g.3. Gerhardus Jacobus Rudolph (Gert), geb. 23/06/1844, Umvoti Natal skaapboer oorl. 15/10/1932, Carolina x 26/07/1869, Utrecht, Natal met Maria Frederika Magdalena COMBRINK, geb. 27/07/1853, oorl. 07/05/1876, Kroghoogte d.v. Jan Hendrik Combrink en Maria Elizabeth Magdalena van Rooyen xx 08/04/1877, Wakkerstroom Tvl. met Christina Catharina MALAN, ged. 05/03/1860, oorl. 19/02/1917, d.v. Jacob Jacobus Malan en Maria Elizabeth Schutte xxx 13/11/1917, Carolina, Tvl met Carolina met Johanna Christina DU PLOOY, geb. 17/04/1855, Waterval, Lydenburg, oorl. 25/06/1933, Carolina, Tvl., d.v. Cornelis Michiel du Plooy en Johanna Christina de Clercq. Wed Jacob de Clercq.
Gerhardus Jacobus Rudolph was die seun van Louis Johannes Nel en Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph.
Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH
Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH
NEL Lowies Johannes, gebore 1821 en Francina RUDOLPH, getroud circa 1840. From the National Cultural History Museum, Pretoria, with thanks to Annelie Els the photographer. (http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1472985)
(https://www.geni.com/people/Gerhardus-Jacobus-Rudolph-Nel-b1c3d4e1f6g3/6000000012587387774)
Na Louis Johannes Nel se dood, het sy twee oudste seuns, Gert en Louis, tot by Pongola met die vee getrek. Van Pongola af het die Nels deur Swaziland getrek en het hulle vir Koning Mswati II (1845-1865) goed geken. Die koning was onder die Nels as Uinswaas bekend. Mswati het glo aan Gert Nel gesê om vir horn 'n plaas in Swaziland te kom uitsoek, wat Gert egter van die hand gewys het. Op daardie stadium was Mswati II wel bekend in Suidelike Afrika en sy magte het verwoesting onder die stamme noord van Swaziland gesaai. Mswati se magte is egter in 1865 by Mariepskop, in die Blyderiviervallei, vernietig en was hy verplig om gif te drink, aangesien die voorvader geeste hom glo verlaat het. Die Nels het deur Swaziland tot by Marthinus Wesselstroom (Wakkerstroom) getrek. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
(Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die plase Goedehoop en Doornhoek is ingevolge die bepalings van die boedel van Louis Johannes Nel op 22 Junie 1869 soos volg bemaak: Goedehoop, van 2820 morg, is in gelyke dele bemaak aan Gerhardus (Gert) Jacobus Rudolph Nel , Johannes Gerhardus Potgieter, getroud met Gezina Maria Nel, Johannes Cornelis Vennaak, getroud met Johanna Magdalena Susanna Nel en Nikolaas Jakobus Vermaak, getroud met Magdalena Sofia Elizabeth Nel. Gert Nel het op 6 Mei 1892 Johannes Gerhardus Potgieter se deel uitgekoop en op 8 Maart 1894 ook die van Johannes Cornelis Vermaak. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Dit is egter nie lank hiema nie dat die hele familie na Marthinus Wesselstroom verhuis het. Hier is Gert Nel op 25 jarige ouderdom, in 1869, met Maria Frederick Magdalena Combrink getroud en sy seun, Louis Johannes (Swart Lewies) op 23 Julie 1870 gebore. Gert Nel het die plaas Krogshoop, in die huidige distrik Ermelo, van Arthur H Walker vir £160 gekoop en het die familie daarheen verhuis. Hierdie plaas is op 19 Mei 1874 op Gert Nel se naam geregistreer. Gert se vrou is op 7 Mei 1876 op Krogshoop oorlede en op die plaas begrawe.
