g.8. Helena Petronella VAN DER WESTHUIZEN, geb. 14/12/1861, ged. 24/02/1861

g.8. Helena Petronella, geb. 14/12/1861, Groot Kruis, ged. 24/02/1861, dist. Oudtshoorn, oorl. 15/09/1934, The Towers, Oudtshoorn x 14/06/1881, Oudtshoorn met Gert Cornelis (Towers) OLIVIER, geb. 09/09/1837, Welgevonden, dist. Oudtshoorn, oorl. 06/05/1922, Welgevonden, dist. Oudtshoorn, s.v. Gerrit Cornelis Olivier en Maria Susanna Greeff.  GCO voorheen getroud met Beatrix Aletta Lategan.

Helena Petronella was die dogter van Johannes Diederik van der Westhuizen en Maria Johanna Terblanche.

Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1900.

AANGENOMEN DEN 12 OCTOBER 1877 (Deel 96)
Helena Petronella v. d. WESTHUYSEN, *14 Des 1860 (Grootkruis) J.d. 

Gert Cornelis trou in 1859 met Beatrice Latergan van Buffelbosfontein.  Hulle bly op ‘n gedeelte van Welgevonden. Na Beatrice se dood op 12 Maart 1881 trou hy met die 20 jarige Helena Petronella (Lenie) van der Westhuizen, blykbaar ‘n baie eksentrieke vrou. Dogter van Koos Jintelman van der Westhys van Oude Muragie.

Gert Cornelis Olivier (09.09.1837 - 06.05.1922)

Gert koop drie jong volstruise van ene Mostert van Beaufort - hy en sy swaer Mattheus van der Westhuizen vang ook wilde volstruise – en so begin ‘n sprokiesverhaal vir die Oliviers.  Met sy dood in 1922 was hy met 5000 volstruise die grootste volstruisboer ter wêreld.  In 1872 koop hy ‘n deel van die plaas Armoed en daarna die een plaas na die ander soos die volstruisveer bedryf blom. Hy word die grootste grondbesitter in Oudshoorn, met ook 84 erwe in die dorp en eiendom by Hartenbos en Voorbaai.  In 1896 is hy betrokke by die bou van die brug oor die Grobbelaars River: Die Juta Olivier Brug.  In 1900 is hy ‘n Parlementslid van Oudtshoorn.  (https://www.wikitree.com/wiki/Olivier-1226)

Gert Cornelis bou die bekende Olivier Towers in Wesbank langs die Grobbelaarsrivier – die swierigste van al die volstruispaleise – teen ‘n destydse ongelooflike 25 000 pond.  Dit is ontwerp deur Charles Bullock en beslaan 20 vertrekke en meeste boumateriaal word ingevoer uit Europa. Cecil John Rhodes, hoofregter Henry Juta, regters en volksraadslede was gereelde gaste.

The one that got away noem die C.P.Nel Museum "The Towers", die volstruispaleis wat Gert Olivier in 1895 vir hom laat bou het, want dit is natuurlik in die middel 1960's gesloop. (https://www.wikitree.com/photo.php/4/42/Olivier-10.jpg)

THE OLIVIERS TOWERS 1903
This doublestorey manor house (feather palace) was designed for Mr. Gert Olivier by C. Bullock in 1902. Bullock was then still in the service of the P.W.D. M.L.A. and Mayor of the town. This building was certainly the most beautiful of all his work. It was designed in the Art Noveau (new art) style and built of local dressed yellowbrown sandstone by the contractor J.T. Cooper (Jnr.). The balcony and verandah poles were decorated with castiron brackets and balcony railings (from MacFarlane's catalogue). The roof line was broken by towers. One octagonal tower was above octaganal rooms at one corner of the building. The other
tower, topped by a crown of iron work, was placed squarely over the main entrance. The main roof was gabled on either side of the central tower and decorated with ornate barge boarding. The ridges of the roof were decorated with castiron cresting and finials. Wide steps flanked by urns, led from the garden to the lower verandah and the arched front door. Encaustic tiles covered the flooring and continued throughout the hallway A teak staircase inside linked the lower with the top storey. The top window panels were fitted with stained glass. The twenty lavishly decorated rooms were of French design with white and gold wallpaper and festoons of pink roses. The papier mache ceilings were painted cream and gold with amorini (a small cupid or winged putto of a chubby infant, often naked boy- baroque) in gilt. The hall and dining rooms w~re panelled in teak. The municipal valuation for the building in 1907 was £8,500. 7 In 1955 the Olivier family sold the property to the P.W.D. Later it was used first as a women's residence and afterwards as a men's hostel for students of the Oudtshoorn Teachers' Training college. In 1966 after a thorough inspection of the foundations, it was decided to demolish the building. The new Oudtshoorn High School (designed by Simpson and Bridgman) was inaugurated in 1968 on the site of the old "Towers".  (https://www.artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=3240)

Vier jaar na die bou van die pragtige huis het die Volstruisvere se prys geval en Gerrit Cornelis Olivier verkoop die plaas aan 'n sekere Mnr. Lipshitz in 1914

The roof-tiles were all imported from Belgium; the stained glass windows and doors from Holland; the columns from Greece; the woodwork between them from India; marble-tiles inside from Italy; and fireplaces from England. The only thing from Oudtshoorn is the Sandstone.

