Johannes Lodewickus was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Hattingh.
Uit hulle ma se sterfkennis van 1947:
Klasie en Bettie met Quartus en Wikus
Foto: (http://www.lavonn.net/id26.html)
FAMILYSEARCH
Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:
Ek het “JL” in die begin amper nooit gesien nie, en nie geweet wie hy was nie. Hy het met “JL” Louw van Heerden in Johannesburg saamgewerk. Hulle het die eerste geraamde kleurfoto’s in Suid-Afrika gemaak en versprei. Hulle het pragtige, fyn houtrame met borrelglas gemaak wat die indruk van diepte verleen het. Die prente en skilderye was eintlik swart-en-wit foto’s wat die kunstenaars met verfkwasse bekleur het wat dit 'n uitgewaste voorkoms gegee. Dit was goeie materiaal en hierdie skilderye moet seker vandag nog bestaan.
Die eintlike besigheid met die portrette was dat jy ’n familieportret kon verskaf en dan het hulle dit vergroot, ingekleur en in unieke rame geplaas. As jy blykbaar ’n groot genoeg bestelling geplaas het, kon jy ’n portret met ’n natuurtoneel as ’n bonus kry. Ek kan goed onthou dat jou pa dikwels by ons aangekom het met sy kar volgelaai met die portrette in smal kartondose verpak. Louw van Heerden was blykbaar ’n ryk man. Ons was eenkeer in Johannesburg by hom aan huis en ek kan onthou dit was ’n groot, deftige dubbelverdiepinghuis.
“JL” het gewoonlik laat in die nag teruggekom, seker maar Vrydagnag, met die vreemdste karre. Een het met houtgas geloop, en daar was later die wynrooi Pontiac wat hy op die plaas vir Sannie laat staan het. Hy het altyd ‘n hele paar doodgeryde wilde hase teruggebring, wat hy so stop-stop opgelaai het. Dit was "vars vleis vir die volk." En Pa het hard gefluit. Petrus se roep “yebo” het gekom en dan was hy al op pad. Almal het deur middel van fluitery gekomunikeer om mekaar te roep.
"JL" die Friesboer met die Wic alfa-stoet
Die
melkery - pa se droom wat saam met Vonnie grootgeword het. Met al Pa se hardegatgeit het hy ook sy
ideale gehad wat hy nooit werklik gedeel het nie. (Lonely Buffalo). Ek en hy het altyd gepraat van die uitgestote
Buffel bul.
Daar
was altyd die lekkerste kos - veral toe die ander vrou opgedaag het. Stiefma
Susanna Johanna Boshoff. Sannie het van
'n groot familie naby Nylstroom gekom. Niemand kon lekkerder koeksisters maak
as sy in daardie kontrei nie. Daar was 'n klomp outjies op hulle plaas en hulle
het almal skaak gespeel. My ma het my mos ook geleer speel. Ek het dikwels op
Goedehoop skaak gespeel. Sy kon dit nie verdra as ek haar wen nie, dan sou sy
kul en die spelers skuif. Ek het maar gemaak asof ek niks agterkom nie, want
anders sou sy ophou speel. In daardie jare het hulle ook Ludo gespeel. Ouma het
towerwoorde met die dobbelsteen gepraat, en
agelaaim magelaaim – ses gesê. En dit kom dan ook op ‘n ses uit. Ouma
Bettie het nooit verloor nie.
In
die tyd dat hulle die oorlogskrygsgevangenes verwag het, het Oupa, Petrus en
Boeta gou ‘n rondawel gebou met vragte klip van die kwarrie en dagga van die
Swartland. In die oorlogsjare kon mens byvoorbeel nie kalk, sement of spykers
in die hande kry nie. Hulle het die dak van besemgras gemaak wat in die vlei
gegroei het. Die rondawel was my wegkruipplek. Lank na die Italianers al weg
is, het dit die plek geword waar die melk van die room geskei is.
'n laat kalfie in die winter word hand gevoer
Ook
in hierdie tyd het JL al die vee verkoop om die John Deere te bekom. Hy het
Abraham in een dag leer bestuur. Abraham was mos 'n kaffer van die noorde wat
die Jood aan Pa verkoop het. Hy het dertig jaar op Goedehoop gewerk. Ek het hom
laas gesien met ‘n wit kop, nog altyd met ‘n glimlag op die gesig. "My
kleinbasie Vonnie," het hy my genoem. Hoe wens ek vandag ek kon hom 'n
drukgroet gee – ek is steeds dankbaar vir sy geduld om my alles oor die trekker
te geleer het.
Ons het vier saailande gehad: die sandland, die oorkantste
vaalland, die land by die grafte, en die Swartland, wat swart kleimodder gehad
het. Wanneer die modder uitgedroog het, het dit kliphard geword, die grond het
oopgebars en die gras het gevrek. Die Swartland was op ‘n hoogte wat afloop
vleie toe. Die vleie was begroei met harde graspolle wat eilande met modderige
paadjies gevorm het. Dit was mos die oog
van die water en mag nie verstoor word nie. Jare later het ek die wilgerbome
daar geplant.
Ongeveer
in hierdie tyd het ek en ma Sannie 'n ooreenkoms aangegaan. Ek het bene
bymekaar gemaak en sy het dit ingeneem dorp toe, na Bethal. om aan die slagter
te verkoop. Met die geld het ons 'n bokskamera gekoop om foto’s mee te neem.
Ma
San was werklik baie eensaam met al Lonely Buffalo se buie. Ouma Bettie se raad het haar deur
moeilike tye gehelp. Ma San kon geen
vroumens in die seuns se lewens duld nie, altyd fout gevind of beledigend.