Daarna is Gert Nel op 8 April 1877 met Christina Catharina Malan getroud. Haar vader, Jacob Malan, van die plaas Waterval naby Lydenburg, was 'n gesiene inwoner, verskeie kere tot Volksraadslid verkies en het op die Heemraad gedien. Die huis op Krogshoop het in latere jare in die familie as `Oude Werf' bekend gestaan. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gert Nel koop hierna die plaas Witbank, naby Breyten, wat op 22 Mei 1880 op sy naam geregistreer is. Gedurende hierdie tydperk koop Louis Nel en Andries Nel die aangrensende plaas Bankfontein wat op 29 Desember 1879 op hul naam geregistreer is. Hierna het elke broer op hul eie verder geboer. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die Nel-familie was veeboere en soos die vee
vermeerder het, was dit ook nodig om meer weivelde te bekom. Gert Nel het
tussen twee en drie duisend skape en vier honderd beeste besit. Gedurende die wintermaande
is na laerliggende gebiede getrek. Die trek het gewoonlik tussen Maart en April
van die plase Withal en Bankfontein begin. Daarna is op
verskeie plekke uitgespan — by Swartwater, Wonderfontein, Jafta se kraal en
Rooihoogte, net voordat die platorand bereik is. Daarna was dit by Spookkraaltjies,
net onder Rooihoogte, Buffelspruit, Silwerkop — en Bakoond, op die plaas van
J C Breytenbach. Dit is so genoem omdat hier 'n bakoond gestaan het en wat deur
veeboere, asook transportryers, gebruik is om brood in te bak. Daarna is by Kallerhok uitgespan — dit is die
naam van die lopie waar daar vroeer 'n kalwerhok was en veeboere het hier die
geleentheid gehad om die kalwers van die koeie te skei, sodat daar gemelk kon
word. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die roete is verder verby
Koppie Alleen, naby Badplaas, tot by Komatibad (Badplaas). Hier is gewoonlik
skaap geslag, die kop en pootjies in die warm water gekrap, en 'n bietjie
gekuier om die rumatiek in die bronwater uit te sweet. Daar is ook by Pottekook,
net oor die bultjie, uitgespan. Dit is die gepaste naam van veeboere aan die
klein draaikolke in die Klein-Buffelspruit, ongeveer 1200 meter van die oog af. Daarna is verder getrek
deur Seekoeispruit, Kees syn Dooms, die eiendom van die `Tarentaal' van der
Merwes. Tant Pop Tarentaal was in latere jare 'n baie bekende by Badplaas en
moes toesien dat mans en vrouens afsonderlik bad. En dan Komatirivier. Hier het
Andries van Kraayenburg die Nels gewoonlik deur die Komatirivier gehelp. 'n
Span donkies is voor die wa ingespan en die osse voor die donkies om sodoende
die waens deur die rivier te kry. Indien die rivier in vloed was, het die trek
soms hier tot 'n week en selfs langer vertoef om hout voetbruggies oor die
rivier te bou vir die skape. Hierdie gebruik is vir baie jare gevolg totdat die
nasionale pad tussen die Rand en Komatipoort, oor Carolina, tussen 1923 en 1929
gemaak en 'n brug oor die Komatirivier gebou is. Daarna is die trek verder tot by Swartrand. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Net voor die plaas Goedehoop, aan die
voet van Nelsberg bereik is, is daar nog vir oulaas by Gladdespruit en
Klipplaatdrif uitgespan, waarna elkeen koers gekies het. Indien die weivelde op
Doornhoek en Goedehoop swak was, is hulle Nelsberg uit. Hier is twee spanne
osse voor elke wa ingespan om die berg uit te kom en bo langs die Queensrivier se bolope gekamp. Almal het naby mekaar gebly en na die winter weer bymekaar
aangesluit vir die trek terug na die Hoëveld. Weens
malaria het die Nels die Laeveld vermy. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Voor 1880 is van Nelsberg
in 'n suidelike rigting, al op die platorand of deur Komativlakte, na die
huidige Pigg's Peak in Swaziland, getrek. Goud is gedurende Mei 1880 deur
Thomas McLachlan en sy vennoot Walter Carter by die Phophonyane vale, net noord van Pigg's Peak, ontdek. Hulle het 'n konsessie van die Swazi
koning gekry om noord van die Komatirivier te prospekteer en hier het hulle
tekens van goud gevind. Toe dit onder prospekteerders bekend word, het ander
soos William Pigg, G T Eckersley, J McDonald en D Wright, na die gebied
gestroom. Pigg het goud op 'Devil's Reef ontdek, wat later bekend geword het as
Pigg's Peak. James en David Forbes het in 1882 goud in die Ngwenya en Silotfwaneberge,
later bekend as 'Forbes Reef', ontdek. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Hierdie ontdekkings het 'n weerklank op die
politieke terrein gehad en tydens die Pretoria Konvensie van 1881 is 'n
kommissie aangestel om die Swaziland/Transvaal grens te bepaal. Brittanje het
ook 'n kommissie aangestel om die voorwaardes vir die onafhanklikheid van die
Transvaal te bepaal en het opdrag gegee dat Swaziland onafhanklik moet wees.
