Joseph Edwin was die seun van Cyrus Wortley en Mary Beresford.
Koning Edward VIII, die
oudste seun van koning George V het in Januarie 1936 koning geraak na sy pa se
dood. Op 1 Desember het hy afstand
gedoen van die troon en is hy opgevolg deur sy broer Albert, as Koning George
VI (r.1936-1952). Toe die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog kort daarna op
Brittanje en Londen in die besonder neergedaal het, was die koninklike egpaar aanvanklik
skepties t.o.v. Winston Churchill. Die koning en sy premier het gou 'n noue
persoonlike werksverhouding ontwikkel en hulle het gereeld ontmoet om die
vordering van die Oorlog te bespreek. King George VI and Queen Elizabeth stayed at
what they and their subjects saw as their posts all through the Blitz, and
showed love and care for their people in gestures that stilled the meanest
critics. (http://www.britroyals.com/kings.asp?id=george6)
Nelson, henry le – (H.III. Roll) bore, paly (6)
argent and purpure a bend (new put in with colours)vaire or and sable. (F.)
Arden Roll – paly argent and sable in Add. Ms. 4965 (Foster, Joseph, Hon. M.A. Oxon: Some feudal coats of arms, London, 1902)
The family of Nelson,
originally of the county of Lancaster,
settled in Berkshire, temp.
Elizabeth. Richard Nelson of Maudsley, in
Lancashire, was living there in the time and during the Reign of Edward
III. In 1377, he gave and confirmed to
Warine de Golborn and Alice Nelson his wife, daughter of the said Richard,
certain Lands in Maudsley, with the remainder in default of issue to George
Nelson, son of Robert Nelson, and his lawful heirs. This deed is dated 1st
Richard II (1405) and sealed with the Arms, "A cross over a bendlet". (Burke, John: A
Genealogical and Heraldic History of the Commoners of Great ..., Volume 1)
The shape
of the cross seems not to be that formalised. There are instances of a cross
flory or a cross patonce and the shield colour is either silver or gold. Thus the later arms of the Nelsons of
Maudesley and Fairhurst, Lancashire,
dating at least from 1664 are: Argent, a cross flory sable over all a bend
gules as formally recorded in Burke's General Armoury. However in
British History Online we read that Nelson of Fairhurst's arms are: Or a cross
patonce sable, over all a bendlet gules. The shield is a different colour and
the bend narrower.
(Family
heraldry)
The Nelsons of Bedale, Yorkshire, in
the person of Abraham Nelson Esq., of Gray’s Inn, one of the Cursitors in
Chancery and a Gentleman of the Privy Chamber to Charles II, son of William
Nelson, gent of Chancery Lane, also one of the Cursitors in Chancery and
grandson of William Nelson gent of Bedale had the other distinctive English
arms: Per pale argent and sable a chevron between three fleurs-de-lis, all
countercharged.
The Nelsons of Grimston near Malton, Yorkshire, bear the same arms. Crest: a cubit arm quarterly, argent and
sable holding in the hand proper a fleur-de-lis per pale argent and sable. So too do a Nelson (Plymouth Dock) with different crest: A dexter arm in armour, couped
and erect proper holding a fleur-de-lis as in the arms.
(Family
heraldry)
Joseph
Edwin (Ted) Wortley het in Southport grootgeword.
Hy was die enigste seun en ook die jongste van die gesin. In 1911 verskyn sy naam as die 6 jarige,
“Eddie” op die censusvorm van sy ouers ingevul is by 39 Warren Road Southport.
1911. Registration district: Ormskirk;
Sub-District: North Meols; Parish Southport; County Lanacashire.
Ted
was van jongs af vol streke. As seun het
hy ‘n werk as skoonmaker en stuurjonge by een van die plaaslike Algemene
handelaarswinkels gehad. Een van die
winkel se gereelde kliënte (‘n vrou) het elke week haar (opgepiepte) hondjie
saamgebring, wanneer sy haar inkopies gedoen het en elke keer het die hondjie
sy been teen die toonbank gelig. Dit was
Ted se werk om dit skoon te maak. Eendag
besluit hy toe om ‘n 20 l blik oop te sny, plat te maak, aan ‘n battery te
koppel en dit daar neer te sit waar die hond elke week sy merk kom maak. Toe die hondjie weer kom, het hy ‘n
elektriese skok gekry toe die piepie die blikplaat tref. Die dame was baie ontsteld en Ted was in
groot moeilikheid.
Katte
het saans baie by hulle huis geraas en Ted wou die katte verwilder. Hy kry toe by iemand ‘n Blunderbuss (dit is ‘n
voorlaaier wat soos ‘n trompet lyk). Hy
laai hierdie wapen met al wat yster en spyker is, en gooi kruit in. Toe hy die skoot aftrek was daar ‘n geweldige
ontploffing en sy ouers kon van elders in die huis hoor hoe goed breek. Toe sy ontstelde ouers by hom kom, was Ted
uit soos ‘n kers, die venster met raam en al uitgeskiet en die waskamer se dak was
stukkend geval.
