g.4. Daniel David Jacobus Roedolf VAN DER WESTHUIZEN, geb. 10/09/1837

g.4. Daniel David Jacobus Roedolf, geb. 10/09/1837, Prince Albert, Wes-Kaap, oorl. 09/09/1885, Holloways Rust, Bloemhof, Noord-Wes x 22/01/1860, Zeerust met Elizabeth Huybreg KOTZE, geb. 12/08/1843, ged. 25/12/1843, Beaufort-Wes, d.v. Hermanus Gysbertus (Egbert) Pieter Kotze en Hilletje Hendrika Maria van Zyl.  EHK xx 1890 Johannes Coetzee.

Daniel David Jacobus Roedolf was die seun van Johannes Daniël van der Westhuizen en Susara Marijna van der Westhuizen.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1852.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1883.

Sy naam kom nie voor in Elizabeth Jacoba Kotze se sterfkennis van 1898 nie.


Tussen die jare 1850 en 1860 het ’n boer, Daniël David Jacobus Rudolph van der Westhuizen, gebore 10 Septemer 1837, uit Prins Albert se wêreld weggetrek. Hy het gekom tot op die plaas Goedgedacht, Wolmaransstad, waar hy by ’n sekere Hans Coetzee, ’n oujongkêrel, woonplek gekry het.  Hy het hier gebly tot met sy dood op 9 September 1885.  Hy was getroud met Elizabeth Heibrecht Kotzee, gebore 12 Augustus 1843 en oorlede op 1 Desember 1902.

Na die afsterwe van Daniël is Elizabeth getroud met voornoemde Hans Coetzee.  Hy was die eienaar van die hele Goedgedacht, wat 4400 morge groot is.  Later het hy 2200 morge aan Zacharias de Beer verkoop “voor de somma van 200 egte ponden.”  Die ander 2200 morge het hy later bemaak aan die vier van der Westhuizen-kinders wat uit die huwelik van Daniël en Elizabeth gebore is.

Hierdie vier kinders bring 24 kinders voort wat almal in Wolmaransstad gebore en getoë is en van wie daar ncg steeds baie afstammelinge in die gemeente is. Nege afstammelinge van Daniël David Jacobus Rudolph en sy vrou Elizabeth het gedurende die eeu in die kerkraad gedien.  (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)


NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA