pa, Jacobus Hendrik, is in 1911 oorlede toe hy nog op skool was en reeds toe al moes hy van die huislike verpligtinge op sy skouers neem. Hy het na skool as arbeider help grawe aan die Noordvoor op Kakamas, ten spyte van die baie fel Noordwesterse son, wind en reën.
Nadat hy
Andries en sy leerlinge
Die
jaar 1915 was ‘n voorspoedige jaar, 1916 was ‘n droogtejaar
en 1917 ‘n jaar van oorstromings, roes en maagkoors. Ds. Shaw en sy vrou het
die Kakamas koloniste bemoedig met die nodige simpatie en bemoediging uit die Bybel. In die terugslag het net twee mans gesterf. Na die tyd was daar nog drie
sterfgevalle en ‘n sestal maagkoorspasiënte.
Ook was daar gevalle van malaria.
Van die oes op die lande was daar geen sprake nie. ‘n Week na die vloed is daar met algemene
herstel en opbouwerk begin.
Andries het allerhande soorte werke gedoen, voordat hy
as landbouer op Kakamas kommissiegrond in die hande kon kry. Hy het 'n inkomste begin verdien deur die
rondry en invorder van hondebelastings (hondebordjies). Die fiets waarmee hy gery het, se naam was ou
Rooi Indiaan. Wanneer van die mense nie
vir die hondebelasting kon betaal nie, het hulle vir hom diere as vergoeding
gegee. 'n Skaap vir 'n hond se
belasting. Op hierdie manier het hy baie
skape in die hande gekry. Hy het ook
transport gery. Foto: uit sy transport ry dae.
Die getuigskrif uit 1921 beskryf hom as as ‘n eerlike,
voorbeeldige, hardwerkende en energieke jongman met sobere waardes. Hierdie getuigskrif het hy waarskynlik gekry
om te kon kwalifiseer vir kommissiegrond.
Getuigskrif vir Andries van der Westhuizen - 1921
In
1923 is die bouwerk aan die smalspoor spoorlyn tussen Kakamas en Upington
begin. Vir die projek is slegs van
Blanke arbeid gebruik. Die bou van die
spoorlyn het aan die nabyliggende boere en erfhouers geleentheid gebied om hul
produkte aan die werkers te verkoop. Die
smalspoortrein tussen Upington en Kakamas se eerste lokomotief was “Die
Koffiepot” genoem. ‘n Latere een was “Ou
Kaalvoet” genoem.
Kola, Andries en Izak by die bou van die brug op
Kakamas
Die
brug oor die rivier was meerdoelig. Voertuie het wydsbeen oor die treinspoor beweeg as die trein nie in
aantog was nie. In die middel van die
brug is daar ‘n verbreding waar die verkeer vir mekaar kon uitswenk. Ook was daar ‘n ander gebruik vir die brug. Die N.G. Kerk was nie ten gunste van dans
nie. Mense wat graag wou dans het gou
die potensiaal van die brug as dansplek raakgesien. ‘n Opwenmodel platespeler, of ‘n trekklavier
is gebruik om musiek te verskaf. Na
donker is daar na die brug toe gegaan.
Twee wagte is aan elke punt van die brug geplaas net vir ingeval ‘n
ouderling die name van die skuldiges neerskryf om aan die kerkraad voor te hou. Andries en Hetta het graag gedans. Die pond by Kakamasdrift se gebruik is in 1926
gestaak met die ingebruikneming van die smalspoortreintjie en spoorbrug oor die
rivier. Andries het vertel dat hy die Oranjerivier baiekeer
deurgeswem het om ‘n sikspens te spaar, want die skuit het ‘n sikspens gekos om
mens oor die rivier te neem.
Op 18 Augustus 1926 is die smal treinspoor vanaf Upington,
oor Keimoes na Kakamas, amptelik geopen. Die opening van die spoorweg was ‘n keerpunt
in die lewens van Kakamas se mense. Dit het lewe, handel en voordele
gebring. Die mense het nuwe moed en
ondernemingsgees gekry, omdat hulle nou ook die produkte wat hulle vroeër as
gevolg van die afstand en die hoë vervoerkoste nie kon verkoop nie, in geld kon
omsit. Dit het ‘n omwenteling in die
vervoerstelsel van die omgewing tot gevolg gehad.
