f.2. Willem Marthinus Petrus, geb. 14/01/1841, oorl. 04/07/1904, dist. Oudtshoorn x 16/03/1868, Oudtshoorn met Jacoba Louisa DU PLESSIS, geb. 05/09/1845, oorl. 06/08/1917, d.v. Jacobus Lodewicus du
Plessis en Jacoba Maria Andrietta Terblanche.
Willem Marthinus Petrus was die seun van Willem Marthinus Petrus van der Westhuizen en Elizabeth Wilhelmina Greeff.
Uit hulle pa se sterfkennis van 1867:
(https://www.wikitree.com/photo.php/c/c9/Van_Der_Westhuizen-267.jpg)
Hoewel die vroegste pioniers reeds in 1750
hierdie streek bereik het, is die gemeente Oudtshoorn eers op 11 Oktober 1853
gestig. Tot 1798, toe die gemeente Swellendam gestig is, het die mense in
hierdie streek onder die gemeente Tulbagh geval, maar met die stigting van die
gemeente Swellendam is die kerk ietwat nader gebring.
Toe die gemeente George in 1812 gestig is, het
die kerklike beskawingsinvloed met hierdie stap veel nader gekom en was dit
nie vir die byna onoorkomelike Outeniquaberge nie, sou Oudtshoorn byna
onmiddellik binne bereik van die kerklike voorregte geplaas gewees het. Vanaf
hierdie tyd het Oudtshoorn onder George geval en is daar vir die eerste keer ’n
kerkraadslid vir hierdie wyk gekies. Ds. T.J. Herold van George was dan ook die
eerste leraar wat hierdie streek bearbei het.
Namate die bevolking gegroei het, het die
behoefte aan ’n eie kerkgebou groter geword en is die eerste Godshuis aan die
onderpunt van die teenswoordige Georgeweg ingewy. Tot 1845 is die gemeente
Oudtshoorn deur die leraars van George bearbei, eers ds. Herold en later ds.
Johan Ballot. In daardie jaar is die gemeente Mosselbaai gestig en is ’n groot
deel van Oudtshoorn, om die een of ander onverklaarbare rede, kerklik sowel as
siviel onder Mosselbaai geplaas.
Hierdie afskeiding het ’n hewige stryd laat
ontbrand, nie alleen tussen die gemeentes van George en Mosselbaai nie, maar
ook by die inwoners van Oudtshoorn wat nie graag van George afgesny wou wees
nie. Die regstreekse uitvloeisel daarvan was die afstigting van die gemeente
Oudtshoorn op 11 Oktober 1853. Weens finansiële moeilikhede is die eerste
leraar, ds. Van der Riet, eers op 3 Mei 1857 bevestig. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-oudtshoorn/)
AANGENOMEN TE OUDTSHOORN OP DEN 5den
OCTOBER 1866 DOOR DEN WELEERW T. J. VAN DER RIET (Deel 47)
Willem Martinus Petrus VAN DER WESTHUYSEN,
*14 Jan 1841
https://johannclaassen.files.wordpress.com/2012/04/dscf8387.jpg