g.3. Nicolaas
Everhardus (Kallie), geb. 01/06/1879, oorl. 23/01/1958 x 23/01/1899, Vanrhynsdorp met Susanna Maria VAN ZYL, geb. 20/09/1876, oorl.
29/09/1954.
Nicolaas Everhardus was die seun van Jacobus Nel en Elizabeth Helena Catharina Louw.
Uit hulle ma se sterfkennis van 1918:
FAMILYSEARCH
Die ander gedeelte van die plaas Sewefontein wat aan Jacobus Nel behoort het, is vanuit sy
boedel aan Nicolaas Everhardus Nel oorgedra op 27 September 1921. (‘n Kultuurhistoriese
perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en
Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser
(nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die
plaas genoem LONDON gedeelte van Quispberg, geleë in the Afdeling Calvinia.
Groot 1603 Morge Volgens Kaart NO: 3256/1920 Aan 2 Nicolaas Everhardus Nel
(gebore 1 Junie 1879) Blanke Groep Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die
plaas genoem THEE BERG, gedeelte van Quispberg, geleë in die afdeling Calvinia.
Groot 3160 Morge Volgens Kaart No: 3255/1920 Aan 3 Jacobus Nel Boltman (gebore
11 September 1880) Blanke Groep Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die
restant van die plaas genoem QUISPBERG, geleë in die Afdeling Calvinia. Groot
volgens restant 4813 morge 572 vierkant roede.” (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf)
Op 1 April 1954 is al die grond van die eienaars Nicolaas Everhardus Nel, Jacobus Nel Boltman, PJ Kotze en andere, finaal verdeel. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Jare gelede het die persone wie toe
eienaars was van die onverdeelde aandele van die voormelde eiendom Quetsberg
ooreengekom om die eiendom te verdeel sodat elke eienaar ’n bepaalde aandeel
daarvan sal kry. Die presiese datum wanneer die verdelingsooreenkoms aangegaan
is, is nie aan ons bekend nie. In 1920 was die voormelde Nicolaas Everhardus
Nel tesame met Hermias Cornelius Nieuwoudt Nel en wyle Nicolaas Kotze, as
‘fidusiarius’, wie op 4 Julie 1942 oorlede is, die eienaars van die eiendom
soos hierin tevore vermeld, en hulle het toe opdrag gegee aan Landmeter Louw om
die voormelde plaas Quetsberg te verdeel in ooreenstemming met die
verdelingsooreenkoms en waarvolgens elke eienaar ‘n bepaalde aandeel van die
eiendom sou kry. Die opmeting is gedoen en die kaarte is goedgekeur. Hiervolgens kry elkeen die volgende aandeel:
(a) Nicolaas Everhardus Nel Seker
stuk afgeskafte erfpaggrond synde die plaas genoem Theeberg ‘n gedeelte van
Quetsberg GROOT: 3160 morge VOLGENS: Kaart. no 3255/20.
(b) Hermias Cornelius
Nieuwoudt Nel Seker stuk afgeskafte ergpaggrond Synde die restant van die plaas
Quetsberg GROOT: volgens restant: 4813 morge, 572 vierkante roede.
(c) Wyle
Nicolaas Kotze Seker stuk afgeskafte erfpaggrond Synde die plaas London,
gedeelte van Quetsberg GROOT: 1603 morge VOLGENS: Kaart no. 3256/20. 6.
Sedert
die tyd toe die Landmeter die opmetings en verdelings gedoen het het elke
eienaar sy afsonderlike stuk grond as sy vrye en absolute eiendom gebruik
sonder inmenging van die een of die ander. Hulle het in alle opsigte eiendomsregte
ten opsigte van die bepaalde stukke grond uitgeoefen. . Na die dood van wyle
Nicolaas Kotze in 1942 het sy erfgename sy gedeelte van die grond bekend as
London voortdurend as hulle uitsluitelike en bepaalde aandeel gebruik. Ons
gaan nou voort tesame met die erfgename in boedel wyle Nicolaas Kotze om
verdelingstransporte te laat registreer volgens die verdelingskaarte wat in
1920 goedekeur is.” (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf)