g.1. Johannes Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 21/09/1846, ged. 15/11/1846

g.1.  Johannes Jacobus, geb. 21/09/1846, Abrahamskraal, dist. Victoria-Wes, ged. 15/11/1846, Graaff-Reinet, oorl. 24/04/1885, Victoria-Wes x NN xx 01/03/1881, Victoria Wes met Anna Magdalena Christina LIEBENBERG.

Johannes Jacobus was die seun van Johannes van der Westhuizen en Maria Magdalena Johanna Smit.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1862.

In 1843 het die uitgestrekte wyke Nieuwveld en Uitvlucht aan die groot gemeente Beaufort-Wes behoort.  Die goewerneur het ds. W.A. Krige as die nuwe gemeente se eerste predikant benoem en so is hy op 24  Oktober 1844 deur die konsulent bevestig.  Ds. Krige het op 30 Julie 1859 na Prins Albert vertrek en is op 5 Mei 1860 opgevolg deur ds. H.C.V Leibbrandt. Ds. Leibbrandt was gewild onder wit en swart, Engelse sowel as Hollands-Afrikaners.

Omdat hy dikwels uithuisig moes wees om Carnarvon, Modderfontein en ander plekke te behartig, het hy nie genoegsaam tyd gekry om getrou huisbesoek te doen nie. Weens die uitgestrektheid van sy gemeente, moedig hy die stigting van nuwe gemeentes aan, en die vestiging van gemeentes op Carnarvon (1874) en Prieska (1878, Modderfontein) is die gevolg van sy werk in hierdie verband. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-victoria-wes/)