h.4. Frederick Johannes VON WIELLIGH, geb. 11/11/1922

h.4.  Frederick Johannes (Frikkie), geb. 11/11/1922, oorl. 14/05/2008, begr. Pofadder x 08/02/1957, Upington, dist. Gordonia met Andriesa Johanna (Driesa) VAN ZYL, geb. 27/06/1925, ged. 23/08/1925, Kenhardt, oorl. 06/03/2008, begr. Pofadder, d.v. Andries Johanna van Zyl en Albertina Nicolina de Vos.

Frederick Johannes was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Christina Alida Booysen.

FAMILYSEARCH

Die eerste roomysmasjien in Pofadder se winkel het die vervoerprobleem van roomys vir Frikkie opgelos.  Hy het glo in die Kaap as jong seun vir die eerste keer roomys gesien en wou toe twee in sy broeksakke saambring huistoe.  Met sy pa, Hennie se transportbesigheid het Frikkie vir 19.5 jaar handelsware en passasiers op Bitterfonteinstasie, (‘n tog van skaars 300 km, maar wat met ‘n vol vrag 17 uur geduur het), gaan haal.  In 1965 koop Frikkie die winkel by Boeta se boedel.  Hy het dit bedryf totdat dit in 1975 aan die kettinggroep Frasers verkoop is.  In 1982 het die Standard bank die gebou wat aan Frikkie behoort het gekoop.  (Pofadder en die Von Wiellighs 1919-1999)

Naude, Frikkie, Boete, Jannie, Van Tonder en Attie

Met die familiefees:  Oom Frikkie is die oudste en ons noem hom Ou Vader.  Hy staan by die braaivleisvuur en sê:  Kom nader, kom nader.  Die vrou het die wors gemaak, ek hoop dit is na elkeen se smaak.  (Rista Engelbrecht)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, POFADDER, Urban area Northern Cape, POFADDER, Main cemeteryEGGSA
Pofadder