Skaars
was die vloedskade van 1920 oorbrug of die vloed van 20 Maart 1925 het die Kakamas
koloniste getref. Hierdie oorstromings was angswekkend en
verwoestend. Vyf
dae later was 150 erwe oorstroom.
Die pont tussen Marchand en Paardeneiland het gebreek en is met groot
moeite herstel net om weer te breek.
Weinig skuite het oorgebly om die mense oor die rivier te vervoer. Vrouens en kinders het magteloos en radeloos
met kosbare besittings en beddegoed by die aankompunte van die skuite
gestaan. Die skuite is gebruik om die erfhouers
van die erwe af te gaan haal. Steeds het
die water gestyg tot dit myle buite die oewers van die Oranjerivier strek. So dan en wan kon die dreuning van vallende
huise bo die gedruis van die vloedwaters gehoor word. Uiteindelik was die vloedwaters aan die
afneem. Die verwoesting wat gesaai is,
kon eers gepeil word met die wegtrek van die water. Opgeslikte lande het slegs die mieliekoppe
blootgestel. Slote en gate is oopgespoel,
terwyl wingerde en vrugteboorde verwoes
was. Paaie en pyplyne is
weggespoel. Die erfhouers was diep
verslae oor die geweldige verlies met bykomende terugslae. Sowat 80 gesinne was dakloos gelaat. In hierdie
vloedramp het slegs een blanke en kleurling gesterf. Maagkoors wat na ongeveer drie weke
uitgebreek het, het tot meer sterfgevalle gelei.
Op 22/06/1925 ,
Kakamas trou Andries (26 jr) met Hester Cornelia (Hetta) Laufs (18 jr). Hy het vir haar tydens sy transportryery
ontmoet. Hetta was aanvanklik Andries se broer, Piet,
se meisie. Andries het egter Piet se
pale gelig (vat haar af), al was Piet baie verlief op Hetta. Andries het met deernis vertel dat Hetta baie
mooi was en dat sy vir hom soos ‘n klein voëltjie met groot oë gelyk het. Andries se lieflingnaam vir Hetta was “Meide”. Andersins het hy haar “vrou” of “Hester”
genoem. Hulle is aanvanklik in die
landdroskantoor getroud, aangesien daar nie ‘n predikant beskikbaar was om
hulle in die huwelik te bevestig nie.
In Schroder het Andries die slaghuis begin en Hetta
het daarin gewerk. Hier het hulle vleis
vir een sjieling en ‘n sikspens per pond verkoop. Omdat hulle huis regoor die kleurlinggebied
was, het die slaghuis aan die gang gebly.
Dit was hier waar Hetta vir die eerste keer haar verloofring verloor
het. Die ring was haar kosbaarste aardse
besitting. Sy het dit per ongeluk in ‘n
pakkie vleis toegedraai. Gelukkig het sy
dit dadelik agtergekom en die man teruggeroep.
Toe hulle die pakkie oopmaak, het hulle die ring gekry. Sy het vir die man ’n vergoeding gegee.
Andries het vir hom op Schroder al ‘n dorsbak
aangeskaf, waarmee hy koring vir ander boere in die omgewing gedors het.
Dit was jare waarin geld skaars was. Lenie Hechter, Andries halfsuster, het dikwels pakke klere vir Hetta se kinders
gestuur. Hetta het dan die klere
verwerk, sodat dit nie presies gelyk het soos dit wat sy ontvang het nie. Op daardie stadium was nog net Gerrie en
Hennie gebore.
Gelukkig was geld baie werd in daardie tyd. Hester en Andries het eenkeer Upington toe
gery met ‘n 5 pond noot. Toe hulle
terugkom was daar ‘n groot doos op die wa, wat gordynmateriaal, kleremateriaal,
kos vir ‘n maand, Huyshamenskoene, presente vir van die kinders wat binnekort
sou verjaar en nog ‘n hele paar ander items, bevat het. Die gordynmateriaal het ‘n tiekkie ‘n jaart
gekos. Die kinders se rokkies het
uitgewerk op twee en ‘n sikspens (of 25c).
