g.9. Anna Sophia Wilhelmina NEL, geb. 20/11/1902, ged. 26/04/1903

g.9.  Anna Sophia Wilhelmina, geb. 20/11/1902, Nous-Wes, Boesmanland, ged. 26/04/1903, Kenhardt, oorl. 11/06/1993, Keimoes x 28/05/1921, Nous-Wes met Gysbertus Johannes Goosen VON WIELLIGH, geb. 19/11/1897, Komogas Biesies, Springbok, oorl. 27/09/1955, Esterhuizensputs, Langklip, Upington, s.v. Hendrik Johannes Oostenwalt von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht xx Hans ALBUS, geb. 23/08/1909, Duitsland, oorl. 11/05/1963, Pretoria, begr. Zandfontein.

Anna Sophia Wilhelmina was die dogter van Johannes Willem Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg.

Name Anna Sofia Willemina Nel
Birth Date 20 Nov 1902
Father's Name Johannes Willem Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Anna Sofia Willemina Bergh
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 26 Apr 1903
Event Place Kenhardt, Kenhardt, Cape Province, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6GL6-LHJF?lang=en
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:65MG-TJDT?lang=en

Anna Sophia Wilhelmina (Annie), het op die plaas Nous-Wes grootgeword. Johannes Willem Nel wou baie graag hê dat Annie met die seun van die buurplaas, Schalk Willem Schultz, geb. 28/04/1899 moes trou.  Hulle was baie vermoënde mense en hulle familie het ‘n hele aantal plase in die omgewing besit.  Gys was op hierdie stadium nog ‘n baie arm man en Jan was waarskynlik bang dat Gys nie goed genoeg vir sy dogter sou kon sorg nie.  Die storie word vertel dat haar pa vir haar die dag voor haar troue, £100 aangebied het as sy sou besluit om nie met Gys te trou nie en sy het blykbaar daarop geantwoord dat nie eers 100 goue ponde haar van haar besluit sou laat verander nie. 
 
Name Gysbert Johannes Van Wielligh
Sex Male
Age 25 years
Birth Year (Estimated) 1898
Event Type Marriage
Event Date 28 May 1923
Event PlaceNous West, Kenhardt, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Nous West, Kenhardt, Cape Province, South Africa
Certificate Number 8
Name Anna Sophia Wilhelmina Nel
Age 20 years
Sex F
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZH5-JV77?lang=en


Gys en Annie
 
Na hulle troue het Gys en Annie Pofadder toe getrek.  Hier het hy baie pionierswerk vir die dorp gedoen.
 
As volwassene word Annie beskryf as ‘n goeie en gemoedelike vrou.  Sy was ‘n statige dame wat die vermoë gehad het om mense op hulle gemak te laat voel.  Sy was selfversekerd, sonder om hoogmoedig te wees en het selde of ooit haar humeur verloor.  Sy was uitstekend met brei- en hekelwerk en het toekennings vir haar werk op plekke soos die Upington skou ontvang.

Name Anna Sophia Willalemina Van Willigh
Event Type Membership
Event Date 12 Oct 1941
Event Place Keimoes, Cape Province, South Africa 

Na Gys se dood is Annie met Hans Albus getroud.

Annie en Hans Albus op hulle troudag

Hans Albus was 'n Duitser wat homself in Keimoes gevestig het.  Op 12/06/1946, Kaapstad trou hy met die weduwee  Anna Maria Potgieter (vroeër Swanepoel) van der Merwe en daarna het hulle na die Strand verhuis waar hulle vir etlike jare gewoon het.  Na hul egskeiding het hy na Keimoes teruggekeer, waar hy boekhouwerk vir Keimoes Hotel gedoen het.  Hy het Annie na net twee jaar in 1963 ontval.  Hy het klierkanker gehad en is in Pretoria begrawe.
 
Name Hans Albus
Sex Male
Age 53
Birth Year (Estimated) 1910
Birthplace Duitsland
Event Type Death
Event Date 11 May 1963
Event Place Pretoria, Transvaal, South Africa

FAMILYSEARCH

Annie sterf op 11/06/1993 in die hospitaal op Keimoes.

Keimoes nuwe begraafplaas

Kinders:

h.1. Anna Sophia Wilhelmina VON WIELLIGH, geb. 30/04/1924, ged. 03/08/1924, Namies, oorl. 2013 x 05/10/1948, Keimoes, Gordonia met Charles Ernest Bird, geb. 18/11/1922, oorl. 11/09/2013, s.v. Ernest Charles Bird en Maria Loxton.

h.2. Hendrik Johannes VON WIELLIGH, geb. 15/02/1927, ged. 24/04/1927, Namies, dist. Kenhardt, oorl. 16/08/1988, Keimoes x 27/02/1952, Keimoes, met Hendrika Christina Wilhelmina (Hennie) van der Westhuizen, geb. 16/03/1928, Kakamas, oorl. 19/11/2013, Kuilsrivier, begr. Keimoes, d.v. Andries Adriaan van der Westhuizen en Hester Cornelia Laufs.

h.3. Johannes Willem Nel VON WIELLIGH, geb. 11/06/1928, ged. 02/09/1928, Pofadder , oorl. 10/12/2010, Keimoes x 08/06/1951, Keimoes met Amelia Ledevia Brand (Lovedy), geb. 27/11/1931, oorl. 04//09/2022, begr. Keimoes, d.v. Cornelis Johannes Brand en Amelia Lediwia Aggenbagh.

h.4. Gysbertus Johannes VON WIELLIGH, geb. 04/11/1932 , Pofadder, oorl. 07/07/2011, Pretoria x 18/05/1957, Kaapstad met Marian Dunker, geb. 01/04/1934, d.v. Frans Migiel Duncker van Kenhardt en Maria Budler van Upington.