g.5. Jacobus Adriaan VON WIELLIGH, geb. 28/01/1887, ged. 17/04/1887

g.5.  Jacobus Adriaan (Jaap), geb. 28/01/1887, ged. 17/04/1887, Garies, Boesmanland Namakwaland x 25/08/1913, Soebatsfontein, Namakwaland met Beatrix Johanna Jeanetta SCHREUDER, geb. 14/04/1891, ged. 20/09/1891, Calvinia van Wildepaardshoek, d.v. Pieter Jurian van der Heyde Schreuder en Elisa Glaudina Wiese.

Jacobus Adriaan was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht. 

Uit hulle pa se sterfkennis van 1915:
FAMILYSEARCH

Jaap is na Jacobus Adriaan Engelbrecht, sy oupa aan moederskant vernoem toe hy op 17 April 1887 op Garies gedoop is.  Proponent Conradie het sy beroep as leraaar van die Namakwalandse gemeente aangeneem en is op Saterdag, 1 Mei 1886 in sy amp bevestig. Die bevestiging het op Garies plaasgevind, omdat volgens verklaring van die bevestigde, er te Bowesdorp geen water was voor de trekdieren van de kerkgangers. Gedurende die eerste jare van sy bediening, skryf  Ds. Conradie woonde ik op de Kamiesbergen, op de plaats Karas, behorende aan mijn onvergetelike ouderling, Mias Coetzee, doch in het begin van 1889 betrok ik met mijn vrouw onze nieuwe pastorie te Garies.  Die vorige predikant het op Bowesdorp gewoon. Ds. Conradie het Garies as woonplaas verkies, wat weI aanleiding gegee het tot ontevredenheid in die gemeente, aangesien baie daarteen opgesien het dat die nuwe dorpie Garies tot hoofkerkplaas verhef sou word.  Die Conradies het met takt die moeilikheid te bowe gekom, en kon later .skryf:   Die Bowesdorpers en wij zijn nu weer de beste vrienden, en ik heb al hier aangename Zondagen doorgebracht. Maar, hier wonen? Moe nie glo nie.  Hy self het die pastorie op Garies laat bou. Gedurende sy dienstyd is ook die Kerk op Garies gebou.  Dit het Sowat £4,000 gekos en al die boumateriaal moes van die naaste spoorwegstasie, Piketberg-Weg, op die hoofiyn, vervoer word. Gedurende die Boere-ooriog is die kerk gebruik vir die stoor van koring en ook as 'n fort.  Die dienstyd van Ds. Conradie het hom oor 9jr jaar uitgestrek.  Dit was jare wat ryk belaai was met inspannende en opofferende arbeidsaamheid, en tewens ook ryk geseënde jare, beide vir die herder as vir die kudde. Ds. Conradie het hom ingeleef met die Namakwalandse mense, en hul geaardheid, leefwyse, spraakmanier, opvattinge en karaktertrekke leer verstaan en sodoende hul vertroue gewen.  Uit die "Ondervindingen" blyk dat Ds. Conradie behalwe op die dorpies Garies, Bowesdorp en Springbok ook van tyd tot tyd godsdiens beoefen het op die volgende plekke: Grootmis, Namies, Kaumasnaap. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)

FAMILYSEARCH

Jaap se broer Hennie het kort na hulle pa se dood in 1914, ‘n winkel in Nous, Boesmanland oopgemaak en in 1919, een in Pofadder.  Jaap het aanvanklik vir Hennie as transportryer gewerk.  Hulle het waens en karre vanaf Wellington gekry en dit aan die boere in die Boesmanland verkoop.   Jaap was met Beatrix Schreuder (ant Jaatjie) getroud.  

