g.6. Willem Andries Carel VON WIELLIGH, geb. 06/09/1890, ged. 22/02/1891

g.6.  Willem Andries Carel (Willie), geb. 06/09/1890, ged. 22/02/1891, Kommagas, Sandveld Namakwaland, oorl. c. 1952 x 07/02/1918, Kenhardt met Magdalena Sophia Catharina ROUX (Lenie).

Willem Andries Carel was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1915:
FAMILYSEARCH

Willie von Wielligh is  na sy oupagrootjie aan moederskant, Willem Andries Smit vernoem toe hy op 22 Februarie 1891 op Kommagas gedoop is. Johan Heinrich Schmelen was in 1829 die stigter van die sendingstasie Kommaggas, waar later die Eerw. F. Weich (sedert 1848), Schroder en andere werksaam was.  (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)  Jasper Cloete pleaded with the missionary Schmelen to settle at Komaggas.  He did so in 1829, and through his influence a surveyor was sent to Komaggas and a reserve of nearly 70 000 morgen was set aside there for the Bastards and Hottentots.  (Green, 1955:237)

In 1854 het Andrew Geddes Bain ‘n proposal gemaak vir ‘n 60 kilometer tramway vanaf Hondeklipbaai, langs die Swart Lintjes rivier tot by Kommagas.  Hy was ondersteun deur die regeringslandmeter Charles Bell en die regerings geoloog Andrew Wiley.  Nadat commander Nolloth Robbebaai bo Hondeklipbaai as hawe verkies het, het Bell sy aanbeveling na ‘n spoorlyn vanaf Port Nolloth verander.  Op 19 Junie 1854 het Bain verslag gedoen without some grand improvements in the roads the mining companies can never advance...  A tramway for horse traction could be constructed (from Hondeklip Bay) to Komaggas and might be extended to Spektakel.  Spektakel, waar daar 'n indrukwekkende gesig na die seekant te sien is, wat volgens die oorlewering Simon van der Stel op sy reis na die Koperberge sou genoop het om uit te· roep: Wat 'n spektakel (gesig) (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)

Hondeklipbaai was teen 1857 ‘n bruisende (bustling) hawe met 'n baie skip verkeer wat in- en uitgegaan het. Die belangrikheid van Hondeklipbaai as 'n handelspos-hawe het geleidelik gegroei en  was dit 'n aparte landdrosdistrik in 1862 verklaar. (Kostka, Berit: Kostka, Berit:  Namaqualand – a short history of nearly everything)  In 1861 was die Afdelingsraad van Namakwaland gestig. Die eerste vergadering is op 19 Februarie 1861 gehou. Die eerste ding wat die voorsitter by die vergadering voorgestel het was that the Council take into consideration what is to be done in the matter of roads" Die paaie wat op daardie stadium aandag nodig gehad het was dié van Komaggas na Kaapstad, van Springbokfontein na Hondeklipbaai en van Concordia na Port Nolloth. Die gebied onder sy beheer was omtrent 18 000 vierkante myl.  Gedurende 1868 was die werk op die Messelpadpas beperk tot die gedeelte tussen Wildepaarde Hoek en die hoogte aan die noordekant van die Buffelsrivier.  'n Gemiddeld van 223 gevangenes het aan die pad gewerk gedurende die jaar.  Fletcher het probleme wat voortgespruit het uit die tekort aan water by Tiger Kloof aangeteken. Hy was ook verantwoordelik vir die landmeting en verslag gee van die materiaal langs die vyf afdelings van die pad tussen Hondeklipbaai en Springbok, 'n totale afstand van 70,5 myl.  Die opening van die spoorlyn tussen O'kiep en Port Nolloth in 1873 het veroorsaak dat Hondeklipbaai ‘n vinnige afname in sy bevolking gehad het en sy status as landdrosdistrik in 1877 verloor het, waarna dit teruggekeer het na 'n klein hawe vir landbouprodukte. (Kostka, Berit: Namakwaland - 'n kort geskiedenis van byna alles) 

Willie is laterjare met ‘n vrou wat van die Wederdoper geloof was, getroud.  Hulle was blykbaar baie gelowige mense.  Hulle trek na Johannesburg (Witbank, Boksburg).  Lenie hertrou met Abel Erasmus, woon Keetmanshoop, oorl. 1988.