h.4. Barend Nicolaas VAN DER WESTHUIZEN, geb. 04/01/1907

h.4.  Barend Nicolaas (Ben), geb. 04/01/1907, Diepkuil Aurora , oorl. 29/07/1969, begr. Durbanville x 05/03/1928, Aurora, Piketberg met Catharina Louisa (Kitty) SMIT, geb. 13/09/1908, Aurora, oorl. 21/04/1983, Stellenbosch, begr. Durbanville (geskei 1965), d.v. Johannes Petrus Smit en Hilletjie Aletta Maria NN.

Barend Nicolaas was die seun van Hendrik Schalk van der Westhuizen en Catharina Louisa Frederika Louisa Visser.

Sommige van die seuns en kleinseuns van Klein-Klipfontein se plaasarbeiders het later besondere vooruitgang op landboukundige gebied gemaak en bekendheid in verskeie ander rigtings verwerf.  Twee van Klein Hendrik van der Westhuizen se seuns, Ben en Johannes het byvoorbeeld as knegte begin werk, eersgenoemde by die Fontini’s ten noorde van die Tygerberg waar hy ‘n selfstandige boer geword en voor sy dood elf plase in die buurt van Durbanville besit het.  Op die Kaapse skou het sy pragtige spogspanne wa- en koetsperde baie jare die oog gevang en is gewoonlik met die eerste pryse bekroon.  Hy het uiteindelik bekend gestaan as die miljoenêrboer van Durbanville. Johannes was eers ‘n kneg by die Le Granges op die bekoorlike vrugteplaas Bonne Foi naby Lynedochstasie.  Na die eienaar se dood het hy die plaas gekoop en ‘n welgestelde vrugteboer geword.  Hulle jonger broer Dirk het ‘n winsgewende vissaak op Laaiplek geopen en later nog twee besit, een op Piketberg en die ander op Hugenoot.  (Smit:  Boerepioniers van die Sandveld)

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CAPE TOWN, Urban area Western Cape, CAPE TOWN, Durbanville Western Cape, CAPE TOWN, Durbanville, Main cemetery W - Surnames starting with the letter W WESTHUIZEN Ben, van der 1907-1969 & Kitty 1907-1883