Andries en Hetta het ‘n kar en esels gehad waarmee hulle Upington toe
gery het om hulle inkopies te doen. Die
kinders is by Gerrie, Hetta se suster gelos (wat aan Keimoes se kant van
Upington gewoon het), terwyl die twee van hulle dorp toe is. In die aand het die hele familie daar
oorgeslaap, voordat die terugtog baie vroeg die volgende more gevat is Kakamas
toe.
Die voertuie in daardie dae was oor die algemeen die
ossewa of die donkiewa. Alle produkte en
ook al die voorrade van die winkels moes per donkiewa vanaf Lutzputs vervoer
word. Passasiers en posstukke is een
maal per week of veertien dae oor grondpaaie (want teerstrate het toe nog nie
bestaan nie) van Lutzputs per perde kapkar vervoer. Daar was selfs nog nie teerstrate vanaf
Upington na Kaapstad toe nie.
Teen ongeveer 1932 het Hetta se ouers, Daniel en Truia
Laufs, in Suidwes Afrika, naby die dorpie Maltehohe, as bywoners gaan
woon. Met wintertyd het Truia altyd ‘n
prafienkas vol skaapvleis winddroog gemaak en gespesery, waarna sy dit dan vir
Hetta gestuur het. Daar was nie yskaste nie en die vleis is gedroog, gekook en
ook as biltong geëet. Sodoende kon hulle
van die vleis tot aan die einde van winter eet, indien dit goed sou hou. Op hierdie stadium was nog net drie van
Andries en Hetta se kinders naamlik
Gerrie, Hennie en Hansie gebore.
Na Daniel se dood, het Truia nog vir ‘n hele paar jaar lank in Suidwes
Afrika aangebly, terwyl sy hulle boerderybedrywighede daar behartig het. Hierna het sy met van haar ander kinders, te
wete: Grieta, Sophie en Annie by Andries en Hetta gaan woon in hulle huis.
In
1934 was daar weer ‘n vloed. Dit kan as ‘n jaar van nood
en rampe beskryf word. Kola het
vir Andries gehelp om die stukkie AKK landbougrond wat Andries op Kakamas gehad
het, te bewerk. Kola, het 'n winkel op
Cilliers gehad. Die stukkie grond is
gedurende die droogte natgepomp en Kola het die stroop uit sy winkel voorsien
om te verhoed dat die bande van die pomp gly.
Net toe die oes waatlemoene gereed op die land gelê het, het die vloed
gekom en die hele oes met die rivier afgespoel.
Op Kakamas het die familie graag piekniek gehou. Die broers was baie familievas en Andries, Piet en Izak het graag saamgekuier. Die piekniek is dikwels by ‘n sandduin naby Andries se huis gehou.
Daardie jare het die mense met Kersfees en Nuwejaar,
sommer ‘n groot piekniek gereël en almal wat wou meedoen, het hulle wa gelaai
met vrou, kinders, kos en sommer soveel vriende as wat wou saamgaan. Die wakis is voor die tyd vol koekies
gebak. Dan het almal vertrek na die
naaste duine of na een of ander lekker eiland in die rivier.
Braaivleis was dan aan die orde van die dag, en
speletjies is dan hier gespeel. As daar
‘n orkes of traporreltjie beskikbaar was, het hulle sommer daar gedans. Hetta was dikwels die orellis. Toutrek was ook ‘n gewilde speletjie.
Mense van oor die hele kontrei het na die byeenkomstes
gekom. Sommiges te perd, ander met perde
en donkiekarre, want motorvoertuie was daar nie. Andries se broer Piet het vertel dat hy al in
st 5 was, toe die eerste motor sy verskyning in hulle omgewing gemaak het. Dit was die 1914 model Trap Ford. Andries se broer Kola was die eerste van die
van der Westhuizen broers, wat vir hom ‘n motor aangeskaf het. Dit was ‘n model T Ford. Andries het later ook vir hom ‘n bakkie
gekoop en nog later ‘n vragmotor, waarmee hy sy werksmense vervoer het.
Die van der Westhuizens het ook graag op Drifweiland
gaan visvang. Andries se broers Izak en
Piet met hulle gesinne het dan na Andries se huis gekom, voordat almal saam
rivier toe is.
