g.5. Jacobus Abraham Daniel VAN DER WESTHUIZEN, geb. 29/03/1879, ged. 20/05/1879

g.5.  Jacobus Abraham Daniel, geb. 29/03/1879, Malmesbury, ged. 20/05/1879, Tulbagh, oorl. 04/06/1948, begr. Malmesbury x 24/03/1913, Steynsburg met Petronella Catharina MARAIS, geb. 02/05/1888, Steynsburg, K.P., oorl. 25/08/1948, Kaapstad, begr. Malmesbury, d.v. Marthinus Jacobus Marais en Herculina Johanna Botha.

Jacobus Abraham Daniel was die seun van Jacobus Abraham van der Westhuizen en Anna Margaretha van Jaarsveld.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1900.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1910.

In sy sterfkennis word sy ouers as van Papkuilsfontein, Malmesbury aangegee.  Sy adres word as Veldsig, Hospitaal Heuwel, Malmesbury aangegee.

Die plaas Welkomskraal in die distrik Venterstad, Noordoos-Kaap, is vir ongeveer 50 jaar tussen die 1880's en 1930's bewoon. Gedurende hierdie tydperk het die plaas 'n paar keer van eienaar verwissel en verskeie families met hulle kinders het daar gewoon. Die oorblyfsels van drie verskillende bewoningsareas word op die terrein aangetref. (https://journals.co.za/content/culture/28/1/EJC156811)

Op 11 Oktober 1915 word Welkomskraal op die naam van ene Pieter Kruger geregistreer. Dit is nie seker wie hierdie Pieter Kruger was nie. Raadpleging van die huweliksregister van die Gereformeerde Kerk te Steynsburg het drie individue genaamd Pieter Kruger opgelewer. Die betrokke Pieter Kruger kon egter dalk ‘n gemeentelid te Venterstad of Burgersdorp gewees het en dit is dus in hierdie stadium onmoontlik om die identiteit van hierdie eienaar van Welkomskraal te bepaal.  Pieter Kruger verkoop sy aandeel vier jaar later en op 16 Oktober 1919 word dit op die naam van Jacobus Abraham Daniel van der Westhuizen geregistreer.  Laasgenoemde het hom alreeds in 1915 te Delville gevestig (kaart 4.1). Floris Andries Johannes Coetzee en Jacobus Abraham Daniel van der Westhuizen was dus nou die gesamentlike eienaars van Welkomskraal.  Kort hierna word Welkomskraal in twee verdeel en die onderskeie gedeeltes op elkeen se naam geregistreer. Op 20 Maart 1920 word ‘n gedeelte van 308 morg (gedeelte 14) op die naam van Jacobus Abraham Daniël van der Westhuizen geregistreer en ‘n gedeelte van 314 morg (gedeelte 6) op die naam van Floris Andries Johannes Coetzee. Dit is nie bekend of die gedeelte van Welkomskraal wat nou as gedeelte 14 bekend staan, na hierdie transaksie verder bewoon is nie aangesien Jacobus Abraham van der Westhuizen alreeds op Delville woonagtig was. Dit is egter moontlik dat bywoners die plaas nog vir ‘n geruime tyd bewoon het.  Daar kan met redelike sekerheid aanvaar word dat Wessel Hendrik Moolman en sy gesin in een van die huise op Welkomskraal gewoon het, terwyl Tjaart Francois Venter, wat ook verantwoordelik was vir die toekenning van die naam Welkomskraal, definitief op Welkomskraal gewoon het. Aangesien die aandeel wat hy besit het later aan Jacobus Abraham Daniel van der Westhuizen verkoop is, kan daar aanvaar word dat hy en sy gesin in een van hierdie twee areas woonagtig was.  (Coetzee, Gertruida Catharina Johanna: ‘n Histories-argeologiese studie van die plaas Welkomskraal, dist. Venterstad, Noordoos-Kaap, voorgelê luidens die vereistes vir die graad Magister Artium in die vak Argeologie aan die Universiteit van SuidAfrika, 2012)

(Coetzee, Gertruida Catharina Johanna: ‘n Histories-argeologiese studie van die plaas Welkomskraal, dist. Venterstad, Noordoos-Kaap, voorgelê luidens die vereistes vir die graad Magister Artium in die vak Argeologie aan die Universiteit van SuidAfrika, 2012)

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, MALMESBURY, Urban area Western Cape, MALMESBURY, Old cemetery W - Surnames starting with the letter W WESTHUIZEN Jacobus Abraham Daniel, v.d. 1879-1948 & Petronella Catharina MARAIS 1888-1948