g.4. Anna Margaretha VAN DER WESTHUIZEN, geb. 29/12/1865

g.4.  Anna Margaretha, geb. 29/12/1865, Malmesbury, oorl. 20/06/1918, Malmesbury x 07/02/1887 met Abraham Coenraad DE VILLIERS, geb. 19/03/1858, Waterval, Groot Drakenstein, ged. 25/04/1858, Paarl, oorl. 02/10/1919, Malmesbury, boer, s.v. Jacob Eliza de Villiers en Magdalena Elizabeth Schultz.

Anna Margaretha was die dogter van Jacobus Abraham van der Westhuizen en Anna Margaretha van Jaarsveld.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1900.

Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1910.

(http://beeby.one-name.net/members_data/0074ab/PDF/Devilliers.pdf)

Jacob Eliza (Japie Helpmekaar) de Villiers boer Bellingham, Groot Drakenstein. Hy dien op die kerkraad van die Strooidakkerk, Paarl. Hy maak 'n studie van homeopatie en behandel self sy gesin en ander inwoners van Groot Drakenstein. Na die Rebellie van 1915 word daar in die Vrystaat 'n helpmekaar beweging gestig om die gevange rebelle se skuld te betaal. Na 'n oproep op 12.7.1917 in Die Burger om nog bydraes vir die Helpmekaar-fonds, reageer hy deur £500.0.0 aan te bied indien 500 ander persone elk bereid sou wees om £100.0.0 by te dra. Die reaksie was oorweldigend. Van die geld wat oorgebly het, is studiefondse in die verskillende provinsies gestig. Hierdie insameling was die voorloper tot die eerste ekonomiese beweging onder die Afrikaners

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, MALMESBURY, Urban area Western Cape, MALMESBURY, Old cemetery V - Surnames starting with the letter V VILLIERS Abraham C., de 1853-1919 & Anna M. V.D. WESTHUIZEN 1865-191?

Kinders:

h.1. Jacob Eliza DE VILLIERS, geb. 24/03/1889, Darling, ged. 03/05/1889, Swartland, oorl. 20/09/1976, Paarl x 12/09/1911, Piketberg met Catharina Elizabeth Burger, geb. 17/06/1888, Piketberg, oorl. 28/11/1971, Paarl, d.v. Schalk Willem Burger en Maria Elizabeth NN. Boer Redelinghuis

h.2. Jacobus Abraham DE VILLIERS, geb. 19/05/1891, ged. 05/07/1891, Swartland.

h.3. Anna Margaretha DE VILLIERS, geb. 21/06/1892, ged 08/09/1892, Swartland, oorl. Aliwal-Noord x 29/09/1917, Kaapstad met Pieter Abraham Marais, oorl. 1967, boer Steynsburg.

h.4. Abraham Coenraad DE VILLIERS, geb. 21/05/1895, ged. 25/08/1895, Darling, oorl. 08/1966, Mierfontein, Venterstad x 10/09/1923, Venterstad met E lpis van der Merwe, geb. 16/06/1901. Boer Elandsfontein en Mierfontein, Venterstad.

h.5. Magdalena Elizabeth DE VILLIERS, geb. 17/05/1897, ged. 08/08/1897, Darling, oorl. Kuilsrivier x 16/07/1921, Kaapstad met Dirk Jacobus van Niekerk, boer Klipheuwel

h.6. Martha Maria DE VILLIERS, geb. 06/05/1900, ged. 08/07/1900, Darling, oorl. 06/09/1984, Stellenbosch x 04/07/1927, Johannesburg met Andries Gerhardus Visser, geb. 01/03/1878, oorl. 10/06/1929, Heidelberg Tvl (wewenaar, mediese dokter en digter) xx 31/12/1932, Johannesburg-Oos met Gustav Bernhard August Gerdener, geb. 31/03/1881, Wuppertal, oorl. 15/08/1967, Stellenbosch, s.v. Johannes Gerdener Gerdener en Maria Petronella Wilhelmina Alheit (wewenaar, predikant en professor in teologie) Sy = onderwyseres.

h.7. Hendrik Jacobus (Kaspaas en Duiwel) DE VILLIERS, geb. 26/03/1902, ged. 01/06/1902, Malmesbury, oorl. 23/06/1975, Strand x 24/12/1927, Paarl met Maria Susanna Roux, geb. 21/12/1899, Paarl, d.v. Paul Roux en Elisabeth Maria Retief. Joernalis en redakteur Oosterlig. Hy was lid van die Radioraad. Hy vertolk die rol van oom Kaspaas in die radioprogram met die selfde naam.

h.8. Paulus Kruger DE VILLIERS, geb. 07/08/1904, ged. 02/10/1904, Malmesbury, oorl. 19/04/1957, Potchefstroom x 06/04/1935, Kaapstad met Maria Margaretha Hansonius du Toit, geb. c. 1905, Moorreesburg, oorl. 25/05/1959, Potchefstroom (onderwyseres). Hy = landbank-klerk