Andries het 'n leidende rol in die destydse
Jongeliedevereniging van Kakamas gespeel, hy het self al die opvoerings geskryf
en saam met sy vrou as die "sterre" opgetree. Hierdie toneelstukke was gewoonlik op
Saterdae opgevoer. Ander geleenthede
waarvoor konserte gehou is, was byvoorbeeld vir die Strewersvereniging, of vir
liefdadigheid. Kostuums wat benodig was
vir hierdie geleenthede is deur die mense self gemaak. Tydens een van hierdie vertonings moes Hetta
se ring afgehaal en weer aangesit word.
Iemand het die ring gevat. Die
ring is weer gekry vir ‘n tweede keer.
Gerrie, Marie le Grange en Hennie met ‘n
toneelopvoering
Debadsverenigings is byna elke veertien dae
gehou. Iemand was vir die joernaal
verantwoordelik. Hierin is alles
opgeteken, wat snaaks was en wat lede van die vereniging oorgekom het, tot
vermaak van almal. Snaakse redenasies is
met die debatte gehoor en almal het hierdie aande terdeë geniet.
Hetta se ring het vir ‘n derde maal op Schroder
weggeraak en dit was in die beeskraal waar Hetta besig was om te melk. Een van die skaaplammers was baie lastig by
die melkery en Hetta het hom weggestamp van die melk af. Die ring het van haar vinger afgeglip en in
die mis van die kraal beland. Hulle kon
nie die ring kry nie. Later is die
kraalmis in die wingerde ingery. Baie
lank nadat die ring verloor is en nadat sy moed opgegee het om dit ooit weer te
kry, het een van hulle bure al op die afkere in die landerye afgestap en die
ring daar opgetel. Dit was Mimmie Olivier wat graag by hulle gekuier
het. Mimmie was krom en het vooroor geloop
en so het sy die ring op die afkeerwal sien lê.
Sy het na Hetta toe gestap en vir haar gesê: “as jy vir my kan sê wat ek hier het, kan jy dit kry.” Hetta was baie bly om haar ring terug te kry. Sy het altyd gesê “haar hart het gespring”,
want sy het so gehoop dat dit haar ring was.
Andries het ‘n klompie vee op sy erf aangehou. Hy het vir hom ‘n Kakakoelboerdery begin deur
vir hom ‘n karakoelram en ooi uit Suidwes-Afrika uit in te smokkel. Hy het vertel dat hy dit gedoen het, deur met
‘n bakkie na Suidwes-Afrika te ry en die bakkie daar vir ‘n sedanmotor te
verruil. Die karakoelram en ooi het
elkeen ‘n kappie gekry en hulle het die grenspos in die middel van die nag
oorgesteek. Hy is nie gevang nie. Die grond waarop hulle gewoon het, was te
klein vir ‘n veeboerdery en Andries en Hetta het getrek na Neus se berg toe,
waar hy grond gehuur het van ‘n Van der Merwe.
Die kinders, Gerrie, Hennie en
Hansie het eers tot die einde van die skooljaar, by mense op Schroder wat naby
die skool gewoon het, agtergebly en het net vakansietye na hulle ouers toe
gegaan. Na die einde van die skooljaar
is die kinders Neilersdrift toe gestuur, waar hulle by Andries se broer Kola gewoon
het tydens die skoolkwartale. Op hierdie
stadium het Kola ‘n soort losieshuis en ‘n winkel saam met ‘n vriend en kollega
Willie Zaaiman bedryf. Die onderwysers
van die skool het in hulle losieshuis loseer en die winkel het bekend gestaan
as “Van der Westhuizen en Zaaiman”.
Andries en Hetta het in die laat dertigerjare van die
20ste eeu Neilersdrift toe getrek. Van
Neus af het Andries met sy boerdery getrek na die plaas Brakfontein, wat
behoort het aan Daniel Strauss. Hy het
die grond van hom gehuur. Hy het in
Neilersdrift vir sy gesin ‘n huis, ‘n koringmeule en ‘n slaghuis aangeskaf en
later dorsmasjiene aangekoop, waarmee hy koring gedors het. Hier het hulle vir byna 'n halwe eeu die lief
en leed van die gemeenskap gedeel en saam met die dorp gegroei.
