Nicolaas was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Jacoba Wentzel.
Een van tweeling.
Nicolaas en Elizabeth
Foto: (http://www.lavonn.net/id26.html)
Die tweeling het in die Anglo boere-oorlog (1899–1902), eers in die Boksburg Kommando en later onder Generaal Kemp geveg. Nicolaas en sy tweelingbroer, Chrisjan, was albei bittereinders en was nooit gevang nie. Nicolaas het nooit sout geëet nie, 'n nagevolg van die oorlog, toe hulle sonder sout moes klaarkom.
Von von Wielligh skryf oor die Boere-oorlog: "Oupa het my vertel van die mooiste en slimste perde wat hy in sy lewe gesien het. En van die boodskappers wat ingekom het, nadat hulle hul perde harteloos dood gery het. En dan was daar die Engelse met hul rooi perde. Dit was oorlog en die uitdaging was om die Engelse se perde af te neem (veral die trekperde) of op te offer en Oupa was 'n meester op die gebied. Die Engelse het al die Boere se osse afgeneem om te eet, of hulle net doodgeskiet, want die osse was te stadig vir die Engelse gebruik."
Oupa het Cronje se vlug uit Natal as ‘n groot skande beskou. Dit het aanlyding gegee tot klein kommando bewegings. Die doel was om die Britte aan te val, om hulle te vertraag en skade aan te doen en om dan weer vinnig te onttrek. Spioenering was noodsaaklik, want hulle moes altyd op hoogte van die vyand se bewegings wees. Daar was lokvalle, sabotasie van telefoon lyne en perdediefstal in nagtelike rooftogte. Alles adtiwiteite wat die doodsvonnis gedra het. Oupa het vertel dat dit feitlik onmoontlik was om te loop of kruip, of eers naby die perdekrale kom, voordat die diere onrustig raak, en so die wagte se aandag trek. Die mees gevreesde woorde "Who goes there", was iets wat die Boere ten sterkste wou vermy.
"Die kraal was gewoonlik in die middel van die kamp. Sittend op sy perd, kon hy egter vrylik tussen die perde inbeweeg. Elke halter riem is losgemaak en dan weer aan mekaar vasgeknoop, waarna die string perde rustig weggelei is, sonder om 'n geluid te maak. Veel later sou ek verstaan, toe ek gesien het hoe hy en sy perd al die hekke op die plaas behendig oop- en toegemaak het, sonder om af te klim."
"Sy oorlogsheld was Generaal, Manie Maritz. Hy het vertel hoe hulle altyd ontsnap het en nooit opgegee het nie, en wie uiteindelik met ‘n handvol manne ontsnap het na Europa via Suidwes-Afrika. Ek onthou oupa het Manie Maritz se verbode boek My lewe en strewe weggesteek in die dubbele bodem van sy klerekas. Daar was ook verhale van die Generaal wat die agterosse, wegkruipers en vlugtelinge met die sambok of koeëlbelt in lyn gebring het en van Jopie Fourie wat gevra het dat hulle hom nie geblinddoek tereg stel nie."
Oupa het ook verwys na die kanonperde wat opgeoffer moes word. Dit was die pragtigste groot, sterk perde wat heeldag kon trek aan die swaar ysterkanonne, sonder om moeg te word. Hulle het lang wit hare gehad wat tot op die grond hang en het dik ysterskoene aan hul hoewe gehad."
Nicolaas was 'n regte outydse heer. Hy altyd 'n pak en 'n das aangehad. Met geleentheid sou hy die baadjie uittrek, maar die das het hy aangehou. Hy was baie lief vir lees en het vir hom boeke oor die Boere-oorlog uitgeneem. Hy wou nooit by wees, wanneer daar vark op die plaas geslag is nie en het altyd sy sambok geneem (teen rinkhalse) en die veld ingevaar.
Tweeling broers
Foto: (http://www.lavonn.net/id26.html)
Herinneringe
uit die webblad van Von von Wielligh:
Daar
is verwys na die “woonvolk” of soms na die swart volk. My aia se familienaam
was Dhlamini van die plaas Goedehoop. Daar was ouma Emma met haar dogter Betta
en skoondogter Selina. Later het ek
uitgevind dit was nonna Bettie (“mafuta”) wat aan die mense name en byname
gegee het. Sy het soms agteruit gepraat as sy nie wou hê ek moes verstaan nie,
of het Swazi gepraat met Selina wat in perfekte Afrikaans geantwoord het. Ouma
Bettie het vir haar gesê: "As daar vreemdes kom kuier, moet jy nie Afrikaans
praat nie, want hulle sal jou steel en wegneem. Dit is beter om uit die oog te
bly. Die aia het beskeie grond toe gekyk en net “Yebo nonna”
geantwoord. Petrus het Zoeloe met oupa
Klasie gepraat, wat hom in Afrikaans geantwoord het.
