h.5. Andries Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1875

h.5.  Andries Johannes, geb. 1875 x 04/06/1894, Christiana, Bloemhof, Tvl. met Catharina Susanna BREDENHAHN, geb. 06/06/1879, oorl. 30/11/1901, d.v. Jacobus Christiaan Bredenhahn en Anna Maria Schemans xx 06/04/1903, Schweizer-Reneke, Tvl. met Zacharia Jacomina SWANEPOEL, geb. 1884.

Andries Johannes was die seun van Jacob van der Westhuizen en Hester Jacomina Elizabeth van Rooyen.

Ek het die volgende skakel gemaak op grond van die kinders se name en die doopgetuies.

Die eerste een wat ons wil vermeld, is Andries, wat op Bosplaas gewoon het. Voor 1912 dien hy al in die kerkraad. Hy word onthou as ’n dinamiese persoonlikheid wat die gawe ontvang het om met gemak voor mense op te tree en oor leerstellinge met mense te redeneer. Telkens kom sy naam in notules van sy dienstydperk voor waar hy dien in kommissies of een of ander leidende rol vervul. Ongelukkig kom hy in botsing met die kerkraad oor sy bywoning van en belangstelling in die eredienste van ’n sektariese groepering. Gedurende 1946 verlaat hy die kerk.  (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)

(https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)