h.10. Petrus Theodorus, geb. 02/12/1889 x 30/09/1912, Wolmaransstad, Tvl. met Elizabeth Helena VENTER, geb. 1894.
Petrus Theodorus  was die seun van  Jacob van der Westhuizen en Hester Jacomina Elizabeth van Rooyen.
Ek het die volgende skakel gemaak op grond van die kinders se name en die doopgetuies 
Die  tweede  seun  is  Petrus.  Hy  het  nooit  in  die  kerkraad  gedien  nie,  maar  het ’n  bydrae  gelewer  op  die  gebied  van  die  kategese.  Hy  was  ’n  delwer  en  het  vir baie  jare  vir  die  kinders,  wat  by  die  delwerye  gewoon  het,  kategese  gegee.  Nadat  sy  oudste  seun,  Stephanus,  belydenis  van  geloof  afgelê  het,  het laasgenoemde  vir  die  jonger  kinders  Sondagskool  gehou,  en  Petrus  vir  die groter  kinders  en  katkisante.  Petrus  het  die  gawe  gehad  om  dwaalleringe  te  weerlê  en  was  in  hierdie  opsig vir  die  predikante  van  sy  tyd  tot  groot  ondersteuning.  Stephanus  is  nog  in  die gemeente  met  sy  vrou  en  een  van  sy  kinders. (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)
(https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)
 