In 1929 was daar ‘n groot wêreldwye depressie.  Die landbou en diamant sektore was die swaarste daardeur getref en die boere het swaar tye beleef.  Pryse was af en die meeste mense het nie geld gehad om mee te koop nie.  Saam met die depressie het Suid-Afrika in die 1930’s die ergste droogte van die 20ste eeu beleef.  (http://www.boegoebergecoroute.co.za/Dam_geskiedenis.htm)

Hierdie probleme was relatief kort na die Anglo-Boere oorlog se verskroeide-aarde-beleid en die land het nog nie daarvan herstel nie.  Armoede onder Blanke Afrikaners was aan die orde van die dag.  In Maart 1929 het die regering besluit om die Boegoebergdam en kanaal sisteem aan te pak.  Die hoofdoel hiervan was om werk aan blankes, wat as gevolg van die droogte finansieël swaar gekry het, te verskaf.  ‘n Skare mense het na Boegoeberg gestroom om te help met die bou van die dam.  Talle oud-delwers van diamant gebiede en ander blankes wat swaargekry het, het ook hier ‘n heenkome gevind.  (http://www.boegoebergecoroute.co.za/Dam_geskiedenis.htm)

(http://familie.yolasite.com/kontak.php)

Hulle het sakke oor pale getrek (sakkaias) om in te woon.  Mettertyd het die konstruksiespan die wooneenhede van hout en sink met kleivloere voltooi en kon die getroude mans daar intrek.  Die ongetroude mans het in die tente (die sogenaamde ramkamp bly woon.  Die gemiddelde loon vir die werkers was 7s-6d per dag (ongeveer 75c) en die meeste was op stuk werk en kon dus meer kry met harde werk.  Al die werk is deur blankes gedoen met pik, graaf, kruiwa en met behulp van donkies.  Selfs die kinders het klippe aangedra vir die kanaal teen ‘n sikspens per dag.  (http://www.boegoebergecoroute.co.za/Dam_geskiedenis.htm)  Hulle grootste aanmoediging was egter die 5 hektaar besproeiingsgrond wat hulle na voltooiing van die projek sou ontvang. Omdat die dam so ver van ander groot stede was, het die mense se lewens om die dam gewentel en in die proses het hulle liedjies gemaak van die Oranjerivier en die dam. Die bekendste hiervan is die liedjie: Boegoeberg se dam is 'n dood lekker dam.  (https://af.wikipedia.org/wiki/Boegoebergdam)

Die kofferdam was gebou van sandsakke wat op die manne se rue gedra is.  Nadat die kofferdam gepak is om so ongeveer vyftig tree op ‘n keer af te sluit, is die fondamente gegrawe.  Op party plekke is die fondamente dieper as wat die dam wal hoog is.  Alle werk is met die hand gedoen, selfs gate vir plofstof is met die hand geboor.  Beton is op die perseel gemeng en met koekepanne na die punt gebring tot waar die wal gevorder het.  Teen 1932 was die dam so ver dat die eerste water in die kanaal gesit kon word.  (http://www.boegoebergecoroute.co.za/Dam_geskiedenis.htm)  Die Boegoebergdam is 35km stroom op van Groblershoop geleë.  (Toeristebylaag tot die Gensbok.  Julie 2004. Bl 50.)  Groblershoop lê aan die suider oewer van die Oranje-rivier, 110 km oos van Upington.  Wes vanaf Groblershoop is die klein gemeenskappe van Wegdraai, Saalskop, Volgraaffsig, Grootdrink, Wilgenhoutsdrift, Lamberechtsdrif en Karos tot by Upington. (Toeristebylaag tot die Gensbok.  Julie 2004. Bl 50.) 

Jaap von Wielligh het grond teen die Boegoeberg skema by Volgraaffsig gekry.  Hier het hy geboer, terwyl hy steeds vir Hennie transport gery het.  Hy het laterjare die skoolbus tussen Volgraaffsig en Groblershoop gery.

Jaap was goed bevriend met Hennie, sy broer Gys se seun.  Hulle het graag saam 'n doppie gemaak.  Met sulke geleenthede het Jaap gratis gedrink by die hotel.  Een keer, toe albei van hulle redelik besope was, het Hennie vir hom met die motor in die vliegveld (hanger) rondgejaag vir die pret.  Jaap was ‘n baie grappige mens en het graag stories vertel.  Dan het sy oë toegegaan van die lag.

Jaap en Jaatjie is op Keimoes dood en begrawe.