Ver
en wyd was daar ook ander plase met volk. Hulle het mekaar geken en was soms
verwant. Dikwels het hulle groot saamtrekke vir troues georganiseer, soos
byvoorbeeld vir Selina en Petrus se troue. (Petrus was die ossedrywer en hy kon
die mooiste diere en dinge maak met klei, wat altyd tot my teleurstelling
verdroog en verkrummel het.) Os of twee
word geslag en bier gemaak, vleis gebraai, en uitgedeel en hulle dans dat die
grond so bewe.
Oupa
het allerhande ander saad saam met die mielies geplant, soos byvoorbeeld
boontjies, pampoen en sonneblom. Ek het
my lewe lank altyd saadjies geëet. In die winter is die pampoen opgekap vir die
beeste, en pampoensaad en mielies gebak
oor die vuur. Net een keer het hulle
blou rape en kool gesaai vir die winter. Twee ossies het gevrek met rape in die
keel. In daardie jare het ons met osse geploeg. Petrus het met die osse gepraat
en elkeen op sy naam geroep. Die sweep is aan
'n lang bamboespaal vasgemaak. As dit nodig is, is 'n rapsie op die boud
uitgedeel.
En
as die sweep in die lug begin klap, weet die voorosse en begin na die ander
kant draai. Daar was veertien osse om die ploeg te trek in die Sandland, maar
die Swartland het 20 nodig gehad. As
Petrus wou stop, het hy “HoooKaaaai”
gesê met 'n stem wat val en almal sou
stop om te rus. Onnodig om te sê, het ek alles gekoggel, en die lekkerste van
alles was om op die ploegstert te ry en te kyk hoe die skare die grond omgooi.
Die skaarpunte wat Oupa gemaak het, het in die son geblink. Die reuk van vars
geploegde grond is een van my mees waardevolle herhinneringe. Allerlei voëls
sou agter die ploeg loop en die tarentale het 'n fees gehad en geskrop dat die
stof so staan.
As
ek aan ouma Bettie dink, sien ek haar met ‘n telefoon in die hand. Sy was
geplant in 'n groot stoel met armleunings en ‘n kopkussing, alles bo-oor ‘n
slop-emmer gebou, wat Oupa persoonlik elke oggend leeggemaak en gewas het. Sy het
op haar troon gesit net soos Queen Victoria. Van daar af het sy haar wêreld regeer. Ons het in daardie jare ‘n plaaslyn gehad met ‘n slingerfoon: een draai was
kort en twee draaie lank. Ons nommer was drie kortes, maar Ouma het al die
oproepe geantwoord en gewoonlik het sy nie gepraat nie, maar net geluister. Sy
het presies geweet wat in ons gemeenskap aangaan. Sy het gereël dat die
oesmense almal dieselfde dag opdaag en begin oes of dors. Alles is met die hand
geoes. Die dorsmasjien het soos 'n enorme staalmonster gelyk. Dit het vir my
van my die belangrikste en mooiste herhinneringe nagelaat. Ek het dae spandeer
om te kyk, en het verstaan hoe die belde, ratte en kettings gedraai het.
Siwwe het telkens kleiner en kleiner
dingetjies verwyder, tot alles geskei is in kaf en graan, met mieliestronke wat
ons in die winter in die vuur gebruik het.
Ouma Bettie was altyd op die foon betrokke in onderhandelinge oor kos - miskien die rede vir haar obesiteit en uiteindelike dood. Dalk is dit versoorsaak deur die swaarkry in die Boereoorlogsjare in Tarkastad. Tydens die Tweede Wêreldoorlogsjare het geld nie bestaan nie. Daar was net Oupa se pensioen, hoenders, skape, varke, en graansaadbossies, met kasterolie en aalwyn vir Vonnie. Sy het ‘n lang “spens” gehad, wat sy toegesluit gehou het, met rakke vol konfyt en ingelegde vrugte. Daar was ook altyd bossies hangend van 'n blou draad gespan om uit te droog, boerewors en lekker biltong wat Oupa vir my in blaardun strokies gekerf het. Ouma het altyd vermaan: “Moenie so baie rou vleis eet nie, jy sal ‘n goor maag kry,” wat nooit gebeur het nie. Die spens en kombuis was ‘n avontuur van reuke en geure.
Ouma Bettie was altyd op die foon betrokke in onderhandelinge oor kos - miskien die rede vir haar obesiteit en uiteindelike dood. Dalk is dit versoorsaak deur die swaarkry in die Boereoorlogsjare in Tarkastad. Tydens die Tweede Wêreldoorlogsjare het geld nie bestaan nie. Daar was net Oupa se pensioen, hoenders, skape, varke, en graansaadbossies, met kasterolie en aalwyn vir Vonnie. Sy het ‘n lang “spens” gehad, wat sy toegesluit gehou het, met rakke vol konfyt en ingelegde vrugte. Daar was ook altyd bossies hangend van 'n blou draad gespan om uit te droog, boerewors en lekker biltong wat Oupa vir my in blaardun strokies gekerf het. Ouma het altyd vermaan: “Moenie so baie rou vleis eet nie, jy sal ‘n goor maag kry,” wat nooit gebeur het nie. Die spens en kombuis was ‘n avontuur van reuke en geure.
