g.9. Glodina Maria VON WIELLIGH, geb. 19/09/1896, ged. 11/10/1896

g.9.  Glodina Maria (Dina), geb. 19/09/1896, ged. 11/10/1896,  Parish of St. Andrews, Port Nolloth, dist. Namakwaland x 24/02/1914, Marchand, dist. Kenhardt met Pieter Johannes ROUX, geb. 27/07/1892, s.v. Johannes Petrus Roux en Magdalena Sophia Engelbrecht.

Glodina Maria was die dogter van Hendrik Johannes von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht.


FAMILYSEARCH
DG:  George Emley, Sophia Toone, Marten Toone.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1915:
FAMILYSEARCH  

Dina is na haar oumagrootjie Gloudina Maria Aggenbag aan moederskant vernoem met haar doop op 11 Oktober 1896 in Port Nolloth.  Port Nolloth herinner aan ‘n lid van die Britse vloot wat die plek besoek het en na wie dit genoem is. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)  In 1869 is die bou van 'n aanvanklik muil-aangedrewe spoorlyn na Port Nolloth begin en het die bevolking van Port Nolloth gou die bevolking van Hondeklipbaai oorskry en was 2000 in 1882. 'n Stoomenjin om op die spoorlyn te werk is eers in 1886 bekendgestel.  Port Nolloth het die status van 'n afsonderlike landdrosdistrik teen 1874 verkry, maar sekere noodsaaklikhede moes nog steeds een keer elke twee weke d.m.v. 'n stoomskip van Kaapstad ingebring word.  Water vir die nedersetting moes van 'n plek vyf myl weg verkry word.  Port Nolloth en sy inwoners was in 'n woeste toestand (desolate state) wat beskryf word  as eye-sores from either land or sea.   (Kostka, Berit:  Namaqualand – a short history of nearly everything)


Na haar huwelik met Pieter Johannes Roux het hulle in Epping (Ruiterwag) gewoon en sy is in Wolraad, Maitland begrawe.


Kinders:

h.1.  Gloudina Maria (Mousy) ROUX, geb. 09/07/1914, ged. 08/08/1915, Kakamas x 30/05/1932, Springbok met met Hugo Gustav Max SCHLEGTER, geb. 1909. 

h.2.  Pieter Johannes ROUX, geb. 1916, oorl. 04/07/1982 x 08/06/1943, Kaapstad met Irene Elizabeth Vink.

h.3. 
Magdalena Sophia (Lena) ROUX, geb. 1918 x 02/04/1946, Kaapstad met Solomon Kupferberg, geb. 1896. 

h.4.  Susanna Hendrina (Sannie) ROUX, geb. 04/07/1920, ged. 20/02/1921, Kakamas, oorl. 2001 x met Don Willemse xx Davis – geen kinders.

h.5.  Hendrik Johannes Oostenwal (Biggs), geb. 26/03/1923, ged. 10/07/1923, Kakamas, oorl. 22/02/1975, L’Agulhas x Maria Grace le Roux, geskei xx 27/12/1958 met Johanna Maria Hendrika Coetzee.

h.6.  Anna Susanna (Anna) ROUX, geb. 04/09/1925, ged. 13/12/1925, Kakamas

h.7.  Jacobus Adriaan ROUX, geb. 03/08/1927, ged. 23/10/1927, Kakamas, oorl. 21/05/1928, Marchand, dist. Kenhardt. 

h.8.  Gysbert Johannes ROUX, geb. 1929, oorl. 10/10/1964, Observatory, Goodwood x 14/02/1952, Kaapstad met Emma Helena Fitzpatrick, geb. 1927. 

h.9.  Wallis ROUX

h.10.  Seretha ROUX, geb. 16/02/1937, ged. 28/03/1937, Clanwilliam, oorl. 20/12/1976, Upington x 20/10/1954, Bellville met Walter Josef Frankenfeld, geb. 12/06/1926, s.v. Bernard Frankenfeld van Duitsland en Meta Grabowsky.

 Saretha Roux en Walter Frankenfeld se troue

Foto:  Bernhard Frankenfeld
Upington - regoor spoorwegklub