g.8. Petronella Jacoba VAN DER WESTHUIZEN, geb. 11/12/1894, ged. 25/12/1894

g.8.  Petronella Jacoba, geb. 11/12/1894, Heilbron, ged. 25/12/1894, Kroonstad.

Petronella Jacoba was die dogter van Cornelis van der Westhuizen en Cornelia Johanna van Niekerk.

Haar naam kom nie voor in hulle oupa Barend Johannes van Niekerk se sterfkennis van 1896 nie.

Haar naam kom nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1928 nie.

Een van tweeling.

Heilbron is in Mei 1873 in sy geheel van die gemeente Kroonstad afgestig met ’n sieletal van nagenoeg 3 000. Ds. H.W. van der Merwe van Kroonstad was die eerste konsulent. Die naam Heilbron staan in verband met die fontein wat destyds baie sterk was.  Eers op 28 Junie 1879 is prop. D.J. Minnaar as predikant bevestig deur ds. G.W.B. van der Lingen van Kroonstad. Ds. Minnaar het die gemeente 36 jaar lank met die grootste ywer en toewyding bedien. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-heilbron/)