f.9. Susanna Catharina VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1843

f.9.  Susanna Catharina, geb. 1843, dist. Bloemfontein, OVS, oorl. 31/03/1897, Roodepoort x 16/08/1869, Winburg, OVS met Barend Johannes VAN NIEKERK, geb. 1839.

Susanna Catharina was die dogter van Hermanus van der Westhuizen en Susanna Petronella Catharina van der Westhuizen.

Die voorgeskiedenis van die moedergemeente van die Vrystaatse hoofstad, Bloemfontein, is ten nouste verbonde met die aanvangsgeskiedenis van die Oranje-Vrystaat. Dit is die geskiedenis van trekboere benoorde die Grootrivier wat in die veertiger jare van die 19de eeu hulle veral in die omstreke van die Rietrivier, Smithfield en Winburg gevestig het. Hierdie gemeenskap het in sy vormingsjare die geestelike arbeid geniet van dr. Andrew Murray en ds. A.A. Louw, wat albei in die eerste jare van die Vrystaatse Republiek die fakkel hier vir die NG Kerk in Suid-Afrika gedra het. Op 30 November 1848, drie maande ná die Slag van Boomplaats, is die gemeente gestig toe drs. P.E. Faure en William Robertson, afgevaardig deur die NG Kerk in Kaapkolonie, ’n vergadering op Bloemfontein hou met die lidmate van die Kerk wat hulle benoorde die Gariep gevestig het, in die “Trans Gariepsche Gebied”, toe bekend as die Soewereiniteit onder die bestuur van die Britse resident.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-bloemfontein/)

Kinders:

g.1.  Elsie VAN NIEKERK

g.2.  Susanna Catharina VAN NIEKERK

g.3.  Gloudina Maria VAN NIEKERK

g.4.  Pieter Jacobus VAN NIEKERK