Daar is ooreengekom dat Transvaalse kommissarisse op die grens aanstel word om
te voorkom dat veeboere oorgaan en die Britte het in Swaziland kommissarisse
aangestel om te verseker dat Swazis nie die Transvaalse gebied binnedring nie. Weens
hierdie verwikkelinge kon die Nels the meer Swazigebied binne gaan nie. Teen
hierdie tyd is goud ook in 1882 naby die huidige Kaapsche Hoop gevind en in
dieselfde jaar goud in die Kaapvallei en in 1883 op Moodies, wes van die
huidige Barberton. Die Nels kon dus nie meer suid of Noord van Nelsberg trek
nie en het in die rigting van die Krokodilpoortberge, in die ooste, gekyk. Hier
was geen mense of prospekteerders nie. Vanaf 1883 het die Nels, en ander lede
van die familie, met hul vee na die Laeveld begin trek op soek na
winterweiding. Hulle is oor Jambila die berg af en dan deur die vallei tot by Hilltop. Die trek van die Hoëveld na die Laeveld het sowat drie weke geneem. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Nelspruit
het sy ontstaan aan die Oosterspoor te danke en die naam aan die drie
Nel-broers Gert, Louis en Andries. Hulle was skaapboere wat jaarliks, vanaf
1883 tot 1896, van die plase Witbank en Bankfontein, geleë in die distrikte van
Ermelo en Carolina, vir winterweiding met hul vee na die Laeveld getrek het. Die gronde,
ongeveer 22300 hektaar groot, wat hulle aanvanklik gebruik en later (1890) van
die regering gehuur het, het gestrek van Hilltop, suid van Nelspruit, tot by
Kaapmuiden. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die Laeveld was vir die transportryers gevreesde gebied, weens die tsetsevlieg, wat die trekdiere aangeval het, en die malaria muskiet, wat verwoesting gesaai het. Gedurende die 1870's is geagiteer vir 'n spoorlyn van Delagoabaai tot aan die voet van die Drakensberge. Die Eerste Vryheidsoorlog (1880/1) het hierdie planne vertraag, maar President Paul Kruger het die planne verder gevoer nadat die Transvaal weer in 1881 onafhanklik geword het.
Die spoorlyn sou in twee stadiums gebou word. Die eerste gedeelte vanaf Komatipoort tot aan die voet van die Drakensberg, vanwaar goedere verder veilig per ossewa vervoer kon word. Dit was buite die tsetsegebied en vry van malaria. Sodra verdere fondse bekom kon word sou die tweede gedeelte vandaar tot Pretoria gebou word. Gedurende April en Mei 1884 het spoorwegingenieurs 'n opname van die
roete gemaak vir die bou van die Oosterspoor. Die Nels was reeds in die kontrei
met hul vee toe die ingenieurs daar aankom. Op daardie stadium was die
tsetsevlieg nog 'n wesenlike gevaar vir trekdiere, en hul verbasing was groot om die Nels met hul beeste en skape, in sogenaamde tsetsegebied te vind. Nadat die Nels hulle die versekering gegee het dat die tsetsevlieg slegs oos
van Kaapmuiden in die laerliggende gebiede gevind word, het die ingenieurs die
spruit net wes van die huidige Hoërskool Nelspruit, waar hulle die Nels gevind
het, as Net's Spruit op hul kaarte
aangeteken. Die ingenieurs het 'n aanbeveling
aan die regering gemaak dat die eindpunt van die eerste gedeelte van die
Oosterspoor tot by die Nel's Spruit gemaak
word. Op 12 en 13 Augustus 1884 het die regering 'n spoorwegkommissie aangestel
om die verslag te ondersoek en aan die Volksraad te rapporteer. Die kommissie
het dadelik aan die werk gespring en op 23 Augustus 1884 hul verslag aan die
Volksraad voorgelê. Die Volksraad het op
dieselfde dag besluit dat die kommissie se verslag, tesame met bylaes, wat die
konsep-ooreenkoms van die Nederlandsche ZuidAfrikaansche Spoorwegmaatskappij
(ZASM) insluit, in die Staatskoerant gepubliseer word en dat dit ook vir
algemene inligting in pamfletvorm beskikbaar gestel word. Die verslag is in
Staats Courant No 185 van 28 Augustus 1884 gepubliseer. Met hierdie publikasie
is Nelspruit amptelik benaam en 28 Augustus 1884 is dus die dorp se
stigtingsdatum.
