b.2. Mattheus (Matthys) VON WIELLIGH, ged. 06/10/1709

b.2.  Mattheus (Matthys), ged. 06/10/1709, Kaapstad, oorl. 05/06/1773, Kaapstad, (oud 64 jr.), trou op 17/03/1737 met Alida Maria SCHENK, ged. 09/08/1714, Kaapstad, oorl.  22/10/1792, Malmesbury, d.v. Arend Schenck en Johanna Abrahamsz van Amsterdam, Noord Holland.

Mattheus was die seun van Nicolaus von Wielligh en sy eerste vrou Elizabeth van Wyk.


EGGSA
Kaapse doopregisters. 1709.
DG:  Antie Steijn, (d.v. Douw Gerbrandtz Steijn en Maria Lozee) en Christiaan Vuistman.

EGGSA:  Monsterrol Kaap 1733
Mattheus trou op 17/03/1737 trou Mattheus met Alida Maria Schenk.

Den 17 Maart
Mattheus van Wielig van Cabo de Goede Hoop, burger
alhier jongman, met Alida Maria Schenk van
Cabo voorn: jongedogter.
EGGSA
Kaapse huwelikregisters. 1737.  Written by transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Marriages 1713 to 1756

Alida was in 1714 in Kaapstad gedoop.  (Let op dat sy as Alida Maria bekend was, maar dat sy op haar doopinskrywing slegs as Alida voorkom.)

FAMILYSEARCH
DG:  Anthonij Abrahamsz en Catharina Abrahamsz

9 d:o (Augustus)
Alida
Arent Schenk, en Johanna Abrahamsz
Anthonij Abrahamsz, en Catharina Abrahamsz.
EGGSA:  Kaapse doopregisters. 1714.

Alida Maria se pa, Arend Schenck, van die Graafskap Lippe, was ‘n matroos in 1708.  Hy het later ‘n slagter geword (van 1708 tot 1717) en word in 1713 ‘n burger genoem.  Hy was getroud met Johanna Abrahamsz van Amsterdam en hulle was die ouers van 5 kinders, waarvan Alida die oudste was.

Die Huijs te Marquest was ‘n Nederlandse skip wat naby die Kaap gestrand was omdat die mas gekraak het.  ‘n Plaaslike boer het na Kaapstad gejaag om die voorval aan te meld.  Nadat twee skepe gestuur is om die mas te herstel, waarin hulle onsuksesvol was, het die Huijs te Marquette na Kaapstad geseil met die gekraakte mas en geen ondersteuning nie.


Op Dinsdag, 2 November 1734 word die volgende versoek gerig:  “Vorders is op het gedaan versoek van juffw. Maria Willing, wedwe. wijlen den Heer oud ballieuw tot Batavia, Jan de Hartog, dewelke met het voorseijde schip 't Huijs te Marquette van die hooftplaats vertrocken is, aan haar toegestaan omme sig beneevens haare familie hier ter plaatse metter woon needersettende, te moogen verblijven.” (Reference code: C. 96, pp. 75-86.)

Op Maandag, 26 Maart 1736 versoek sy weer:  “Is ten gedanen versoeke van juffw. Maria Willing, wed. wijlen den Heer oud baljuw tot Batavia, Jan de Hartog, dewelke van het schip 't Huijs te Marquette hier ter plaatse verbleeven is, aan haar gepermitteert om met het schip Hilversbeek na Batavia te rugge te moogen keeren en met sig derwaerts meede te neemen haare nigt, Alida Schenk.” 


