Louis was die seun van Louis Johannes Nel en Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph.
Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH
Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH
Na
Louis Johannes Nel se dood, het sy twee oudste seuns, Gert en Louis, tot by
Pongola met die vee getrek. Gert Nel koop hierna die plaas Witbank, naby
Breyten, wat op 22 Mei 1880 op sy naam geregistreer is. Gedurende
hierdie tydperk koop Louis Nel en Andries Nel die aangrensende plaas
Bankfontein wat op 29 Desember 1879 op hul naam geregistreer is. Hierna het
elke broer op hul eie verder geboer. Die Nels kon nie meer Swazigebied binne gaan nie. Teen
hierdie tyd is goud ook in 1882 naby die huidige Kaapsche Hoop gevind en in
dieselfde jaar goud in die Kaapvallei en in 1883 op Moodies, wes van die
huidige Barberton. Die Nels kon dus nie meer suid of Noord van Nelsberg trek
nie en het in die rigting van die Krokodilpoortberge, in die ooste, gekyk. Hier
was geen mense of prospekteerders nie. V anaf 1883 het die Nels, en ander lede
van die familie, met hul vee na die Laeveld begin trek op soek na
winterweiding. Hulle is oor Jambila die berg af en dan deur die
vallei tot by Hilltop. Die trek van die Hoëveld na die Laeveld het sowat drie
weke geneem. Die Nels het vir 13 jaar, vanaf 1883 tot 1896, die Laeveld gereeld
besoek. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
(Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die grond wat hulle eers
gebruik en later van die regering, vanaf 1890 gehuur het, het van Hilltop tot
by Kaapmuiden gestrek en was ongeveer 26 000 morg (22300 ha) groot. Die
noordelike grens was die Krokodilrivier en die suidelike grens die suidelike
Krokodilpoortberge. Andries Nel het gewoonlik naby Renosterkop gekamp, terwyl
Louis Nel sy veekrale gemaak het waar die Jeugsemtrum in Nelspruit tans gegee
is. Gert Nel het soms in die omgewing van Krokodilpoort op die platorand,
buite tsetsevlieg-gebied, gekamp. Die drie broers het binne loopafstand van
mekaar gebly.
Louis Nel, was onder die Swartes as lsithunzi' bekend, omdat hy
'n groot man was en 'n `groot skaduwee' gemaak het. Hy was ook tydens die
oorlog in die veld. Hy het altyd 'n swart agterryertjie, met 'n vars perd, saam
met hom geneem. Weens sy groot liggaamsbou het die perde gou moeg geword en het
hy hulle gereeld omgeruil. Sy vrou
Hessie het op die plaas gebly en in 'n grot langs die spruit weggekruip. Die
Engelse het haar wegkruipplek ontdek, al die besittings verbrand, breekgoed
stukkend gegooi en haar en die kinders na die konsentrasiekamp naby Bronkhorstspruit gestuur. Louis Nel is op die
Hoëveld gevang en na Ceylon (Sri Lanka) gestuur.
Anglo boere-oorlog:
Anglo boere-oorlog:
Surname
|
NEL
|
Name
|
LOUIS
|
Age
|
55
|
Address
|
BANKFONTEIN
|
District
|
ERMELO
|
Where Captured
|
ROTTERDAM
|
When Captured
|
1901/12/10
|
Camp
|
Onbekend
|
Country
|
BERMUDA
|
Ship (To)
|
Onbekend
|
Ship (Back)
|
|
Number
|
26097
|
Ref ID
|
25177
|
|
Na die oorlog is daar met gemengde gevoelens na die plase teruggekeer. Die huise is afgebrand en die diere almal gedood. Vir die eerste paar maande moes daar in tente gewoon word. Louis Nel het hulp by familie in Natal gaan soek. Sy neef, Adriaan Nel, wat naby Greytown gewoon het, het hom aanteelbeeste gegee om weer 'n begin te maak.

Na die stigting van die Kerk onder die Kruis op
die plaas Witbank, het Louis Nel op die plaas Avondale, naby Chrissiesmeer,
gaan woon. Sy gedeelte van die plaas Bankfontein het vir sy familie te klein
geword en het die plaas aan 'n sekere Barlowitz verkoop. Met die griepepidemie
van 1918 het hy ernstig siek geword, waarvan hy nie kon herstel nie, en is op
21 September 1919 oorlede en op die plaas Avondale begrawe.
FAMILYSEARCH
FAMILYSEARCH