g.4. Hendrik Petrus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 10/04/1849, ged. 16/09/1849

g.4.  Hendrik Petrus (Johannes), geb. 10/04/1849, Modderfontein, dist. Beaufort-Wes, ged. 16/09/1849, oorl.  c. 1944, Windhoek, Namibië x 04/03/1867, Jacobsdal met Hendrina Wilhelmina SMIT, geb. c. 1852 xx 01/10/1869, Fraserburg met Beatrix Adriana SMIT, geb. 10/06/1855, oorl. 10/11/1905, Moosfontein, dist. Hay (Cancer & Consumption), d.v. Andries Stephanus Smit en Catharina Christina Immelman xxx 05/03/1906, Griekwastad met Jacomina Margaretha VAN WYK, geb. 19/03/1863, oorl. 19/03/1933, Kuruman,  d.v. Pieter Hendrik van Wyk en Anna Maria Visser. JMVW ook getroud met Pieter Johannes Christoffel Pieterse.

Hendrik Petrus was die seun van Hendrik Petrus van der Westhuizen en Jacoba Hendrika Smit.


DG:  Petrus Josephus Mattheus Spangenberg; Margaretha Wilhelmina Lategan; Izaak Petrus Jacobus van der Westhuizen; Maria Wilhelmina van der Westhuizen.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1907.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1909.

Op die doopinskrywing is sy name slegs Hendrik Petrus, maar in sy ouers se sterfrekords word sy name as Hendrik Petrus Johannes aangegee.  
Die plaas Modderfontein is in 1852 aan H.P.(sr) van der Westhuizen toegeken.  Die plaas Kalkwal grens daaraan.

Op 4 Maart 1867 trou die 18 jarige Hendrik Petrus, 'n veeboer van Modderfontein met die 15 jarige Hendrina Wilhelmina Smit van Kalkwal.  Hy hertrou met Beatrix Adriana Smit.

Gedurende die Anglo-boereoorlog was sy plase deur die Britte in beslag geneem omdat hy as 'n Boere simpatiseerder beskou was en hy is as 'n Kaapse Rebel bestempel.  Hy was daarvan beskuldig dat hy 'n ossewa met voorrade gesteel het en is as krimineel verklaar.  Hy het Suidwes-Afrika toe gevlug en het amnestie van Generaal Smuts gekry in 1914.  (https://www.geni.com/people/Hendrik-van-der-Westhuizen/6000000013795434695)

Beatrix Adriana sterf in 1905.  Beatrix Adriana het sewe kinders gehad.  Haar seun J. A. van der Westhuizen teken haar sterfkennis van 10/11/1905, Moosfontein, dist. Hay.

Hy hertrou met Jacomina Margaretha van Wyk op 5 Maart 1906.  Sy was afkomstig van die plaas Leeuwvlei in die Griekwastad omgewing. JMVW was eers met Pieter Johannes Christoffel Pieterse getroud.  Sy sterf in 1933.


eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, KURUMAN, Urban area Northern Cape, KURUMAN, Seodin, main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN van der Vanne WESTHUIZEN Jacomina Magrita, v.d. nee VAN WYK 1863-1933