Den 11 dito
Arent Jacobus,
de ouders Jan Keuler, en Anna Elizabeth Schenk,
de getuijgen Mattijs van Wieling, en Alida Maria Schenk.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1744

Written by transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Baptisms 1743-1756

DIE GRONDEIENAARS VAN STELLENBOSCH EIENAARS VAN ERWE OP DIE DORP 1693 - ca. 1860 EN EIENAARS VAN PLASE IN DIE DISTRIK 1680 - ca. 1860 deur JOHANNES VAN DER BIJL

KRUISPAD 59 m 296 r "0: Woeste laagtens naar Klapmuts; N ten 0: Phisante Kraal; W ten Z: naar Kuils Rivier; Z: naar Duiven Heuvel" Geen belofte
15.3.1712 OSFI217 Joshua Selie (Josue Cellier)
11.10.1713 T 946 Hendrik Rodenburg
10.3.1718 T 1229 Wed. Guillaume Loret Elizabeth Joubert
21.5.1719 Paul Roux 11 trou met W, -7L
13.9.1732 T 2073 Andries Duyf (van Paul Roux)
7.12.1734 T 2219 Gerrit van Schalkwyk (van boedel Duyf)
12.11.1736 T 2347 Nicolaas Brommct
7.10.1738 T 2417 Matthys de Wieling
9.7.1745 T 2652 Jan de Waal
28.7.1746 T 2695 Arend de Waal
14.12.1756 T 3242 Cornelis de Waal
28.6.1759 T 3420 Fred. Simon Plaaghman
2.3.1762 T 3726 Emest Philip Kap
28.11.1764 T 4005 Olof Bergh (A. zn.)
4.6.1773 T 4561 Ernest Philip Kap Johan Jarling trou met wed. Kap 206

(https://digital.lib.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.2/5912/vanderbijl_grondeienaars.pdf?sequence=10)

Feitlik al die Von Wielligh stamvader se kinders (en sommige van sy kleinkinders) was by die alkohol kleinhandel aan die Kaap (as bytappers, pagters of borge) betrokke.  Vanaf 1710 tot 1760 was Duitse koloniste dominant in hierdie bedryf.  (Gerald Groenewald: Dynasty building, family networks and social capital: Alcohol pachters and the development of a colonial elite at the Cape of Good Hope, c. 1760-1790, Department of Historical Studies University of Johannesburg.)  Die kleinhandel het ‘n noue netwerk gevorm waarin baie van die handelaars eie, sowel as aangetroude familiebande gehad het.

Aanvanklik was die dranksoorte onder verskillende lisensies gegroepeer, waarvoor geen betaling geeis was nie.  Die kompanjie het egter gou gesien dat die verkoop van hierdie lisensies die moontlikheid van direkte winste ingehou het.  (Willem Adriaan Cruywagen Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)

Daar was in 1752 drie drankpagte aan die Kaap.  Die belangrikste van die drie pagte was die algemene wynpag wat reeds in 1679 ingestel is.  Die besitter van die algemene wynpag was die enigste persoon wat toegelaat is om wyn by die kleinmaat, d.w.s. in hoeveelhede kleiner as 'n halfaam in vermaaklikheidsplekke en tapperye in die Tafelvallei aan die publiek te verkoop.  Hy het ook die alleenreg gehad om so lank as wat Kompanjieskepe of vreemde skepe in die hawe is, wyn vir gebruik aan boord aan hulle te verskaf.  Die algemene wynpagter was geregtig om wyn op enige plek in die kolonie te koop.  (G.J. Jooste :  Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 – 1795.  Skripsie ingelewer vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch.  31 Oktober 1973.)

Die tweede drankpag wat teen 1752 bestaan het, het betrekking gehad op die verkoop van Europese wyn en bier aan Kaapse koloniste in die Tafelvallei.  Die pagter het normaalweg Nederlandse bier, Franse wyn en Duitse wyn verkoop.  Hulle kon die drank regstreeks van die Kompanjie koop.  Die derde drankpag, bekend as die brandewynpag, was ‘n pag ten opsigte van die verskaffing van Europese en Kaapse brandewyn en arak aan Kaapse inwoners in die Tafelvallei.  Die brandewynpagter moes al sy voorrade van die Kompanjie koop.  Anders as die geval met wyn, was daar prysbeheer t.o.v. die verkoop van alle brandewynsoorte in die kleinhandel.  (G.J. Jooste :  Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 – 1795.  Skripsie ingelewer vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch.  31 Oktober 1973.)