Andries het oor 'n skat van herinneringe uit vervloë dae beskik en was ook 'n bobaas storieverteller. Hy het ook vas geglo dat hy met die helm gebore was. Hy kon dus voorbodes sien. Die eerste bonatuurlike verskynsel wat hy teëgekom het, was sommer vroeg in sy lewe. As kind, het hy 'n baba vreeslik hoor huil, terwyl daar geen mense in die omtrek was nie. Toe hy navraag daaroor gaan doen het, het die eienaar van die plaas vir hom vertel, dat dit die gehuil van 'n baba was, wat in die Boereoorlog deur die Engelse gedood is. Die eienaar het tot vir hom die graffie gaan wys.
Andries het oor 'n skat van herinneringe uit vervloë dae beskik en was ook 'n bobaas storieverteller. Hy het ook vas geglo dat hy met die helm gebore was. Hy kon dus voorbodes sien. Die eerste bonatuurlike verskynsel wat hy teëgekom het, was sommer vroeg in sy lewe. As kind, het hy 'n baba vreeslik hoor huil, terwyl daar geen mense in die omtrek was nie. Toe hy navraag daaroor gaan doen het, het die eienaar van die plaas vir hom vertel, dat dit die gehuil van 'n baba was, wat in die Boereoorlog deur die Engelse gedood is. Die eienaar het tot vir hom die graffie gaan wys.
As jongman, het hy een aand saam met sy maats gaan
stap. Hy het 'n jong meisie met wie hy
bevriend was, in die halfskemer sien stap.
Sy maats kon haar egter nie sien nie.
'n Paar dae later is dieselfde meisie oorlede.
Een aand was hy en Millie Brand op pad huis toe, nadat
hy haar gaan haal het om by hulle te kom kuier.
Skielik het hy botstil gaan staan, omdat hy 'n lykstoet sien verbygaan
het. Millie het dit nie gesien nie. Die volgende dag is vriende van hulle se baba
oorlede. Millie het hierdie storie
beaam.
Ook het hy een aand gedroom dat 'n ou huishulp, wat by
hulle oorlede was, aan hom verskyn het en gesê het dat haar ou man die volgende
sou wees om te sterwe te kom. Ook het sy
gesê dat hy, wat Andries is, op die 16de Desember sou sterf. Van daardie dag af, het Andries nooit êrens heen
gegaan of enige harde werk gedoen op Geloftedag nie. Veral nie nadat die ou kleurlingman kort
daarna oorlede is nie.
'n Voorbode wat as streng waarheid geglo is, is die
van die naguil op die huis se dak. As hy
sit en koe-hoe skree, dan sterf daar binnekort iemand in daardie gesin.
As 'n koppie, bord of glas stukkend val, dan moet twee
ander oues stukkend gegooi word, want daar breek altyd drie.
Bygelowe was natuurlik vollop. In vloedtye het die diere wat op die
Oranjerivier se walle gewei het, verdrink nadat hulle deur die vloedwaters
meegevoer is. Die mense het geglo dat as
die riviervoël saans met die Oranje afgevlieg het en geskreeu het, sou die
rivier in vloed afkom. So is die diere
dan betyds na veiligheid gebring.
Ongelukkig het die groot waterslang, met die blink steen voor sy kop,
ook saam met die rivier in tye van vloed gekom.
Swem was dan taboe vir die kinders, want die slang sou hulle met sy
magnetiese krag die water intrek.
Broer Kola, se seun Boet, het ook aan voorbodes
geglo. Daar word vertel dat Boet in 1954
een aand sy baba Jacobus hoor huil het.
Toe hy in die kind se kamer kom, het die baba na iets gewys. Daar sien Boet toe ‘n vrou met ‘n kind op
haar arms staan, wat nie werklik was nie.
Die volgende dag het hulle ‘n telegram gekry dat Andries se dogter,
Hannetjie oorlede is. Hannetjie het ‘n
lekhart of rumatiekhart gehad as gevolg van behandeling wat sy gekry het vir
epilepsie. (Vir haar vallery met die
epilepsie het Hetta vir haar ‘n dik kappie gemaak.) Sy het water en rumatiekkoors gekry. Almal het gedink dat dit met haar beter
gegaan het, omdat sy gewig aangesit het.
Dit was egter die water wat opgestoot het na haar hart. Haar hart kon dit nie hanteer nie.
Andries, Hester en Danie met Hannatjie se begrafnis
In die vyftigerjare het Andries met die ontwikkeling
van die soutpan op die plaas Norkei in die Kalahari (in die rigting van die
Gemsbokpark) begin. Hy het dit in 'n
betalende besigheid omskep, dit verkoop en begin myn.
