g.6. Nicolaas Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 06/11/1841, ged. 10/04/1842

g.6.  Nicolaas Jacobus, geb. 06/11/1841, ged. 10/04/1842, Winburg, OVS.

Nicolaas Jacobus was die seun van Johannes (Jan) Matthys van der Westhuizen en Wilhelmina Catharina van der Westhuizen.

DG:  Nicolaas Georg Kok;  Isabella Bothma.
Ouers woon Modderrivier met doop.

In 1840 is op Potchefstroom met ‘n ooreenkoms tussen Hendrik Potgieter en Andries Pretorius die eerste Voortrekkerstaat gestig, wat die Republiek van Natalia genoem is en Transvaal, Noord-Vrystaat en Natal ingesluit het. Toe is ook die Voortrekkerkerk gestig, wat die gemeentes Potchefstroom, Winburg en Pietermaritzburg ingesluit het. Deur die Volksraad is op 16 Januarie 1841 die eerste kerkrade vir die gemeentes benoem en die Presbiteriaanse sendeling van Amerika, ds. Daniel Lindley, is as eerste leraar van hierdie Voortrekkerkerk aangestel.   Ds. Lindley het in Natal gewoon en in Maart 1842 op weg na Potchefstroom ook Winburg besoek, die eerste kerkraadslede bevestig, in die verskillende wyke van dié uitgebreide gemeente dienste gehou en die sakramente bedien. Hier het dan ook die doop- en lidmaatregisters van die gemeente begin. Met dié eerste besoek het ds. Lindley 331 kinders hier gedoop. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-winburg/)