g.7. Gloudina Maria VAN DER WESTHUIZEN, geb. 11/12/1894 ged. 25/12/1894

g.7.  Gloudina Maria, geb. 11/12/1894, Heilbron, ged. 25/12/1894, Kroonstad, oorl. 01/09/1921, Hermanusdam, Kroonstad x 22/04/1913, Kroonstad met Michiel Josias ROETS, geb. 1886.

Gloudina Maria was die dogter van Cornelis van der Westhuizen en Cornelia Johanna van Niekerk.

Haar naam kom voor in hulle oupa Barend Johannes van Niekerk se sterfkennis van 1896.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1928.

Een van tweeling.

Heilbron is in Mei 1873 in sy geheel van die gemeente Kroonstad afgestig met ’n sieletal van nagenoeg 3 000. Ds. H.W. van der Merwe van Kroonstad was die eerste konsulent. Die naam Heilbron staan in verband met die fontein wat destyds baie sterk was.  Eers op 28 Junie 1879 is prop. D.J. Minnaar as predikant bevestig deur ds. G.W.B. van der Lingen van Kroonstad. Ds. Minnaar het die gemeente 36 jaar lank met die grootste ywer en toewyding bedien. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-heilbron/)

Kinders:

h.1.  Elsie ROETS, geb. 04/08/1914

h.2.  Hendrik Lourens ROETS, geb. 20/09/1916

h.3.  Johanna Cecilia ROETS, geb. 06/03/1918

h.4.  Cornelis ROETS, geb. 05/07/1920