Hierdie
huis het ook ‘n steengeboude hoenderhok gehad wat as bymekaarkomplek vir Ted en
sy maats gedien het. Na die Eerste
Wêreld-oorlog (1914-18) het die seuns ‘n bom opgetel wat nog kruit in gehad
het. Hulle gooi toe die kruit in ‘n
Lyle’s stroopblik, soldeer die deksel toe, maak ‘n gat en sit ‘n lont daarin. Hulle los toe die blik in die hoenderhok en
vergeet daarvan. ‘n Ruk daarna besluit
hulle om die lont aan te steek, terwyl almal rondom die blik staan. Een van Ted se maats het voorgestel dat hulle
liewers ‘n endjie weg moes staan, met die aansteekslag. Toe die blik ontplof het dit die hele
hoenderhok platgevee. Daar was oral
dooie hoenders.
Cyrus
was ‘n opregte, korrek-Victoriaanse man met vaste waardes. Ted en sy maats het ‘n hele klomp geld bymekaargemaak
deur te dobbel. Sy pa het op die geld
afgekom en toe Ted by die huis kom, het hy vir hom gevra waar die geld vandaan
gekom het. Ted het erken dat dit
dobbelgeld was. Cyrus het die blik
toegemaak en in ‘n dam gegooi. Ted en sy
maats het in die dam gaan duik op soek na die geld. Terwyl hulle besig was, het ander mense daar
aangekom vir ‘n piekniek en aangesien hulle kaal in die water was, moes hulle
in die dam bly totdat die mense weer vertrek het. Hy het ‘n verkoue gekry, maar nooit weer die
geld nie.
Toe
Ted 15/17 jaar oud was, was daar mense wat lede vir die Royal Canadian Mounties kom werf het. Ted was nog op skool en ‘n jaar te jonk om aan
te sluit. Hy jok toe oor sy ouderdom,
sluit aan en hulle aanvaar hom. Hy het
instruksies ontvang van waar om die skip na Kanada te kry. Hiervan het hy niks aan sy ouers gesê nie en
het soos gewoonlik skooltoe gegaan. ‘n
Ruk daarna het die polisie kom aanklop en wou vir Ted in hegtenis neem omdat hy
dan sou gedros het. Vir hierdie avontuur
van hom moes sy pa ‘n stewige boete betaal.
Die 23 jarige Ted trou in 1927, Preston
Methodist Ribbleton Ave, Lancashire
met
Alice Nelson.
Ribbleton
Avenue Methodist Church
Preston, Lancashire. Teen 1901 het daar byna 120
000 mense in Preston, ‘n vinnig groeiende industriële dorp, gewoon. Die eeu-oue katoenindustrie het getuimel na
die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, wat tot die styging van
werkloosheid in Preston gelei het. Nuwe
industrieë het in Preston begin in die tussen-oorlogse jare, wat die swaarkry
wat deur die val van die katoen industrie veroorsaak is, verlig het. Die maak en ontwerp van elektriese goedere en
die boubedryf het ‘n oplewing gehad, toe byna 3000 council huise tussen 1920 en 1939 gebou is. Ongeveer 1 500 huise was vir private verkoop gebou.
(http://www.localhistories.org/preston.html)
Alice
se van was defnitief Nelson, aangesien dit so op haar huwelikinskrywing, sowel
as op Harry se geboortesertifikaat voorkom.
Haar naam word egter as Johnson aangegee op Cynthia se
geboortesertifikaat. Vernon het voor sy
dood gesê dat sy ma Elizabeth (Alice se suster) se nooiensvan Johnson was. Tot op hede kon ons nog nie uitklaring kry
oor die verskil in van, van die twee susters nie, ook nie waarom Alice later
die Johnson van as haar nooiensvan gebruik het nie. Dit is moontlik dat Alice se moeder ongetroud
was toe sy gebore was en dat haar ma daarna met Johnson getroud was, voordat
haar suster Elizabeth gebore is.
Ted en Alice het na hulle troue in die dorpie Cheadle in die Cheshire distrik gaan woon. Alice was ‘n skoonmaakster (char) vir een van die welgestelde families in die area.