(Borman,
Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die Nelspruitse stasieterrein en dorpsgronde is
in 1889 opgemeet. Die Regering het ook besluit om grond vir 'n tydperk van 21
jaar te verhuur en teen 1890 is die eerste veiling van plase om Nelspruit te
huur aangebied. Gert Nel het 'n plaas van 8 500 ha, wat van Hilltop tot
Krokodilpoort gestrek het, teen R140 per jaar gehuur, maar nooit 'n woning hier opgerig
nie. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die grond wat die Nels eers
gebruik en later van die regering, vanaf 1890 gehuur het, het van Hilltop tot
by Kaapmuiden gestrek en was ongeveer 26 000 morg (22300 ha) groot. Die
noordelike grens was die Krokodilrivier en die suidelike grens die suidelike
Krokodilpoortberge. Andries Nel het gewoonlik naby Renosterkop gekamp, terwyl
Louis Nel sy veekrale gemaak het waar die Jeugsentrum in Nelspruit tans gegee
is. Gert Nel het soms in die omgewing van Krokodilpoort op die platorand,
buite tsetsevlieg-gebied, gekamp. Die drie broers het binne loopafstand van
mekaar gebly. Die Vermaaks, wat ook hierdie jaarlikse trekke meegemaak het, het
gekamp waar die huidige Rob Ferreira hospitaal in Nelspruit tans opgerig is. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Die Nels het hul jaarlikse besoeke aan die Laeveld in 1896 gestaak toe 'n runderpes-epidemie die suidelike punt van Afrika getref en meeste van die trekvee uitgewis het. Voordat hulle van hierdie ramp kon herstel, het die SuidAfrikaanse Oorlog (1899-1902) uitgebreek. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gert Nel het nie aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem the.
Hy was toe reeds 55 jaar oud en 'n ongesonde persoon. Hy en sy seun Jacobus
Andries Nel het op die Hoëveld met die vee rondgetrek om
sodoende uit die Engelse se pad te bly. Voordat hulle die plaas verlaat het, is al die meubels, wat
nie saamgeneem kon word nie, in 'n grot in die sandbanke langs die Komatirivier
versteek. 'n Ontroue beeswagter het die een wegsteekplek gaan uitwys en die
Engelse het al die meubels vernietig. 'n Paar meubels, waaronder 'n
huisorrel, was in 'n ander grot versteek en is ongeskonde gevind. Gert Nel en sy seun is
egter gevange geneem, nadat hul posisie deur 'n boer verraai is, na Carolina
geneem en vandaar na Delagoabaai gestuur. Die Boere het besluit dat sodra hulle
Delagoabaai verlaat, hulle die Transvaalse Volkslied gaan sing. Almal is in die
ruim van die boot gelaai en met die geskominel van die boot het die een na die
ander naar begin word. Teen die tyd dat die boot na India vertrek het, was
almal naar en is die volkslied nooit gesing nie. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gert en sy seun is in
dieselfde kamp geplaas. Die jong seuns was vol kattekwaad en om van hul
opgehoopte energie ontslae te raak moes hulle oefening doen. Soms moes hulle
in die berge gaan marsjeer, met 'n soldaat voor en een agter. Soos die berg bestyg is, het dit meer bebos geraak en het die seuns een na die ander in die bosse verdwyn. Wanneer die groep terugkeer het het die wat in die bosse weggekruip het, weer by die groep aangesluit. Terug in die kamp het baie maar min oefening gehad en kon hulle verder met hul kattekwaad aangaan. Almal moes bad en die owerhede het konkas
middeldeur laat sny, waarin gebad moes word. Gert Nel het sy seun Andries altyd
geroep om sy rug te was. Sy opmerking was: Ja Andries, my ma het my laas gebad
toe ek klein was en hier bad die Engelse my weer.' (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gert se vrou en die kleiner
kinders is op pad na Wakkerstroom, waar hulle by familie tuis sou gaan, gevange
geneem en na die konsentrasiekamp op Barberton gestuur. Hier is vier kinders
binne die bestek van een maand aan masels oorlede. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
EGGSA. Barberton historical cemetery
Hulle het uit ballingskap, uit India en Ceylon en van die slagveld teruggekeer. En die huurpag van die Laeveldse plaas het hulle verbeur weens onbetaalde agterstallige huurgeld wat gedurende die oorlog opgehoop het. 'Maar hulle het die geloof behou en hulle het gebid: '0 Here, verander ons lot soos waterstrome in die suidland'. Want hulle het die Bybel geken. Hulle was godsdienstige vrome mense.Na die oorlog is daar met gemengde gevoelens na
die plase teruggekeer. Die huise is afgebrand en die diere almal gedood.