Andries was seker een van die weinige ou myners van
die Noordweste. By Komsberg het hy wolfram
ontgin, in Kenhardtdistrik veldspat en beril, maar die
"blinkklippies" (diamante) waarna Andries maar altyd by Augrabies
gesoek het, het weggebly.
Die volgende artikel het op 10 Maart 1970 verskyn:
RYK RIF VERMOED;
KOPERKOORS IS HOOG IN NOORDWESTE.
Die koperkoors loop nou hoog in die Noordweste, waar
Anglo Vaal hard besig is met die
voorbereidsels vir die ontginning van neerslae by Vogelstruisbult in die
distrik Prieska. In die suide van
Suidwes word daar ook druk na koper geprospekteer. Twee diamantbore is nou besig met die maak
van prospekteergate op die plaas Edenville van mnr. K.Visser nadat lugdrukbore
reeds verskeie ondersoekgate daar geboor het
Daar heers egter groot geheimhouding en almal wat met die werk gemoeid
is, het opdrag gekry om geen inligtinge te verstrek nie Die bestaan van 'n ryk koperrif met so 'n
bietjie goud daarby van Prieska onder die Oranje deur in die rigting van
Suidwes word vermoed.
GEHEIM BEWAAR.
Een man wat bereid is om sy kop op 'n blok te sit, dat
die rif wel daar is, is mnr. P. van der Westhuizen, tans onderwyser wat die
geheim sorgvuldig bewaar het. Mnr. van
der Westhuizen en sy broer, die sewentigjarige mnr. A.A. van der Westhuizen het
omstreeks 1926 heeltyds ons verskillende minerale geprospekteer en het byvoorbeeld
900 kg (18 ton) berillum op een dag aan 'n Johannesburgse maatskappy Afraps
gelewer. In 1954 het die twee broers in
'n puts naby Keimoes toevallig op ryk kopererts afgekom en dit dadelik na
Afraps gestuur. Die monster het benewens
24 persent koper ook 'n bietjie goud bevat.
Die destydse maatskappy het aangebied om 'n kontrak vir die ontginning
van die koper aan te gaan. Die firma sou
al die nodige toerusting verskaf; die
broers moes net die nodige verlof vir ontginning vir 'n tydperk van tien jaar
van die eienares verkry. Op daardie
tydstip was hulle net bewus van die bestaan van die koper op een plasie en die
eienares, 'n weduwee, wou om godsdienstige redes nie saamwerk nie. Na hierdie vrugtelogse poging het mnr. A.A.
van der Westhuizen hom op die ontginning van ander minerale toegelê en sy broer
het weer tot die onderwys toegetree. Die
betrokke weduwee is sedertdien oorlede, maar die ontginning is daar
gelaat. Hoewel baie mense van die
bestaan van die koper bewus is, is dit egter bekend dat die rif oor 5 of 6
mense se gronde strek. Die breedte van
sowat 16 km elk gevat. sowat 9 m (3 vt).
Die dikte van die lae nog nie bepaal nie. Die minerale wat die broers Van der
Westhuizen destyds ontgin het, het asbes, berillium, wolfram, veldspaat, topaas
en selfs uraan ingesluit. Nadat mnr P.
van der Westhuizen destyds sy onbekende erts (uraan) vir ontleding na die
staatsgeoloë gestuur het, is iemand dadelik uit Pretoria met instrumente gestuur om die
betrokke plekke en hoeveelhede vas te stel.
Sederdien is op verdere neerslae uraanerts afgekom."
Op 22 Junie 1975 het Andries en Hetta hulle goue
bruilof gevier. Daar was spesiaal fees
gevier en die familie het saamgetrek by hulle huis vir die groot geleentheid.
‘n Servet wat spesiaal laat druk is vir die 50 jarige
huweliksherdenking van Andries en Hetta
Op 72 jaar het Andries sy kleurryke werke laat vaar en
afgetree en is hy na 'n lang siekbed op 3 Februarie 1985 aan kanker
oorlede. Hy was een van die baanbrekers
van die Noordweste.
Die Gemsbok
Die Gemsbok
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern
Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries)
Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Andries
Adriaan, van der 1899-1985]
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern
Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries)
Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Hester
Cornelia, van der 1907-1994