The town, Cheadle, from the south-east, 1927 (Britain from above)
Tram op Cheadle High Street
Cheadle,
geleë in die historiese distrik van Cheshire, is ‘n sub-distrik in die distrik
Stockport. Cheadle lê omtrent 13 myl oos
van Newcastle under Lyme. Die Cheadle
gemeente sluit ook die townships van
Cheadle-Bulkeley en Cheadle–Mosely en die dorpie Handforth-cum-Bosden in. Dit het 'n stasie en 'n poskantoor onder
Manchester. (http://www.visionofbritain.org.uk/place/819) Dit was ‘n klein markdorp, geleë in ‘n laagte
langs die klein Teanrivier en dit is omring deur hoë heuwels en daar was
verskeie steenkoolmyne wat die inwoners van steenkool voorsien het. Baie van die inwoners was werksaam in die
katoenindustrie en sy meule. Na die
Eerste Wêreldoorlog (1914-18) was daar trein en busdienste uit Cheadle uit na
ander dorpe. Cheadle lê WSW van
Stockport. Stockport is ‘n dorp in Greater Manchester, Engeland. Dit lê teen ‘n hoogte, 7 myl (11 km) suid-oos
van die Manchester middestad, op die punt waar die Goyt en Tame riviere
bymekaarkom om die Mersey rivier te vorm. Histories het die grootste deel van
die dorp in Cheshire geval, terwyl die area na die noorde van die Mersey in
Lancashire was.
(http://www.visionofbritain.org.uk/place/662)
Met
Harry se geboorte in 1932 was Ted ‘n commercial
motor driver wat in 5 Freemantle street UD, Stockport distrik gewoon het. A
commercial vehicle is any type of motor vehicle used for transporting goods or
paid passengers. The European Union defines "commercial motor
vehicle" as any motorised road vehicle, that by its type of construction
and equipment is designed for, and capable of transporting, whether for payment
or not: (1) more than nine persons, including the driver; (2) goods and
"standard fuel tanks". (https://en.wikipedia.org/wiki/Commercial_vehicle)
5 Fremantle St, Stockport
In die
Commercial Motor Archive van 1930 verskyn die volgende brief geskryf deur ‘n commercial motor driver:
5 Fremantle St, Stockport
The Editor, THE COMMERCIAL MOTOR.
[3251] Sir,—It appears to me as a commercialvehicle
driver that under certain clauses in the new Road Traffic Act which come into
force next year we shall find ourselves in an awkward position. it will require
the evidence of only one police officer to convict us of dangerous driving or
anything else he thinks fit with which to charge its.. This may involve heavy
fines and, worse still, the probable suspension of our licences which means the
stoppage of our means for living. The
chief trouble will be that magistrates almost always accept the word of a
police officer against that of anyone else, and with no class of man is there
an absolute guarantee that the complete truth will be stated or the facts not
distorted in some way. I have come to
the conclusion that it is high time that we formed some protective association
of commercial-vehicle drivers. For a. comparatively small annual subscription
we could be provided with expert legal assistance in any case which warranted
it I wonder if other drivers would be interested in the formation of such an association?
OLD READER. High Wycombe. (http://archive.commercialmotor.com/article/18th-november-1930/63/opinions-an)
Ted
het baie van motorfietse gehou. Hy het soms vir Harry as kind, agterop die motorfiets laat saamry. Harry het laterjare vertel dat Ted baie
vining gery het en ook laag om die draaie gegaan het, sodat hy baie bang was. Ted het ook resies gejaag op die Isle of Man. The
Isle of Man, anders net as Mann bekend, is 'n self-regerende British Crown Dependency, geleë in die
Ierse See tussen die eilande van Groot-Brittanje en Ierland. Die belangrikste internasionale gebeurtenis
wat verband hou met die eiland, is die Isle
of Man Tourist Trophy race, wat in 1907 begin het en wat in omgangstaal
bekend is as "Die TT”. Dit vind aan
die einde van Mei en vroeg in Junie plaas. The TT
is now an international road racing event for motorcycles, which used to be
part of the World Championship, and is long considered to be one of the
"greatest motorcycle sporting events of the world". Dit
word oor 'n tydperk van twee weke gehou. It has
become a festival for motorcycling culture, makes a huge contribution to the
island’s economy and has become part of Manx identity. For many, the Isle
carries the title "road racing capital of the world". The Manx Grand Prix is a separate motorcycle
event for amateurs and private entrants that uses the same 60.70 km (37.72 mi)
Snaefell Mountain Course in late August and early September. Wikipedia)
Met
Cynthia se geboorte in 1938 het die familie steeds in Stockport gewoon.
Stockport – (waarskynlik) ‘n foto van die bowls club waarheen Ted soms gegaan het.
Die
Tweede Wêreldoorlog het op 1 September 1939 met die besetting van Poland deur
Nazi Duitsland, gevolg deur die oorlogsverklarings van Frankryk en meeste van
die lande van die British Ryk en die Commonwealth, begin. Ted se neef, Enos, het in die Tweede
Wêreld-oorlog in Indië, Burna en Malaysia geveg. Hy is via Suid-Afrika daarheen. Hy was gek oor die jungle, ten spyte van die oorlog.
