g.3. Hendrik Gideon VAN DER WESTHUIZEN, geb. 24/04/1866

g.3.  Hendrik Gideon, geb. 24/04/1866, oorl. 09/01/1930 x 11/06/1888, Prieska met Elizabeth Abrahamina SMIT, geb. 02/02/1874, oorl. 09/08/1929, Rassedam, dist. Prieska, d.v.  Christiaan Jacobus Smit (van Victoria Wes) en Johanna Anna Hendrika Greeff.

Hendrik Gideon was die seun van Gysbert Johannes Nicolaas van der Westhuizen en Elizabeth Huybrecht van Zyl.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1889.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1914.

Die Kaapse Rebelle was manlike Britse onderdane wat in die Kaapkolonie gewoon het, en saam met Transvaal en die Oranje-Vrystaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902, wapens teen Groot-Brittanje opgeneem het. Die Kaapse rebelle het in twee golwe by die Boeremagte aangesluit:  die eerste was ongeveer 10.000 met die uitbreek van die oorlog en kom hoofsaaklik uit die distrikte langs die Oranje-Vrystaat. Die tweede, veel kleiner golf van Kaapse rebelle van ongeveer 3,000 het vanaf Desember 1900 by die Boeremagte aangesluit, waarvan sommige tydens genl. Jan Smuts se inval in die noordweste van die Kaapkolonie in September 1901 aangesluit het.  (https://en.wikipedia.org/wiki/Kaapse_Rebelle)

Cape Rebels
Surname
VAN DER WESTHUISEN
Name
HENDRIK GIDEON
Occupation
Trial Date
4 AUGUSTUS 1902
Address
VAN WYK'S KLOOF
District
CARNARVON
Commando
Resources
Where Sentenced
Sentence
Ref ID
10476
(Anglo-Boer War Museum:  An agency of the Department of Arts and Culture)