Die kleinhandel in Kaapse wyn het deur middel van ‘n stelsel van tapperye plaasgevind.  ‘n Tappery was ‘n kombinasie van ‘n kroeg en ‘n drankwinkel.  Drank is daar aan persone bedien om op die perseel te verbruik en dit is ook verkoop om weggeneem te word.  Wyn kon in hoeveelhede van minder as ‘n halfaam in die tappery gekoop word.  Omdat die wynpag in vier dele opgeveil is, kon ‘n pagter wat al vier dele koop, altesame 16 tapperye open - vier tapperye vir elke deel van die pag.

Die aanhou van ‘n tappery was een van die winsgewendste bedrywe aan die Kaap.  Die tapperye wat die algemene wynpagter besit het, was nie almal van dieselfde standaard nie.  Teen die helfte van die agtiende eeu is aan die Kaap drie soorte tapperye aangetref.    Die swakste tipe was meestal deur soldate, matrose en slawe ondersteun.  Die slawe het nie soseer gekom om te drink nie, maar om te dobbel. Ten spyte van streng maatreels het daar dikwels in hierdie taphuise wanordelikhede voorgekom.  ‘n Tweede en ook meer ordentlike soort tappery, wat merendeels deur onder offisiere en ander persone met soortgelyke range besoek is, was rustiger, maar soms is daar musiek gemaak en selfs ook gedans.  In die derde en fatsoenlikste soort tappery was daar goeie meubels en daar is ook vir die klante pype en tabak aangebied.  ‘n Ander kenmerk van hierdie soort tappery was dat daar ‘n biljartkamer was waar biljart gespeel kon word.  Na elke spel is gewoonlik ‘n drankie geniet.  (G.J. Jooste :  Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 – 1795.  Skripsie ingelewer vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch.  31 Oktober 1973.)   The houses of people who offered skilled services, such as the barber Maurits Duijmeling and the tailor Melchior Hobbelts, were often also well stocked with tobacco, drink and games boards. (Groenewald, G. 2003. Database of Alcohol Pachters at the Cape of Good Hope, 1680-1795.Unpublished manuscript, University of Cape Town.)

Afhangende van die soort tappery, is dieselfde soort wyn, teen verskillende pryse in tapperye aan die Kaap verkoop.  Dit het soms baie vrolik by die tapperye gegaan.  Die Kaapse inwoners het daarheen gegaan om saam met hulle vriende gesellig te verkeer.  Die tapperye was die hele week, Sondae ingesluit, oop.  Op Sondae was dit egter eers na afloop van die voormiddag se Godsdiensoefening geopen.  In 1756 was die gebruik om op Sondae in tapperye wyn te bedien, gestaak.  (G.J. Jooste :  Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 – 1795.  Skripsie ingelewer vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch.  31 Oktober 1973.)

Die pagters was toegelaat om bytappers (assistant taverne of kroeghouer) aan te stel om drank namens hulle te verkoop. Tappers het goeie winste gemaak en was geldelik van die mees vooruitstrewende burgers.  “There were several houses which served as taverns and places of entertainment, some belonging to alcohol licensees (pachters) and others perhaps to tapsters. During the 18th century warm beverages such as tea and coffee were also consumed in inns, but in more private areas. Alcohol was drunk in front rooms, tea and coffee in back rooms. (Groenewald, G. 2003. Database of Alcohol Pachters at the Cape of Good Hope, 1680-1795.Unpublished manuscript, University of Cape Town.)

Volgens Mentzel het Mattheus ‘n baie suksesvolle taverne/taphuis in sy vader Nicolaus se mooi huis en winsgewende tuin onder die Tafelberg bedryf.  (O.F. Mentzel:  Cape of Good Hope.)  In die argiewe van die Kaap de Goede Hoop verskyn Mattheus se naam in verskeie aansoeke tot die verkoop van drank. 