Stockport
is gedurende die Tweede Wêreld oorlog gebombardeer (1940/41), maar het nie
ernstige skade opgedoen nie. Die ou
industrieë het egter agteruitgegaan en later heeltemal verdwyn, terwyl ingenieurswese
‘n belangrike industrie geword het. (Lambert,
Tim: A brief history of Stockport,
Greater Manchester, England.) Ted was ‘n vlieënier. 1941 J.E. Wortley 2nd
Lieutenant. Gedurende die oorlog het hy ‘n ongeluk oorgekom,
wat hom verblind het. Die skade kon
herstel word, maar hy kon nie weer vlieg, aangesien hy nie meer 20/20 visie
gehad het nie.
*P.J.
Leighton; F.W. Allen; P.W. Davis;
D.I. McCormic; R. Pearson; C.R.
Levy; J.M. Cunningham; D. Robertson;
R.G. Lappin; L.W. Gault;
E.W. Polson.
*G.M.
Holmes; E.R. Plank; W. Stephenson; R.G. King;
L. Fitzsimmons; A.E.
Lambert; A.F. Raven; S. Hill;
J. McDermott; A. Moodie; J.G. Dineen;
V.A. Garland; W. France; D.T. Parker.
*R.S.
Gosnold; R.E. Vigars; A.G. Shayler;
H. Holt; T.K. Harper; C. Barnes;
J.W. Trussler; J. Forrester; R.G. Barnes;
N. Schofield; A.W. Oyler; T. Fraser;
C.R. Batcup; S.R. Evenson; R.W. Stoneman.
*H.
Ashwell; E.F. Hughes; R. Catlin;
C. McDonald; J. Brookes; CPL. G.E. Chambers; F/O. G.W. Stocker; LDR. J.J.F. Penninx; SGT. B.R. Cleverly; J.E. Wortley; E.B. Bradley;
F. McCaig; R.J. Jones; R.F. Jacks;
F.B. Firth.
Ted
het in Engeland en in Frankryk geveg. Hy
was betrokke by die inval van Normandy in 1944. The Battle of Normandy was fought in World War II in 1944. It was fought by the Allied forces against
Germans. It was the largest invasion by
sea in history. Almost three million troops crossing the English Channel from
England to Normandy in then German-occupied France. The goal for the first 40 days was to capture Caen and Cherbourg. Then
Brittany and its Atlantic ports would be captured. Next, the Allies would go
125 miles (190 km) to the southwest of Paris. The Allies would then control the
land between the rivers Loire in the south and Seine in the northeast. (https://simple.wikipedia.org/wiki/Operation_Overlord)
Voorrade
is per vragmotor aangery. The consentration camps were liberated by
the Allied and Soviet forces between 1944 and 1945. Bergen-Belsen by the British on April 15,
1945. Some 60,000 prisoners were
discovered at Bergen-Belsen by the British 11th Armoured Division, 13,000
corpses lay unburied, and another 10,000 died from typhus or malnutrition over
the following weeks. The British forced the remaining SS guards to gather up
the corpses and place them in mass graves.
(Wikipedia) Ted was deel van die
Britse manskappe wat die mense in Bergen-Belsen gehelp het. Hierdie gebeure het ‘n groot impak op hom gehad. Sy vrou het hom beskryf as: a
changed man. Dit was ook vir hom
moeilik om hieroor te praat.
Landing supplies at Normandy. (https://simple.wikipedia.org/wiki/Operation_Overlord)
Rantsionering
in Brittanje het reeds in September 1939 begin, toe petrol gerantsioneer
was. Soos die oorlog voortgegaan het,
het rantsionering strenger en strenger geraak.
Die mense is van koeponne voorsien en almal was sekere winkels toegesê,
waar hulle kon gaan vir hulle rantsoene.
Merke was aan die koeponne gebring om aan te dui dat die mense reeds
hulle rantsoene ontvang het. Sommige van
die winkels het hierdie merk met potlood gemaak. Almal wie se koeponne met
potlood gemerk was, het by die huis die merk uitgevee en na een van die ander
toegelaatde winkels gegaan en weer rantsoene gaan haal. So het dit aangehou, totdat die koepon met ink gemerk was, of
totdat dit te dun uitgevee was om dit weer gebruik te word. In Januarie 1940 was botter, suiker, spek,
ham en tee gerantsioneer. Teen 1941 was
konfyt, marmalade, kaas, eiers en melk. Rantsionering het erger geraak in 1942. Die hoeveelheid kos wat ‘n person, gedurende
die oorlog toegelaat was om te ontvang, het gewissel. However you were typically allowed 3 pints of
milk a week (sometimes only 2). You were allowed 1 egg a week (sometimes 1
every 2 weeks), 50g of tea and 225 of sugar. You were also allowed 350g of
sweets every 4 weeks. (http://www.localhistories.org/secondlife.html)
A close-up of a page from a 1945 ration
book.
