h.1. Cornelis Albertus Arnoldus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 29/12/1921

h.1.  Cornelis Albertus Arnoldus (Neelsie), geb. 29/12/1921, oorl. 07/10/2018, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas x 14/04/1950, Otjiwarongo, Namibië met Ilse Eveline KEPPKE, geb. 24/02/1929, oorl. 08/12/2013, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas.

Cornelis Albertus Arnoldus was die seun van Cornelis Albertus Arnoldus van der Westhuizen en Hester Helena Rossouw.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1948:

FAMILYSEARCH

Uit hierdie huwelik (CAA en Hester Helena Rossouw s’n) word 3 seuns gebore.  CAA in 1921, bekend aan die familie as Neelsie,  Johannes (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868) Casparus in 1931 (Jannie) en Pierre Andre in 1937.  Ook twee dogters Ria en Jeanetta (Nettes).  Hier word die tradisie van die oudste seun wat kom boer verbreek nadat die kinders se ma jonk sterf aan diabetes.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871) 

Die drie seuns erf die plaas in gelyke dele, Neelsie skenk sy gedeelte aan sy broer Jannie en Pierre se gedeelte word mettertyd uitgekoop met behulp van ‘n familielid wat hom baie goedgesind was en die jong boer gehelp het om op sy voete te kom met die boerdery.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871)

Neelsie bekwaam himself as ‘n prokureur en vestig Namibië waar hy tot op 90 jarige ouderdom steeds praktiseer.  Hy sterf in 2018 op die ouderdom van 97, ‘n week nadat hy Grootvalleij vir die laaste keer besoek het.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN C.A.A., van der 1921-2018 & I.E. KEPPKE 1929-2013