Ignatius
Wilhelm Nel gebore op Willomore Kaap Kolonie 23 Januarie 1884 en gedoop 26
Oktober 1884 op Willowmore, seun van Gerrit Johannes Nel en Martha Susanna
Vermaak. Hy sterwe op die pad Murraysburg distrik Graaff-Reinet op skamele 17
jarige ouderdom gedood deur vuur peleton saam met Daniel Olwagen.
Die dag het
sekerlik goed begin totdat die kommando slaags geraak het met die britte by
Onbedacht en drie jong boer-seuns gevangene geneem is en deur die militere
hof-sitting op Graaff-Reinet tot die dood veroordeel is op 2 Augustus 1901.
Die
beskuldigings op die drie seuns was vir poging tot moord. Volgens ‘n getuie was
hulle deel van ‘n groep Boere wat op britse soldate geskiet het. Nel en Olwagen
sou gesamentelik gedood word die 26ste Augustus terwyl Hendrik van Vuuren (die
ander seun) na Colesberg gestuur word om daar tereg gestel te word. Twee dae
voor die teregstelling op Graaff-Reinet het die britse kommandant aanbeveel dat Ds Charles Daniel Murray van Petrusburg die seuns besoek en voorberei vir
die tyd wat wag.
Daniel Olwagen
was tot op daardie oomblik nog totaal onvoorbereid en heelwat tyd was deur die
nag spandeer, eers die oggend sou ‘n groot veranderring in Olwagen bespeur
word. Na ‘n lang bid sessie vind Olwagen berusting en vergifnis in homself.
Na die besoek
aan Olwagen gaan Murray na die sel van Ignatius Nel, hierdie fisieke jong man
was 6 voet lank afkomstig van die plaas Bulkraal in die Graaff-Reinet distrik.
Hy het pas 17 geword. Nel was ‘n vertraagde perde-wagter in die Scheepers
commando en hy was verbind met die Claasen teregstelling in Somerset-Oos die
vorige maand. Terwyl daar gebid was vir vergifnis was Nel steeds heeltemal
onbewus van dat die dood op hom wag. Murray het opgelet dat sy gesig die was
van ‘n jong kind, Nel kon nie verstaan waarom hy weg van sy vriende geneem was
nie.
Uit die woorde van Murray:
“Good
evening, Nel”
“Sir, why
have they locked me up all alone in here?”
“Friend, do
you not know why you have been locked up in here?”
“ No, Sir, I
do not know what I have done!”
“Where were
you this afternoon?”
“On the
church square, Sir.”
“What did
they do to you there?”
“Sir, they
surrounded me with troops and took my hat off and read something in English and
I do not know what they read.”
“Did they not
interpret it?”
“No they just
took me away and lock me up all alone in here?”
“Unbelievable,
can you imagine that! This boy did not know that he was sentenced to death! He
was aghast and shattered when I had to tell him that he had to die on Monday!”
“What, Sir?
To be shot? What did I do? I have never held a gun in my hand! I was a horse
guard for a month with the commando, I never had a gun in my hand! Sir, I can
swear before God and all my friends know that.”
Hoewel Nel
maar weinig van God geweet het was hy uiteidelik meer rustig en versekerd teen
die tyd van die laaste dag en het hy selfs met ‘n glimlag die wagte bedank toe
die boeie aan gesit is. Toe Danie Olwagen en Naas Nel in die ambulans wa klim
het hulle mekaar met glinsterrende oë gegroet. Die wa was deur gewapende wagte
vergesel en op die Murraysburg pad gelei en van daar aanbeweeg deur die Van
Reynsveld pas verby die doringbome na ‘n plek genaamd De Krans. Murray het ‘n
kort tydjie spandeer met hulle in gebed waarna hulle uitmekaar is na ferm
handskud.
“Now,
farewell, I bid you” het Murray gesê.
“No, Sir, not
farewell, but until we meet again” het Olwagen terug geantwoord.
Op die rant
van die oop grafte was beide aan stoele vas gebind. ‘n Getal van twintig
‘Coldstream guards’ het posisie ingeneem voor die twee seuns, oomblikke na die
bevel “skiet” het die mediese offisier hulle dood verklaar.
Beide Olwagen en Nel is later her-begrawe in die ou Graaff-Reinet begrafplaas en hul name verskyn op die Burger monument in Donkin straat. (Marco Nel)