Daar
was wildsbiltong, wat wit en sag word as dit droog is, en so lekker as mens dit
met die hand kon breek en eet. Daar was ook baie blikke vir die rooi tee,
naeltjies, anys, borrie, peper en groot sakke growe sout. Ek het natuurlik aan
alles geproe. Sy het die vrugtebottels met gesmelte bywas en kersvet geseël. As
die “tape” opblaas beteken dit dit gaan suur word, en sy sou dit weer
steriliseer in 'n pot met kokende water.
Saterdag was baddag, en die groot seeppot vol water is warm gemaak. Almal sou bad en ek was altyd die laaste. Die water het sulke skiwwe opgehad wat bo-op dryf, want dit was harde water wat nie skuim nie.
Sondae
na kerk was daar altyd besoekers wat met hul perdekarre aangekom het. Ouma het met haar foon daarvoor gesorg. Dit
was ´n groot middagete met borriegeel rys met rosyntjies en oondgebakte vleis
met aartappels. Nagereg was ingelegde vrugteslaai en die heerlikste vla, en ons
het altyd baklei oor wie se beurt dit was vir die velletjie bo-op die vla.
Sekere
items het hulle met styselwater behandel, soos tafeldoeke en Oupa se boordjies.
Emma kon dit perfek doen sonder om die materiaal te brand. Ouma het mos haar
eie seep vir die hele jaar gemaak in die groot swart seeppot op ‘n
mieliestronkvuur. Die seep is ook in die spens bewaar – in die droogtetyd het
die rotte in die huis gekom en was so honger dat hulle die seep gevreet het. Ek
het nooit uitgevind of hulle dit oorlewe het nie.
Oupa
het looikuipe in die sandsteenrots gemaak om die velle te looi met die
wattelbome wat oral daar gegroei het. Die klein takkies is almal skoon
gestroop, met baie van die dik bas gestort in die kuip. Dan is dit met ‘n
groot, swaar paal gestamp met bietjie water sodat dit nie spat nie. Uiteindelik
het die velle en wildsvelletjies ingegaan. As mens sagte rieme wil hê moet dit
gesout bewaar word. Die sout het die water uitgetrek en die velle het nie
uitgedroog nie. Alles is met die paal ondergedruk en vir ‘n tyd so gelaat.
Duikervelletjies het die fynste en sterkste riempies gemaak - om met die naald
te werk, asook vir die punte van die sweep.
Oupa
was die tipe man: Ek wil n nuwe gordel koop, bruin, egte leer en breed, die
gespe moet eenvoudig wees. Na 7 winkels kry ek nie wat ek soek nie, ek koop nie
n gordel nie en sal aanhou soek. Ander mense sal vat wat hulle kry. By Oupa Klasie
moes alles perfek wees. Tweede beste was ononderhandelbaar. Sy skeermes was in my
besit, maar die
lem het heeltemal gedisintregeer. Gelukkig het ek darem nog sy Myn Blasting sertifikaat,
Persoonskaart,en die kierrie wat Grootje in Bermuda gesny het. Sy Geelhout
Wakis en-Laaikas het ek vir Marize gegee. Die laaikas moes ek regmaak, want soos
hy die laaie toe gedonder het as hy nie iets kon kry nie, kon hulle nie hou nie. In die oggende
het ek en Hen (bekend as Bobbejane of Stinkerds) by hom in die hoe bed gaan lê
en na Wolf en Jakals stories geluister. Daarna om die kombuistafel gaan sit, om
beskuit of droeë brood met koffie te geniet. Dit was omtrent n ritieel. Hy het
so n GROOT blouprent koffie koppie gehad. “Ek hou van n man wat sy man kan
staan”, het ‘n baie groot invloed op my lewe gehad, selfs in die latere lewe het ek baie geput
uit sy wyshede. (http://www.lavonn.net)
Klasie en Bettie met Quartus en WikusFoto: (http://www.lavonn.net/id26.html)
Klasie von Wielligh op Goedehoop
(http://www.lavonn.net/id41.html)
Lavon von Wielligh vervolg: "Ek was so trots op "my sterk oupa". Die naam kom van die tyd toe ons doringdraad-grenslyne gespan het. Dit was ná die oorlog en draad was weer beskikbaar. Dit was my skoolvakansie (Miskien1947 - wintertyd ). Ons het die stootwaentjie met ysterpale en draad gelaai. Ek onthou ook die seil-watersak en warm koffieglasbottel in 'n warm kombersie toegedraai om my hande warm te maak. Ons is trekkend, stotend en rustend veld toe. “Om iets nuttig te doen vir hierdie dag.” Ek het die ysterpaal reguit vasgehou, Oupa het op die trapleertjie geklim en ingeslaan. Elke hamerslag het gepaardgegaam met ‘n geweldige blaf, wat ontplof het deur sy baard en weerklink het tot onder in die vlei - die lekkerkry met elke slag. Die paal het ‘n voet of twee gesink, en die aarde het gebewe. Ek was trots en beïndruk om saam met hierdie geweldige persoon so ‘n belangrike taak te verrig."
In 1959 is hy in die Algemene Hospitaal (later H.F. Verwoerd) oorlede aan maagkanker.