(Photograph: Hulton Archive/Getty
Images)
Vanaf Julie 1941 was klere ook gerantsioneer. Mense moes hulle coupons spaar om klere te kan koop. Materiaal was skaars, so rompe het korter geraak en mense was aangemoedig om klaar te kom met wat hulle het en om herstelwerk aan hulle klere te doen. Vroue het sykouse gedra, maar dit was skaars en sommige vroue het hulle bene laat sonbruin raak en het dan ‘n seam opgeverf. Klere was gerantsioneer tot in 1949. (Lambert, Tim: Daily life in Britain during the Second World War)
Tweede wêreld oorlog medaljes wat aan Ted toegeken is.
Die
streng rantsoenering van kos, werk wat skaars was en die algemene swak lewensomstandighede
het gelei daartoe dat Ted en sy familie in Maart 1947 besluit het om na
Rhodesia te emmigreer, soos wat baie ander Britte in daardie tyd gedoen het. Ted
en Harry het per trein na London gereis, na Parys gevlieg, oornag gebly, na
Braggaville in die Kongo gevlieg, oornag gebly en daarna Salisbury toe met die
trein gereis.
For many years the Benguela Railway had
linked Lobito Bay, the great natural harbour on the Atlantic coast of Angola
(Portuguese West Africa), with the fertile plateau of that colony. In 1929 the
railway was extended across a barren region aptly called the "Hungry
Country" to the border of the Belgian Congo. In 1931 the Belgians extended
their railways in the copper belt to link with the Benguela Railway at the
border near the township ol Dilolo, and the new route was opened. Thus it is now possible for the traveller
from Europe to land from a liner at Lobito and to travel by train across
Portuguese West Africa, cross the border into the copper belt of the Belgian
Congo, and then cross the border into Northern Rhodesia at Sakania and travel
to Bulawayo. (Mike’s railway history: a look at railways in 1935 & before. Across Africa by rail)
Harry het die reis na Rhodesia as ‘n avontuur, maar ook as oorweldigend
beskryf. Die woud het ‘n tonnel gevorm
waardeur die trein geloop het. In die
tyd wat hulle apart gewoon het, het hulle baie briewe aan mekaar geskryf. Die adres wat Alice opgegee het was 69 Cross
Hall Brow, Latham Nr. Ormskirk. Alice en
Cynthia het eers op 19 Julie 1947 met die skip Indrapoera uit die hawe van
Southhampton vertrek om via Kaapstad by hulle in Rhodesia aan te sluit.
The ship was launched in March 1925, named
Indrapoera, a volcano on the island of Sumatra.
Seven water-tight bulkheads separated the eight compartments built into
the ship. Nine lifeboats and one motor boat and a doubled hulled bottom were
part of the safety features. The
electric power station supplied current to three 5-ton and eight 3-ton electric
winches, the steering engine, 3,000 lamps, 375 fans and various appliances
including those in the pantries, kitchens, laundry rooms, surgery, barber shop,
wireless station etc. All passenger cabins were electrically heated. Should the
main engines fail a separate generater set located on one of the upper decks
could supply emergency power. From
February 1926 to September 1939 the Indrapoera made fifty five round trips on
the Rotterdam - Batavia (Djakarta) route. The route varied little; Rotterdam,
Southampton, Tangiers, Marseille, Port Said, Suez Canal, Columbo, Sabang,
Singapore and Batavia followed by a fill-in trip to Surabaya. The return route
was the same, the round trip took about seventy seven days covering 18,000
nautical miles. Occasional diversions
were made to carry emigrants to South Africa.
(indrapoera sulzer powered ships)
Passenger Lists leaving UK 1890-1960 Transcription:
First name(s) ALICE
Last name WORTLEY
Gender Female
Age 42
Birth year 1905
Occupation HOUSEWIFE
Departure year 1947
Departure day 20
Departure month 7
Departure port SOUTHAMPTON
Destination port CAPE
Destination CAPE
Country SOUTH AFRICA
Destination country SOUTH AFRICA
Ship name INDRAPOERA
Ship master's first name K
Ship master's last name OASTING
Shipping line ROTTERDAM LLOYD
City SOUTHAMPTON
Ship destination port CAPE
Ship destination country SOUTH AFRICA
Ship registered tonnage 10824
Number of passengers 351
Record set Passenger Lists leaving UK 1890-1960
Category Travel & migration
Record collection Passenger lists
Collections from Australasia, Great Britain, Ireland, United States
Transcriptions ©
Gedurende
1948 het meer as twee derdes van die totale aantal Rhodesiese immigrante Salisbury of Bulawayo as hul bestemming
verklaar.
