f.1. Cornelis Albertus Arnoldus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 17/08/1858

f.1. Cornelis Albertus Arnoldus, geb. 17/08/1858, Ellenboogsfontein, oorl. 21/09/1909, Grootvlei, Namaqualand, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas x 05/02/1882, Bowesdorp, Namakwaland met Janetta Debora VAN NIEKERK, geb. 1865, oorl. 25/02/1925, Grootvlei, Namakwaland, d.v. Izaak Jacobus Marthinus van Niekerk en Geesje Maria Catharina Kotze.

Cornelis Albertus Arnoldus was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Johanna Aletta Gagiano.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1887.

In 1850, is die gemeente Namakwaland gestig met Bowesdorp as middelpunt. Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op die plaas Kliphoek op 19 Augustus 1854 onder die voorsitterskap van ds. H.L. de Villiers, leraar van die moedergemeente, Clanwilliam, van 1845 tot sy dood op 5 Julie 1857. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Die verafgeleë en uitgestrekte gemeente het jare lank herderloos gebly. Slegs een maal per jaar is die lidmate besoek, óf deur die konsulent óf deur ‘n ander NG leraar, onder andere di. C. Murray en W.P. Rousseau.  Eers in 1865 besluit die kerkraad om ‘n eie leraar te beroep. Die derde beroep het in 1870 geval op ds. J.S Hauman, wat dit aangeneem het. Ds. Hauman het dan ook met toegewydheid en seën in die uitgestrekte gemeente gearbei van 1870 tot 7 Februarie 1881. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Die eerste kerkgebou van die gemeente was op Bowesdorp, maar die plekkie is later na Kamieskroon verskuif sodat van die dorpie net enkele bouvalle oorgebly het. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Uit hulle huwelik (Cornelis en Johanna Aletta Gagiano s’n) is daar ‘n seun gebore in 1858 wat (ook) Cornelis Albertus Arnoldus heet, terwyl hulle nog op Ellenboogsfontein gewoon het.  Die gesin trek in 1872 na Grootvalleij.  CAA (die tweede) trou met Jeanetta Debora van Niekerk van Mesklip naby Springbok.  Ses dogters en een seun (CAA die derde 1899) is weer uit hierdie huwelik gebore.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868)

Volgens Cornelis Albertus Arnoldus se sterfkennis het hulle op Grootvlei, Namaqualand gewoon.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN Cornelis A.A., van der 1858-1909