Andries Nel en sy skoonseun het 200 beeste en 1400 skape verloor. Vir die
eerste paar maande moes daar in tente gewoon word. Gert Nel het op die
agterste gedeelte van sy huis 'n dak opgesit van sinkplate wat die minste
beskadig is. Andries Nel kon 'n paar hoenders van sy plaasmense kry om mee te
begin boer. Hier en daar is van bure 'n paar trekdiere, asook 'n eenvoorploeg,
geleen om 'n paar akker mielies in die grond te kry. Louis Nel het hulp by
familie in Natal gaan soek. Sy neef, Adriaan Nel, wat naby Greytown gewoon het,
het hom aanteelbeeste gegee om weer 'n begin te maak. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gedurende 1932 het Andries 'n beroerte aanval gehad wat sy regterkant verlam het. Na vier maande het hy sodanig verbeter dat hy in 'n rolstoel beweeg kon word. Sy hart het egter begin verswak en was naderhand bedleend. Sy broer Gert het horn Donderdag 13 Oktober 1932 besoek. Gert was nog in goeie gesondheid en toe hy Andries groet het hy aan Gert gesê dat hy hom nooit weer sal sien nie. Hierop het Gert geantwoord dat hy nog voor Andries kon gaan. Gert is die volgende dag terug na sy woning op Carolina en het die aand met sy seun Jaap gesit en gesels tot die vroeë ure van Saterdag. Om 03:00 het hy 'n beroerte aanval gehad en is Saterdagaand 15 Oktober 1932 om 20:00 uur oorlede. Hy is op die plaas Witbank begrawe. Andries was vir 15 maande bedleënd voordat hy op 4 Augustus 1933 oorlede is. Hy is op sy plaas Bankfontein begrawe. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Gedurende 1932 het Andries 'n beroerte aanval gehad wat sy regterkant verlam het. Na vier maande het hy sodanig verbeter dat hy in 'n rolstoel beweeg kon word. Sy hart het egter begin verswak en was naderhand bedleend. Sy broer Gert het horn Donderdag 13 Oktober 1932 besoek. Gert was nog in goeie gesondheid en toe hy Andries groet het hy aan Gert gesê dat hy hom nooit weer sal sien nie. Hierop het Gert geantwoord dat hy nog voor Andries kon gaan. Gert is die volgende dag terug na sy woning op Carolina en het die aand met sy seun Jaap gesit en gesels tot die vroeë ure van Saterdag. Om 03:00 het hy 'n beroerte aanval gehad en is Saterdagaand 15 Oktober 1932 om 20:00 uur oorlede. Hy is op die plaas Witbank begrawe. Andries was vir 15 maande bedleënd voordat hy op 4 Augustus 1933 oorlede is. Hy is op sy plaas Bankfontein begrawe. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Gert Nel het later in sy lewe Gedeelte A van die plaas Witrand, geleë ongeveer 11 km suidwes van Carolina, op die Breyten pad, gekoop. Ingevolge die bepalings van sy testament is die eiendom verkoop en die koopsom verdeel volgens die bepalings van die testament, terwyl 50% van die mineraalregte voorbehou is ten gunste van sy derde vrou, Johanna Christina de Clercq, née du Plooy en die ander 50% ten gunste van Louis Johannes Nel, Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, Jacob Jacobus Nel, Jacob Andries Nel en 'n kleindogter Christina Catharina Celliers. By ontginning van hierdie minerale sal die voordele daarvan tussen die erfgename of hul nageslag verdeel word. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/25/Nel-768-1.jpg)