The majority of today’s immigrants therefore appear to have an urban
outlook. The populations of Salisbury
and Bulawayo together amount to about half the European population of the
Colony. The same trend to the town was
observed in 1947. Out of 5800 adult male
immigrants in 1947 (excluding R.A.F. personnel), 554 only declared for farming
occupations, or just over 9 %. In 1948
the largest proportion of immigrants (1052 males) went into building and
construction. Although this reflects the
most pressing need in the Colony at the moment, viz, the need for more houses,
it would appear that, at some future date when construction begins to meet
requirements, it may be necessary to restrict immigration of building artisans
in order to avoid flooding that section of the labour market. Excluding R.A.F. and other service personnel,
the total immigration for 1947 and 1948 amounts to about 26 000. So far as the economy of the Colony is
concerned, however, the additional 4000 service personnel may be regarded as
semi-permanent inhabitants, since the number residing here is likely to remain
fairly constant. (Murphy,
Philip: Central Africa: Closer
Association 1945-1958, Volume 9.). R.A.F. = Royal Air Force.
Rhodesia
het ‘n klein stukkie Brittanje in Afrika geword. Ted het eers in QueQue gewerk. Que Que, vandag as Kwekwe bekend, is ‘n stad
in sentraal Zimbabwe in die Midlands provinsie.
Ongeveer ewe ver van Harare na die noordooste en Bulawayo na die
suidweste. Que Que was in die laat 19de eeu as ‘n
goudmyndorp gestig. Die dorp is op die
Zimbabwe se Highveld op 'n hoogte van 1220 meter (4000 voet) bo seevlak geleë.
Dit is in die trope, maar sy hoë hoogte bo seespieël verander dit na 'n warm
klimaat. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19 ° C (66 ° F). Net soos die Hoëveld, is die somers lank,
maar nie warm nie, want die temperatuur hang af van die bewolktheid en indirek
hoeveel reën ontvang is. Droogte jaar is warmer as natjare. Die klimaat is warm
en nat gedurende die somer reënseisoen, vanaf middel November tot middel Maart,
met koel, droë weer vanaf Mei tot middel-Augustus in die winter seisoen, en
warm droë weer vanaf Augustus tot middel November. Winters word hoofsaaklik
gekenmerk deur hul koue nagte, met 'n gemiddelde minimum temperatuur van 7 ° C
(45 ° F), en is die sonnigste tyd van die jaar.
J.
McPherson beskryf Que Que soos volg in die Bulawayo Technical School Magazine
(1950) Que Que as it is To-day. “Que Que has grown very considerably from the
small farming and mining community it once was.
This development is largely due to the now well-known Que Que
Steelworks, which have been started almost from scratch in a wide valley
fourteen miles from the town. Just
before reaching Que Que from Bulawayo you pass some pleasant farms and the
Roasting Plant, which has been part of the life of Que Que for many years. The first thing about Que Que that strikes
you is probably the small, bright, well-designed station, with its tidy and
colourful flower-beds laid out along the station platform. Then when you walk through the large garden
behind the station, you get your first view of the town itself. On your left lies Raylton, where the railway
employees are housed, and on your right is a small tree-filled park, where the
Royal Family inspected school children in April 1947. In front of you can be seen a hotel on one
side and a garage on the other, flanked by other buildings. Then you walk up the main street, which is
lined with small, privately-owned shops, till you arrive at St Stephen’s
Church, where the road forks. The right
fork of the road leads to the Globe & Phoenix Recreation Hall and to the G.
& P. Mine itself. The hall, besides
being the only bioscope that Que Que possesses at present, is used for many and
varied functions. Below it is another
park, in wich is tucked away, almost forgotten, Que Que’s very first
cemetery. The town has only one school,
which ranges from kindergarten to Form III.
It has a large, modern hospital some distance away from the eastern side
of the railway line. Near this has
sprung up a new suburb composed of pise-de-terre houses, which have a life
expectancy of 15 to 20 years before they are demolished. Que Que obtains its water supply from the
Cactus Poort Dam, some fifteen miles along the Gwelo road. Light industry in the town is growing
rapidly; besides the Government Roasting
Plant and the Que Que Lime Works, which are situated near the Steelworks, there
are also factories for furniture, sweets and miniral-water bottling. Despite its progress, Que Que is still quiet
and leasurely and, with its uncrowded streets and unostentatious shops and
houses, it is in many ways typical of all small Rhodesian towns.” (Vol.
III. No 3)
Ted
was steeds vol streke. Hy het eenkeer in
‘n kroeg vertel dat hy ‘n groot hoeveelheid gwano ontdek het en dat hy
beleggers soek om die gwano uit te haal.
Daar was tot so ‘n mate belangstelling onder die kroegmanne, dat die
storie in die koerant beland het. Die
belangstellendes is saam met hom in die bos in, tot by ‘n grot waar die “beleggers”
skaars ‘n bakkievrag hoeveelheid vlermuismis gevind het. Sy vrou, Alice was baie in die verleentheid
hieroor.