Ek
was die eienaar van n Disko-Drinkplek, asook 2kaffer taxis, en kon beweeg soos
ek wou. Vrydag vroeg het ek Pa by die woonstel gaan haal vir shopping en om sy
medisyne te gaan haal. Na die medisyne was hy baie moeg en sê vir my hy is lus
vir n vars brood. Terwyl ek die brood gaan koop het hy in die bakkie gewag. Ons
is in n baie gesellige luim uitmekaar. Nadat ek hom afgelaai het is ek
bottelstoor toe om vooraad vir die Disko te koop. Om 16h10 terwyl ek die
vooraad aflaai, het Ma San my gebel met die nuus dat Pa ‘n aanval gekry het, hy
het op die bed gaan sit en stadig afgegly. Ambulans en Dr is gereël. Ek het nie
besef Kroonstad se Hospitaal is so kruppel nie, want die aand het hy by my
gekla dat hulle hom laat val het, reg genoeg hy was baie rusteloos. Toe eers
sit hulle tralies om die bed. Saterdag was sy agteruitgang erg en ek het geweet
die einde is op hande. Sondag was Hen en ander by hom maar hy het hulle nie
erken nie. Maandag oggend 10h was ek op pad na hom toe Ma my bel en meedeel dat
Lonely Buffalo nie meer met ons is nie. Ek was baie hartseer maar miskien nie
soveel as toe Oupa Klasie oorlede is nie.
‘n Dag na sy begrafnis het ek my skeisaak met Wilna na die prokureur
geneem. Hy wou dit nooit goedkeur nie.
Soms
wonder ek of ek nie meer vir my ouers kon doen het. Op my manier het ek altyd
my beste gedoen. Ma San was baie eensaam en so herderloos. My belofte was dat
ek haar sal haal sodra ek vastigheid ervaar. Sy het nooit grudges gedra nie en
moes altyd Lonely Buffalo se bedonderdheid en buie trotseer. Op die end van die
dag was sy sy dryffeer. Ek glo Ouma Bettie het n groot invloed op haar
sienswyses gehad. Sy het haar baie aangehaal.
Heroman
is opgekommandeer (Dit was Ma San se idee) om Lonely Buffalo se boerdery
belange na sy skielike ineen- storting (stroke) te hanteer. Nie dat ek omgegee
het nie. Ek het besef daar sou nie n ruim vergoeding wees, soos ek aangewoond
was nie. Ongeag van alles was ek gelukkig. Lonely Buffalo was nie werklik n
teeler nie. Dit was Hiemstra voor en agter selfs die Hollanders het hulle gate
gesien want die wêreld soek nie meer hulle BOTTERPROPPE nie. Met ons besoek aan
Holland in 1970 het ek vir Pa gesê en gewys dat hulle diere swakker as ons
diere is. Dieselfde aantekening het hy aangebring in sy nota boek maar hy het
volhard dat ons uit hulle top diere moet aankoop. Hy het baie ingemeng met my
teelprogram. Op my stil manier het ek my eie ding begin doen. Wanneer hy my
teeling be-oordeel, dit het snaaks genoeg sy bewondering geeis, was sy
komentaar dis n vloekskoot en Hiemstra het gesê dis basterkrag. Soos ek egter
met die Amerikaanse Holsteins volhard het het die kudde verbeter.
In
Bronkhorstspruit het ek Adversity begin groet en Prosperity verwelkom. Ons het
Ma San gaan haal. Vir haar is ‘n woonstel in die huis ingerig met ‘n eie
badkamer en kombuis. Sy het verkies om by ons te bak en brou en saam te eet.
Perskes ingelê van ons eie bome. Ek het haar telkemale gewaarsku om haar nie so
rats te hou nie, want indien sy ‘n been so breek dit haar einde sal beteken.
Die nag het sy die TV gaan afsit en met die omdraai geval en haar heup gebreek.
Omdat ek soggens baie vroeg bedrywig raak het ons haar eers 10h op die
kamervloer gekry.
Sy is Dr en hospital toe, hulle was baie negatief. Later het
sy met ‘n rolstoel oor die weg gekom, ook by Marize se troue. Die heup het
nooit aangegroei nie. Ek het n heeltydse ousie gehuur om haar op te pas. Ook
vir Magareth betaal om te help. Ons het haar gereeld na H.F.Verwoerd in Pta
geneem. Hulle het vir haar n stut gemaak wat sy later weggegooi het, want
dit het haar seergemaak. Na 18mnde het
sy weer ‘n beroerte aanval gekry, maar haar brein was nog baie helder en sy is
ontslaan. Ek kry toe vir haar plek in die sorg-sentrum vir Bejaardes. Met haar
inboek was sy nog helder en vol grappe, net baie pyn gehad. Die aand met
besoektyd kon sy nie behoorlik praat nie en vertel ons dat hulle haar laat
stort het en toe laat val. Ek was boos want die instansie kos ‘n fortuin en
hulle behandel die pasiente sleg. Daarna het sy net gestaar, soms ‘n smile
gehad. Drie maande later is sy oorlede. Die aand het iets my gejaag ek is na
haar toe gegroet en na die kantoor toe om uit te vind of die Dr haar die
medikasie gegee het wat ek versoek het. Terug in haar kamer het sy baie rustig
geslaap en ek wou haar nie steur nie het net haar hand gevat en nag gesê. Op
pad huistoe, 5min later het hulle my laat weet Ma San het gesterf. Die laaste 2
jaar het sy baie gely en was afhanklik van pynpille. (http://www.lavonn.net)