i.3. Anna Elizabeth NEL, geb. 27/11/1910. ged. 15/01/1911

i.3. Anna Elizabeth, geb. 27/11/1910. ged. 15/01/1911, Kenhardt , oorl. 14/10/1944, begr. Noenieput x 05/05/1928, Witkop, Gordonia met Petrus (Piet) VAN DER WESTHUIZEN, geb. 30/08/1905, ged. 05/11/1905, Prieska, oorl. 12/05/1985, Upington s.v. Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots. PVDW xx Jeanette Gesina Elizabeth Henning. Onderwyser

Anna Elizabeth was die dogter van Jacobus Johannes Gideon Nel en Dina Carolina Francina Claassens.

Name Anna Elizabet Nel
Birth Date 27 Nov 1910
Father's Name Jacobus Johannes Gideon Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Dina Francina Carolina Claassen
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 15 Jan 1911
Event Place Kenhardt, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Kenhardt, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6PR6-T4CP?lang=en

Name Petrus Vanderwesthuizen
Sex Male
Age 22 years
Birth Year (Estimated) 1906
Event Type Marriage
Event Date 5 May 1928
Eent PlaceWitkop, Bredasdorp, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Witkop, Gordonia, Kaap, South Africa
Certificate Number 92
Name Anna Elizabeth Nel
Age 17 years
Sex F
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZHR-T3V1?lang=en

Uit hulle pa se sterfkennis van 1918:

FAMILYSEARCH

Piet het sy opleiding in H.S. Kakamas en Graaff-Reinet gehad. Hy was 'n St. 8. onderwyser. Hy het in die laaste kwartaal van 1925 as jong studente-onderwyser begin skiet vir 'n onderwyspos. Onderwysposte was egter baie skaars. Uit twaalf aansoeke het hy uiteindelik twee, beide eenmanskooltjies, een op Grootderm in die Namakwaland, die ander op Noenieput, destyds genoem Witkop gekry. Hy was Noenieput se eerste onderwyser, want alhoewel die skool Julie 1925 geopen is, het Meneer van Ellewee net die laaste veertien dae van die kwartaal skoolgehou, omdat daar nie banke of boeke was nie. Hy moes die klasse van Sub. A tot St. VI hanteer. Hy was ook voorsitter van die N.P. tak, oudl. N.G.K., lid van die H.S.-kom en hy het ook sedert 1950 op die plaas Tweepoort geboer. Sy belangstellings was politiek en atletiek.

Piet en Annie van der Westhuizen by Telana en Beulah




Redelinghuys, J.H. (samest.):  Die Afrikaner - Familienaamboek en Personalia, Kaapstad, 1955)