Hermanus Egbert Pieter was die seun van Daniel David Jacobus Roedolf van der Westhuizen en Elizabeth Huibrect Kotze.
Uit hulle pa se sterfkennis van 1885:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA
eGGSA library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West, WOLMARANSSTAD district, Rural (farm cemeteries) North West, WOLMARANSSTAD district, Syfergat 204, farm cemetery WESTHUIYSSEN Suzana Maria, van der nee ROSSOUW 1865-1894
President
Paul Kruger kom van Pretoria af met sy koets en na ’n besoek aan
Witpoort en Leeufontein word besluit om die dorp langs die Makwassiespruit
aan te lê. Dit was ’n besondere sentrale plek vir die gemeenskap wat
aan die transport- en poskoetsroete gelê het met volop standhoudende
waterkuile. Op 16 Februarie 1891 word hierdie droom bewaarheid. Die dorp
is na JMA Wolmarans vernoem. Hy was ’n broer van ADW
Wolmarans
en seun van FG Wolmarans. Dit was nou voor die hand liggend dat die
gestigte dorp nou ook op kerklike gebied erken moes word.
Die
bewoording van die proklamasie gedateer 16 Februarie 1891 het as volg gelui:
"Nademaal
de Hoogedelachtb. Volksraad in zijne zitting van den 19den Augustus
1884, bij art. 185, van de besluiten van dien datum zijne goedkeuring heefte
gehecht aan het stichten van een dorp, gelegen in Maquasi, district Potchefstroom.
Zoo is het, dat ik bij deze proclameer en bekend maak, dat, en wel op een
gedeelte van de plaatsen Rooderand en Vlakfontein een dorp is en zal zijn
onder de naam Wolmaransstad, en dat gemeld dorpsgrondgebied, onderworpen
zal zijn aan de administratie, controle en het bestuur van de Regeering der
Zuid-Afrikaansche Republiek en de administratie en het bestuur er van in
handen
zal gesteld worden van zoodanige ambtenaren als daartoe reeds aangesteld
zijn of hierna door de Regeering der Zuid-Afrikaansche Republiek zullen
worden aangesteld. God behoede land en Volk.
Gegeven
onder myne hand te Pretoria dezen lóden dag der maand Februarie
achtien
honderd een en negentig.
S.J.P.
Kruger,
Staatspresident.
Dr. J.
W. Leyds,
Staatssecretaris.
AFSTIGTING
Op 26
April 1892 vind die afstigting plaas te Welverdiend, die plaas van WC de Beer.
Hierdie eerste erediens van die gemeente is gehou in die waenhuis. Net die
fondamente van die geboutjie is egter nog staande. Dit is egter moeilik om te sê
van watter gemeente Wolmaransstad afgestig het, omdat daar nerens in die
notules van die Algemene Kerkvergadering of van die gemeente Wolmaransstad
daarna verwys word nie. Ongelukkig is die notules van die Kommissie
van die Algemene Kerkvergadering van 1879-1894 nie meer beskikbaar
nie. Daar is ’n sterk vermoede dat Wolmaransstad van Bosmansrust
(Witpoort) afgestig het, omdat van Wolmaransstad se gemeentelede onder andere
ouderling JG Waldeck, vroeër deur die gemeente Bosmansrust (Makwassie),
afgevaardig is na die Algemene Kerkvergadering van 26 Mei 1890 -
twee jaar voor die stigting van Wolmaransstad.
Daar was
min of meer dertig manslidmate teenwoordig by die afstigting (1892) van die
gemeente. Hierdie broeders was nie net van die huidige Wolmaransstad distrik
afkomstig gewees nie. So was Isak van Niekerk van Rietfontein, die latere
Kingswood, afkomstig. Cornelius en Adam Barnard het nog verder suid gewoon. Hulle was van Bloemhof afkomstig. Ouderling Nieuwoudt het op Makouwskop
gewoon. Dit was dus mense wat ver van Witpoort af gewoon het. As
in aanmerking geneem word dat hulle enigste vervoer ’n wa en osse was, was
die lang afstande ’n sterk faktor. Hierdie nuutgestigte gemeente sou in die
toekoms ook ’n geweldige gebied beslaan. Van die
min of meer dertig manslidmate teenwoordig, kan met sekerheid die volgende
genoem word:
GS
Nieuwoudt van Makouwskop, WC de Beer van Welverdiend, JG Waldeck van
Knapdaar, Jacobus de Beer van Wolmaransstad, Samuel de Beer van Wolmaransstad,
Marthinus de Beer van Bloubos, Gabriel Rossouw van Cyfergat,
Lukas Meyer van Voetpaddrift (oupa van ds LJ Meyer), Cornelius Barnard
van Rietpan, Adam Barnard van Rietpan, Izak van Niekerk van Rietfontein,
Cornelius Gregorius van Niekerk van Rietfontein (oupagrootjie van ds CJS
van Niekerk), Gert Pieter Jansen van Vuren van Welverdiend, Marthinus W
Koekemoer van Kameelbult, GJR Coertze van Lukaskraal.
Die
volgende persone was waarskynlik teenwoordig, omdat hulle onmiddellik na die
stigting van die gemeente op die voorgrond getree het:
Gert
Coetzee van Vlakpan, Andries van der Westhuizen van Bosplaas, Lag Manie le
Roux van Tweepan, Hans Steyn van Oshoek, Erasmus Botma van Makwassie,
Gert Visser van Kareefontein, Wessel Badenhorst van Rietpan, Manie
van der Westhuizen van Goedgedacht, PJ Geldenhuys van Bezuidenhoutskraal,
HJ Roodt van Bezuidenhoutskraal, Lou Badenhorst van Rietpan.
(https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)
eGGSA library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West, WOLMARANSSTAD district, Rural (farm cemeteries) North West, WOLMARANSSTAD district, Syfergat 204, farm cemetery WESTHUIYSSEN Suzana Maria, van der nee ROSSOUW 1865-1894
eGGSA
library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West,
WOLMARANSSTAD district, Rural (farm cemeteries) North West, WOLMARANSSTAD
district, Goedgedacht 197, farm cemetery WESTHUIZEN Hermanus Egbert Pieter, van
der 1866-1939