Ted was ‘n baie impulsiewe man. Op geleentheid was hy en Alice êrens heen
oppad. Dit was alreeds skemer toe hy ‘n
bok gewaar. Hy het vir Harry gevra om
vir hom die geweer aan te gee en is toe agter die bok aan. Toe dit later donker was en hy nie na die
motor toe terugkeer nie, het Alice en Harry na hom gaan soek. Hy het ‘n ent van die kar af, in ‘n gat geval
en kon nie uitkom nie. Hy het ‘n paar
gebreekte ribbes gehad, sodat hulle hom hospitaal toe moes neem.
Hierna
het hulle na Selukwe toe getrek. Selukwe
is ongeveer 350 km suid van Harare geleë.
Dit word as een van die mooiste plekke in Zimbabwe beskou. Remember Selukwe,a one horse town with the
Grand Hotel, opposite the only Chemist, in the main road running through the
town. (Memories of Rhodesia) Selukwe main street
Hier
het Ted ‘n Algemene Handelaarswinkel bestuur.
Hy was ‘n baie goeie verkoopsman.
In die winkel was daar ‘n hele aantal fietse, wat vantevore nie wou
verkoop nie. Ted het binne ‘n baie kort
tydjie al die fietse aan die swart mynwerkers verkoop. Hy was ‘n ware gladdemond. Op ‘n stadium was hy ook ‘n
ambulandbestuurder. Op 8 Februarie 1951
word Joseph Edwin se adres as P.O. Box 59, Selukwe aangegee.
Handtekeninge
van Joseph Edwin
Ted en
Harry het ‘n kopererts claim gehad wat hulle oor naweke gewerk het. Hulle het plofstof gebruik om die erts los te
maak. Harry het ‘n skietlisensie gehad. Hulle
het ook Berryl gemyn. Ted het eenkeer
besluit dat die manier waarop hulle die Berryl uitgehaal het, te lank neem en
het voorgestel dat daar meer plofstof gebruik word. Met die groter ontploffing het die Berryl so
ver verspreid weggeskiet dat dit baie langer geneem het om dit bymekaar te
maak. Hulle het toe die Berryl in ‘n 44
galon drom gesit. Toe die drom vol was,
het hulle besef dat dit te swaar was om te beweeg en moes hulle dit in klein
hoeveelhede op ‘n slag uit die veld uit dra.
Ted
het hierna in Salisbury (Harare) as verkoopsman gaan werk. Salisbury was die hoofstad van Rhodesië en
was in 1890 gestig. Die huis wat hy
gekoop het, was net ‘n rondawel op ‘n kaal erf van ongeveer twee akker in die
buitewyke van Salisbury. Mettertyd het hy
aangebou en so ‘n volwaardige huis gehad.
Die rondawel het later as een van die slaapkamers gedien.
Alice
het min simpatie met Ted en sy eskapades gehad.
Een keer het hy op ‘n 44 gallon drom gestaan wat geroes was, terwyl hy geute
geverf het. Toe hy deur die drom val,
het dit die vel van sy bene af gestroop.
Alice het net gesê: Serve him right for farting up a drum. Sy moes al moedeloos gewees het vir sy
streke, want sy het nooit andersinds gevloek of kru-taal gebruik nie.
Ted wou ‘n motorafdak bou. Toe hy by die hardewarewinkel kom, sien hy dat die planke wat hy vir die motorafdak nodig het, te lank was. Hy breek toe die agterruite van die motor uit, om die planke daardeur te steek. Alice was baie kwaad. Die motorafdak was in elk geval nie suksesvol nie, aangesien die pilare skeef gebou was. Hy het dit reguit probeer pleister, maar die pleistering het afgeval. (Storie deur Richard Wortley vertel soos oorgedra aan hom deur sy ouma Alice). Links: Cynthia en Ted by die motor met sy uitgeslaande ruite.
Ted wou ‘n motorafdak bou. Toe hy by die hardewarewinkel kom, sien hy dat die planke wat hy vir die motorafdak nodig het, te lank was. Hy breek toe die agterruite van die motor uit, om die planke daardeur te steek. Alice was baie kwaad. Die motorafdak was in elk geval nie suksesvol nie, aangesien die pilare skeef gebou was. Hy het dit reguit probeer pleister, maar die pleistering het afgeval. (Storie deur Richard Wortley vertel soos oorgedra aan hom deur sy ouma Alice). Links: Cynthia en Ted by die motor met sy uitgeslaande ruite.
Toe
Ted in 1956 siek raak, het hy nie daarteen geveg nie. Hy het gesê dat hy nie gesond sal raak nie en
het net handdoek ingegooi.
Op 12 Februarie het Ted van een van die tropiese siektes gesterf. Ten tye van sy dood is Ted se adres as 136 Hopley Avenue Athlone, Salisbury aangegee. Die laaste keer wat Harry en sy gesin by sy ma by hierdie adres gaan kuier het, was in 1968. Hierdie huis is in die 70er jare verhuur, nadat Alice Marandera toe getrek het.
