Johannes Andries was die seun van Hendrik Petrus van der Westhuizen en Beatrix Adriana Smit.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1905.
Die Kaapse Rebelle was manlike Britse onderdane wat
in die Kaapkolonie gewoon het, en saam met Transvaal en die Oranje-Vrystaat
tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902, wapens teen Groot-Brittanje
opgeneem het. Die Kaapse rebelle het in twee golwe by die Boeremagte
aangesluit: die eerste was ongeveer 10.000 met die uitbreek van die
oorlog en kom hoofsaaklik uit die distrikte langs die Oranje-Vrystaat. Die
tweede, veel kleiner golf van Kaapse rebelle van ongeveer 3,000 het vanaf
Desember 1900 by die Boeremagte aangesluit, waarvan sommige tydens genl. Jan
Smuts se inval in die noordweste van die Kaapkolonie in September 1901
aangesluit het. (https://en.wikipedia.org/wiki/Kaapse_Rebelle)
Die Kaapse rebelle het gedurende die oorlog
ernstige verliese aan eiendom gely, hoewel slegs 'n paar rebelle hul lewens in
die oorlog verloor het. Die presiese getal is onbekend, maar na raming is dit
nie meer as honderd
nie. (https://en.wikipedia.org/wiki/Kaapse_Rebelle)
Cape Rebels
Surname
|
VAN DER WESTHUIZEN
|
Name
|
JAN ANDRIES
|
Occupation
|
PLAASBOER
|
Trial Date
|
|
Address
|
RIETFONTEIN
|
District
|
|
Commando
|
|
Resources
|
|
Where Sentenced
|
|
Sentence
|
|
Ref ID
|
10539
|
Johannes Andries teken sy ma Beatrix Adriana se sterfkennis op 10/11/1905 Moosfontein, dist. Hay.