g.3. Christiaan Lodewicus Wentzel VON WIELLIGH, geb. 11/03/1878, ged. 26/05/1878

g.3. Christiaan Lodewicus Wentzel (Chrisjan), geb. 11/03/1878, ged. 26/05/1878, Tulbagh, oorl. 08/11/1945, Bethal, Tvl. x 06/03/1906, Heilbron, Vrystaat met Maria Magdalena Johanna VAN NIEKERK, geb. 28/06/1889, oorl. 01/04/1973, d.v. Hermanus van Niekerk en Petronella NN.

Christiaan Lodewicus Wentzel was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Jacoba Wentzel.

Een van tweeling.

Tweeling Broers

Uit die pen van Von von Wielligh:

Krisjan en sy tweelingbroer Klasie was altwee meesters met yster en vuur.  Perde skoene was hoog geprys en baie in aanvraag. En so nou en dan het hulle bymekaar gekom en die mooiste dinge gemaak soos ploegskaarpunte, groot hekskarniere en wabande.  Alles het my geweldig beïndruk, veral wanneer die vonke so spat met die eerste donderende hamerslag as die yster smelt en gesmee bly.  Een hou vas, en merk met die klein hamertjie, terwyl die ander een slaan met ‘n dondere geweld, en alles val in plek sonder woorde.  Wonnie was die outjie wat die blaasbalk draai, en stadiger draai, of  vinniger draai - en nooit-nooit ophou draai nie.  Uiteindelik sou ‘n oomblik aanbreek om te rus.  Ons het almal op die boomstomp gesit en Oupa Klasie het sy knipmes uitgehaal en vir my ‘n lemoen geskil om te suig.  Die twee broers sou dan ‘n lang reis beplan, om materiaal te gaan haal.  Dit het beteken yster, kole, antrasiet, “coke”  en natuurlik hout.  Daar was nie bome in Bethal se omgewing in daardie jare nie.  Al die geplante bome soos bloekom, wilger, en populier is as slegte hout beskou.  Die regte hout soos kiaat het van die Laeveld gekom. En moes daar gaan haal word.  Dit is gebruik vir tafels en huismeubels. As mens die hout skaaf en dit sis so as die skaafseltjie oprol om 'n gladde vlak te los… Aaa, die reuk van vars geskaafde hout!  Alles kristalhelder herhinneringe.

Kinders van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Jacoba Wentzel
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)
Agter v.l.n.r.:  Benjamin;  Christiaan Lodewicus Wentzel;  Pieter Gerhardus;  Pieter Retief;  
Philippus Albertus;  
Voor v.l.n.r.:  Elizabeth Jacoba;  Martha Maria Retief;  Maria Christina Johanna.

(http://webhosting.web.com/imagelib/sitebuilder/misc/show_image.html?linkedwidth=actual&linkpath=http://www.lavonn.net/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/Ouklaas/Nicolaas.jpg&target=tlx_picloer)

Die 28 jarige Chrisjan trou op 6 Maart 1906 met die 18 jarige Maria Magdalena Johanna van Niekerk.

FAMILYSEARCH

Foto:  Lavon von Wielligh

Hulle het op Driefontein in die dist. Boksburg gewoon.  Medestryder in die ABO, boer later op die plaas Bekkersdal in die dist. Bethal.

Chrisjan sterf op 3 November 1945 en sy vrou op 1 April 1973 en word in die Bethal ou begraafplaas begrawe.

FAMILYSEARCH

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, BETHAL, Urban area Mpumalanga, BETHAL, Old cemetery

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, BETHAL, Urban area Mpumalanga, BETHAL, Old cemetery