i.1. Nicolaas VON WIELLIGH, geb. 1936

i.1.  Nicolaas, geb. 1936 x 12/12/1960 met Mercy Lydia VOSLOO, geb. 1939, Springs. Onderwyseres

Nicolaas was die seun van Nicolaas Quartus von Wielligh en Maria Eliza Beytell.

Nic

Nic von Wielligh is in 1936 op Springs gebore. Hy matrikuleer in 1953 aan die Hoërskool John Vorster, Nigel, en verwerf die grade BSc in Fisika en Chemie (1956), MSc(1958) en DSc in Kern/Atoomfisika (1963) aan die Universiteit van Pretoria. Hierná word hy hoof van die Departement Fisika aan die Universiteit van Durban-Westville en later hoofwetenskaplike by die SABS.  In 1975 begin sy loopbaan by die Uraanverrykingskorporasie (UKOR) en sedert 1985 vul hy ’n bestuurspos by die Atoomenergiekorporasie van Suid-Afrika (AEK) op  Pelindaba vir 24 jaar.

Ná Suid-Afrika se toetrede in 1991 tot die Kernsperverdrag is Von Wielligh verantwoordelik vir die implementering van IAEA-waarborge in Suid-Afrika. In 1999 word hy raadgewer en tegniese adviseur by die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk. Hy dien daar in die IAEA se advieskomitee oor kernkrag en waarborge, en plaaslik adviseer hy staatsdepartemente oor hierdie en ander sake. Von Wielligh is die skrywer van verskeie internasionale wetenskaplike publikasies.  (http://litera.co.za/nicolaas-von-wielligh/)
(http://webhosting.web.com/imagelib/sitebuilder/misc/show_image.html?linkedwidth=actual&linkpath=http://www.lavonn.net/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/Ouklaas/die-bom2.jpg&target=tlx_picanxz)

(http://webhosting.web.com/imagelib/sitebuilder/misc/show_image.html?linkedwidth=560&linkpath=http://www.lavonn.net/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/Ouklaas/Die-BOM.jpg&target=tlx_picg1su)

Na sy aftrede aanvaar hy  ‘n pos as Raad (Councellor) by die SA Ambassade in Wene vir skakeling met die IAEA.