FAMILYSEARCH: Zimbabwe, death notices, 1904-1976, Salisbury
death notices 1956, vol. 149, image 235.
V.l.n.r Stella (Vernon se vrou), Aunty
Lizzie, Vernon en Harry by Ted se graf
Na Ted
se dood in 1956, het Alice weer in 1960 met John Burdett, geb. 23/01/1902, s.v. Edward Schwerin Burdett Burdett en Lydia
Mabel NN,
getrou en het hulle in Salisbury gewoon tot ongeveer 1980, waarna hulle na Marandera
getrek het.
Die huis in Marandera by Harare
John Burdet was in Ladysmith, Natal gebore. John was een van ‘n groot gesin. Hulle het met ‘n ossewa na Rhodesia
verhuis. As kind het hy masels gehad,
wat hom doof gelaat het. Hy het himself
leer lees en skryf. Al sy broers en
susters het in Rhodesia gewoon. Sy pa
was een van die grootste, rykste en welbekendste tabakboere in Rhodesia. Hy was die enigste een uit sy familie wat nie
geboer het nie. In 1888, Cecil Rhodes,
spearheading British commercial and political interests in Central Africa,
obtained a mineral rights concessions from local chiefs. In the same year,
Northern and Southern Rhodesia, now Zambia and Zimbabwe, were proclaimed a
British sphere of influence.
(Wikipedia) John het
landmeterwerk vir die myne gedoen en het monsters van rots geneem om getoets te
word vir koper/yster/goud, ens. Hy het
op ‘n stadium ook help bou aan ‘n waterpyplyn in ‘n bergagtige deel van Zambië.
John Burdett en Alice (Nelson) Wortley
Alice
was ‘n bedrywige vrou, sy het wonderlike aarbeikonfyt van aarbeie uit die tuin
gemaak. Sy was ‘n streng vrou, maar
nooit kwaad nie. Die reël was dat
kinders nie met hulle elmboë op die eettafel mog sit nie. Sy het nooit niks gesê nie. John het net die arm op die rand van die tafel
gekap, sodat die kinders kon leer om dit nie te doen nie.
Niemand
het met Alice gesukkel nie. Eenkeer het
sy vir Esten, die houseboy, wat ook ‘n baie goeie kok was, na die slaghuis
gestuur om vleis te gaan koop. Toe hy met
die verkeerde vleis by die huis kom, wou sy weet waarom. Esten het vir haar gesê dat die slagter vir hom
in die agterkant van die slaghuis laat wag het terwyl hy eers sy ander kliënte
bedien het. Teen die tyd wat hy bedien
is, was dit al vleis wat oor was. Hierna
het sy self na die slagter gegaan en sy kop so goed gewas, dat Esten daarna
altyd eerste bedien was.
John Burdet
was baie lief vir sy doppie brandewyn en hy het ook groot hoeveelhede bier
gedrink, wanneer hy Saterdae sy gehoorstuk afgesit het en op die stoep sy
koerant gelees het. Hy was egter nooit
dronk nie. Een aand het hy besluit om sy
brandewyn na die eettafel toe te bring.
Alice het net haar voet daaroor neergesit. Hy staan toe op en gooi die brandewyn by die
venster uit. Hy was baie goed vir haar
en baie knap met sy hande.
Alice
het met arthritis gesukkel. Sy was
bedlêend in 1978/79 toe hulle in die Kaap gaan kuier het. Sy het ook ‘n heart scare gehad en was in die hospitaal in Somerset-Wes
opgeneem. Op daardie stadium kon sy
amper nie meer skryf nie. Sy was baie
lief vir haar roostuin en haar huis was altyd vol rose. Na haar dood op 29/12/1980 is haar as in haar
groot roostuin in Salisbury gestrooi.
John het in ongeveer 1983 in die Kaap gaan
kuier. Hierna het hy ‘n beroerte aanval gehad. Hy was ‘n baie taai man en niemand het
daarvan geweet, totdat die dokter dit genoem het nie. Tot op daardie stadium het hy die Greenkeeping by die rolbalclub gedoen. Hy is in ongeveer 1984/85 in Rhodesia oorlede.
Kinders:
o.1. Harry Beresford, geb. 31/10/1932, Stockport, Lancashire, Engeland, oorl. 24/09/1997, Kaapstad, trou 06/02/1960, Selukwe, Rhodesia, met Jeanne RITCHIE, geb. 09/03/1939, Brakpan, Suid-Afrika, oorl. 12/07/2012, Bexley Heath, Engeland, d.v. Joseph Ritchie van Engeland en Eva Pricilla Stewart van Australië.
o.2 Cynthia Mary, geb. 16/06/1938, Stockport, Lancashire, Engeland x Ronnie REID (geskei) xx Glenn James HOGBEN, geb. 11/11/1927, oorl. 22/06/2005.