f.3. Jan Harmse, geb. 07/05/1847 x 17/04/1865 Jannetjie Sophia NIEUWOUDT, geb. 10/02/1847, oorl. 24/07/1918, d.v. Isak Albert Nieuwoudt en Susanna Francina van Wyk.
Jacob Willem Stephanus Nel se twee seuns, Jan Harmse en Jacobus het die plase Brakkefontein en Brakrivier geërf . Jacobus het hom op Brakrivier gevestig. Jan Harmse moes saam met sy broer in die enigste woonhuis op Brakrivier gaan woon maar sy vader se testament het bepaal dat indien hulle nie saam wou woon nie, Jan Harmse 2000 riksdaalers sou kry om vir hom ‘n woonhuis te bou. Albei koop later dele van die plaas De Quispberg (Sewefontein) aan. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Die plaas Sewefontein is ongeveer 28 kilometer suid van Nieuwoudtville in die Heideveld-gedeelte van die Bokkeveld geleë. Die plaas is aangrensend aan die plase Lokenburg en Papkuilsfontein. Dit grens aan Papkuilsfontein waar die Oorlogskloofrivier deur die Bokkeveldsberg se plato deurbreek. Tydens die Duitse reisiger Lichtenstein se reis van 1803 beskryf hy sy besoek aan Jacob A Louw van die plaas Lokenburg, die buurplaas van Sewefontein. Lichtenstein meld dat die omgewing baie yl bewoon was en dat Louw hom vertel het dat hy op die meeste vier bure het wat almal ‘n halwe dagrit te perd van hom af bly. Die vroegste verwysing na die plaas wat gevind kon word, is in die Opgaafrolle van 1811 van Jan Disjelsvalley, distrik Clanwilliam. Daarvolgens het Johannes Mostert die plaas Quisberg in leening bewoon. Sewefontein en Papkuilsfontein is ook aangrensend aan die suid-oostelike en oostelike kant van die Oorlogskloofnatuurreservaat. Sewefontein was oorspronklik bekend as De Quispberg soos blyk uit ‘n opmeting van die plaas gemaak deur landmeter J Schutte op 18 Februarie 1820. Die dokument wat in 1820 deur landmeter Schutte opgestel is tydens die opmeting van die plaas, dui aan dat dit ‘n leningsplaas was wat aan Johannes Mostert behoort het. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Tot met die opgaafrolle van 1827 word Johannes Mostert en sy vrou Helena Johanna Loubscher as die bewoners van die leenplaas, nou Quitsberg genoem, aangedui . Vanaf 1829 word die name van die plase nie meer in die opgaafrolle aangedui nie en kan dit nie meer met sekerheid gesê word dat hulle die plaas bewoon het nie. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)

Die eerste akte inskrywing vir die plaas was in
1832 toe dit as 'n erfpagplaas van 9576 morge aan Thomas Arnoldus Theron
uitgegee is. Schutte meld dat die huis in 1832 gebou is en dat die grond van
Sewefontein vanaf 1840 aan die Nel-familie behoort het. Historiese dokumentasie
bewys dat die Nels eers in 1871 die grond aangekoop het en dat Thomas Arnoldus Theron die grond
in 1832 besit het. Dit was vir
amper twee jaar in sy besit tot Floris Kotze dit in 1834 gekoop het. Na die
afsterwe van Floris het die plaas in 1860 oorgegaan in die hande van sy broer
Theunis Johannes Kotze. Uit die boedel
van Theunis Johannes Kotze blyk dit dat in 1869 ses Kotze's elk 'n sesde van
die grond gekry het en dat daar ook van die grond oorgegaan het in die hande
van Jan Harmse Steenkamp en Theunis Johannes van der Westhuizen. In 1871 gaan
van die Kotze's se grond oor in die hande van die Nels as Jan Harmse Nel, F.J.
Kotze se sesde koop en sy broer, Jacobus Nel, in 1873 twee gedeeltes koop, die van T.J. van der
Westhuizen en 'n twaalfde van J.P. Kotze. Vanaf 1874-1878 koop die twee Nel-broers nog
grond van die Kotze's asook die grond wat aan J.H. Steenkamp behoort het. Die derde Kotze broer, Nicolaas Kotze, wat met
'n bruin vrou getroud was, se kinders word later as Kleurlinge geklassifiseer.
Sy agt kinders se grond word behou en nie verkoop nie. Hierdie grond is
aangrensend aan Sewefontein en word Sandrivier genoem. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van
die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en
Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Dit is nie seker wanneer die naam na Sewefontein verander het nie. Jan Harmse Nel in 1871 ‘n deel van die plaas gekoop en volgens ‘n verband wat hy by die Cape of Good Hope Saving Bank Society op 11 Julie 1895 vir die plaas aangegaan het, het hy op die plaas Zevenfontein gewoon. In die dokument word die plaas as die erfpagplaas Quetsberg en nie De Quispberg nie, aangedui. Op ‘n verdere verband wat hy vier jaar later in 1889 uitgeneem het, het hy weer aangedui dat hy op die plaas Zevenfontein (Quipberg) woon. Uit verskillende dokumente blyk dit dus dat die name gewissel het van De Quispberg, Quistberg tot Quipberg en Quetsberg. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Moontlik het Jan Harmse die geld wat sy pa aan hom vir 'n huis bewillig het, gebruik om die grond aan te koop en vir homself ‘n woonhuis op Sewefontein te bou. Aangesien die grond eers in 1871 aangekoop is, kon die huis eers daarna gebou gewees het, want hy sou tog nie ‘n groot huis bou op grond wat nie aan hom behoort het nie. Volgens Jan Harmse se kleindogter, Elizabeth Helena Cataharina Brasler, het hy die huis tussen 1872 en 1874 gebou. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Die opstal bestaan uit die volgende geboue: die woonhuis, skool, die onderwyser se huis, die kafhok, waenhuis, murasie en die stalle. Op die werf is daar ook 'n buitebakoond net agter die huis met 'n groot seeppot daar langsaan, asook 'n klein hoenderhokkie. die oudste geboue is die murasie, die skool, die stalle en die kafhok. As daar na die boustyl en boumateriaal gekyk word, dateer die geboue waarskynlik uit die eerste helfte van die 19de eeu, terwyl die woonhuis uit die laat 19de eeu dateer. al die geboue is oorwegend gebou met materiaal uit die omgewing. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Met sewe fonteine op die werf was daar geen tekort aan water nie en reeds in die tyd van Jan Harmse Nel was daar ‘n pragtige groentetuin en vrugteboord. Volgens oorlewering het een van Jan Harmse Nel se seuns en een van sy skoonseuns ‘n stookketel in die groot populierbos op die plaas gehad. Hulle het van perskes, druiwe en turksvye witblits gestook soos die verskillende vrugte ryp geword het en daar van die vrugte oorgebly het nadat konfyt gekook, ingelegde vrugte gemaak en die vrugte gedroog is. Die praktyk het tot ‘n einde gekom toe die een broer besef het dat die predikantjies, dit wil sê die klein sopies witblits, te lekker raak en dat dit gewoontevormend word. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)

Op 25 Junie 1908 het Jan Harmse Nel sy deel van Sewefontein aan sy drie seuns, Willem Jacobus Albertus Nel, Heremias Cornelis Nel en Johannes Abraham Benjamin Nel bemaak. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)
Papkuilsfontein Possible son buried in grave number 2
(https://www.vassa.org.za/wp-content/uploads/2010/09/Jrnl-15-full-text-web.pdf)