Michael Pentz (pagter van die Europese bier- en wynlisensie), oorspronklik van Lubeck, Duitsland was die seun van ‘n syhandelaar, Michael Pentz en Cecilia Ritter.  Hy het in 1723 na die Kaap in diens van die VOC gekom en was van 1728 tot 1732 boekhouer op die koopvaardyskip Spieringshoek, ‘n vaarder tussen Kaapstad en Delagoabaai (Maputo).  Toe hy in 1731 weer in die Kaap aankom, was hy adelbors.  Kort hierna is hy as assistant aangestel en op 21 Oktober 1731 in die huwelik getree met Johanna Barbara Oberholster.  Hy het Vryburger geword in 1735 en het hom as drankhandelaar in Kaapstad gevestig.  In 1735 het hy 5550 guldens aangebied vir die alleenverkoop van Europese biere en wyne,  in 1744 het hy 2350 daarvoor betaal.  Pentz het ook die rang van sersant in die Burgermag beklee.  (J.H. Redelinghuys:  Die Afrikaner Familienaamboek en personalia, 1955)  Na sy dood trou sy vrou Johanna Oberholster met Dirk de Jongh.

 “Dingsdag den 6: Septb:r 1746.  Versoekt met veel Eerbied den ondergeteek. Uwe wel Edele Gestr: en E: Agtb:r needrigen dienaar Michiel Pentz als bij de jongste verpagting aanneemer gebleeven sijnde van de Pagt der Vaderlandsche Bieren en wijnen omme boven desselfs gepermitteerde bijtapper de voorm:e dranken nog door den Burger Matthijs van Wielig in de Thuijn van den Boekhouder en Ordinaire gecommitteerde Jan Andries horak geleegen in deese Tafelvalleij te moogen Laaten debiteeren gelijk sulx in voorige tijden meermalen aan de Pagters der vaderlandsche Bieren en Wijnen is gepermitteerd geworden (:onderstond:) 'T Welk doende &.”   (Reference code: C. 124, pp. 189-208)  Jan Andries Horak was met Mattheus se suster Gesina getroud.

“Aan de Eerstgemelde toegestaan om voor elk van hun bijsonder Perceel een Bijtapper te moogen aanstellen, en aan den pagter der voornoemde Vaderlandsche Bieren ensz om boven en behalven desselfs gepermitteerde Bijtapper bij de Pagt Conditiën, deselve dranken nog te mogen Laten debiteeren door den Burger Matthijs van Wielig woonende in de Thuijn van den Boekhouder Jan Andries horak.” (Reference code: C. 124, pp. 189-208.)

Dirk Gijsbert Francke (pagter van die Europese bier- en wynlisensie) was die seun van Johannes Francke van Berlin, Duitsland en Catharina Verwey.  Hy was die eienaar van die plaas Uijtvlugt.  Die plaas was geleë op wat vandag die Cape Town High School fields, St John’s Straat, Gardens is.  Volgens die Opgaafrol van 1805 (CA J39 681) het die plaas De Uitvlucht bestaan uit 2 morgen wyn & tuinland en 5 000 wingerdstokke. (Stewart Harris: Market Gardens of the Table Valley 1800-1807.)

“Franke, Dirk Gijsbert; became a lessee of the Father- land Beer and Wine license ; asks permission to establish a branch tap in charge of the burgher. Matthijs van Wielig, in the garden of the burgher-Lieutenant Carel George Wieser, situated in Table Valley, and named “ Vredenburg," as has often in former times been permitted to his predecessors.”  (Archives of the Cape of Good Hope.  Requesten 1746. No. 39.) 

“Francke (Dirk Gijsbert);  having become lessee of the European beer and wine licence, will carr)” on the business at his own house at the Cape, and in a branch tap, in his garden, named “Uijtvlugt”.  He asks, however, to be permitted to open another branch in charge of the burgher Matthijs van Wielig in the garden of the burgher-Lieutenant Carel George Wiese, named “Vreedenburgh”. (Archives of the Cape of Good Hope  Requesten 1754, No. 10.No.79.)  Carel George Wieser, van Heidelberg, Duitsland, het in 1728 aan die Kaap gekom en was ‘n soldaat in diens van die VOC.  In 1730 raak hy korporaal en twee jaar later het hy met Johanna Jacoba Colijn, sister van Johannes Colijn, eienaar van Klein Constantia, getrou.  Hy het in 1732 ‘n vryburger geraak.  Wieser het uitgebreide eiendom aan die Kaap besit, waaronder die waardevolle Groot Constantia plaas wat hy van Olof Bergh verkry het.  In 1740  het Wieser met Maria van der Poel, die weduwee van Melt van der Spuij getrou.  (Groot Constantia 325 years of history: Hoofstuk 3).

Jan Hoist (pagter van die Europese bier- en wynlisensie) was getroud met Aletta van den Berg, d.v. Dirk van den Berg van Bremen, Duitsland en Anna Heylon.  Aletta se broer Frederik was met Hermanus von Wielligh se stiefdogter, Susanna Elizabeth Duijmeling getroud.

 “Hoist (Jan) ; lessee of the European beer and wine license ; wishes to establish a branch tap under the burgher Matthijs van Wielingen, in the garden of the burgher-Lieutenant, Carel George Wieser, in Table Valley, called " Vredenburg."  (Archives of the Cape of Good Hope.  Requesten No. 85.)

1754 “Hoist (Jan); Lessee of the European beer and wine  licenses ; wishes the burgher Hermanus Van Wielig to take charge of the business at his house here at the Cape, and besides his branch tap, in charge of Mathijs Van Wieligh, to open another, under the management of the Widow Dirk Van den Bergh in her garden named " Domburgh," situated in Table Valley.” Archives of the Cape of Good Hope.( Archives of the Cape of Good Hope.  Requesten .No. 87.)  Uit die 1800 opgaafrol het die tuin Domburg 3000 wingerdstokke gehad.  (Stewart Harris:  Market Gardens of the Table Valley 1800-1807.)


Dirk de Jong was ook ‘n pagter van die Europese bier- en wynlisensieMattheus se seun Nicolaas von Wielligh was met Dirk se dogter Gerharda de Jong getroud.  “1754.  Jong (Dirk de); Lessee of the European beer and wine license ; asks permission to establish branch taps at the house of the burgher Hermanus van Willing at the Cape; in the garden  ‘Vredenburg’, belonging to Mathijs van Wieling; and in the garden of the burgher, Dirk Gijsbert Franck, named Uijt- vlugt.”  ( Archives of the Cape of Good Hope Requesten (See also 97, 1762, No. 194.) No. 95.)

In 1750 was die dorpsgebied in die Tafelvallei omgrens deur Buitenkantstraat in die Ooste, Buitensingel straat in die Suide en Buitengrachtstraat in die Weste, maar sowat 20 plase of kleinhoewes insluitende Zonnebloem en Oranje Zight het aan die voet van Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel gelê.   (Dudley Horner & Francis Wilson:  A Tapestry of People: The Growth of Population in the Province of the Western Cape)    Uit bogenoemde inskrywing kan ‘n mens aflei dat Mattheus die plaas Vredenburg aangekoop het.  Die oorblyfsels van die plaas Vredenburg is vandag ingesluit in Victoria Court, aan die bokant van Lang Straat.  (Stewart Harris:  Market Gardens of the Table Valley 1800-1807.)



FAMILYSEARCH
23/09/1757. Lidmate van die kerk aan die Kaap.

Op 09/09/1763 het Mattheus en Alida ‘n gesamentlike testament opgestel.
 (MOOC 7/1/20)  In hierdie testament word die kinders Nicolaas, Arend, Josina Catharina, sowel as Elizabeth Schenk, die suster van Alida as erfgename aangedui.  Mattheus (64 jr) sterf op 05/06/1773 in Kaapstad.