He also built a tower on his house; A status symbol as there are no stairs to the top. – it is completely closed in.

Daar 18 vertrekke waarvan 3 badkamers was. Die een badkamer het 'n bad bevat wat 1500 liter water kon hou. Sowat 5 mense kon in die bad pas.  (https://www.wikitree.com/wiki/Olivier-1226)

Gert Cornelis koop in 1909 die plaas De Hoop in dist. Graaff-Reinet op die walle van die Sondagsrivier.  Bou eiehandig op ouderdom 72 dam in rivier en besproeiingskanala om 1300 morg te besproei.  Helena het lande gelyk gemaak vir vloedbesproeing  Boer met angorabokke, skape en beeste.

Die bevolking het so vinnig uitgebrei dat die volgende gemeentes gestig is: Calitzdorp in 1873; De Rust in 1900; De Hoop in 1911; en Volmoed in 1921. Volmoed is nie ’n dorp nie hoewel die skenker van die lap grond, WG Olivier, dit voorsien het dat daar ’n dorp gestig sou word op sy grond. Volmoed is geleë ongeveer 20 kilometer suidwes van Oudtshoorn. Die eerste blankes was reeds teen 1770 hier gevestig.  https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/

https://johannclaassen.files.wordpress.com/2012/04/dscf8400.jpg

Ongelukkig bring die skielike volstruis-rykdom ook hier die lelikste in die Afrikaner uit: verwaandheid, snobisme en ‘n gejaag na aardse besittings.  Gert Olivier, of soos sy vrou Lenie hom graag op Engels genoem het, Ghirt,– was alte danig met die Engelse konings, onthou Mabel Olivier:  “Sien, ant Lenie was verlanges familie van ons.  Haar pa was mos nou Koos Jintelman van der Westhys van Oude Muragie.  Maar sy kon kamtig nie Afrikaans praat nie. Dis hoekom hulle sulke groot Sappe was. Hulle was mos dikkedensies met Rhodes ook.”

Gou moes besoekende familie by die agterdeur gaan aanklop, die “tradesman entrance”. In die NG Moederkerk koop die ryk volstruisboere hulle eie kerkbanke wat hulle Sondae vol hoogmoed betree.

Klein Ockert is na ‘n skool in Engeland gestuur waar hy later met ‘n Skotse meisie getroud is, sy studies aan Oxford voltooi en ‘n joernalis word en heeltemaal afgeleer om Afrikaans te praat.  Emily is na Gunesbury se afrondingskool in Londen gestuur deur bemiddeling van Hoofregter Juta (sy eggenote was die suster van Karl Marx, die vader van kommunisme.  Gedurende die volgende agt jaar loop Emily al wat ‘n kursus is in Frans, Italiaans, Engels en Duits, musiekonderrig en perdry klasse.  Vakansietye geniet sy pieknieks by Groote Schuur saam met Uncle Cecil John Rhodes.  Met haar terugkoms is Emily se trourok in Brussels ontwerp.  Die Hertog van Connaught en Prinses Alice het agter in die bruidskoets gery, gevolg deur Rhodes en Juta, die ander volstruisbaronne en toe die volksraadslede.

Louis Lategan het later verhaal: “In daardie jare was dit net Gert Olivier, die Rhodes-kliek, Rykpiet Lategan, Jan Schoeman, Attie Fourie en Gert le Roux wat mekaar gegroet het”.

(https://www.wikitree.com/photo.php/8/8b/Olivier-1226-1.jpg)

Dat alles tot stof vergaan, het ook waar geword vir die Olivier Towers. Erfgenaam Piet het probleme opgetel en die eiendom verkoop aan die Departement van Onderwys. Dit is later so verniel deur koshuisgangers van die Oudshoorn Opleidingskollege dat dit gesloop is en die nuwe hoërskool is daar gebou.  (https://www.wikitree.com/wiki/Olivier-1226)

Die laaste rusplek vir Gert Cornelis Olivier en sy tweede vrou Helena Petronella van der Westhuizen. Die perseel waarop die Hoëskool Oudtshoorn vandag gebou is was die plek waar "The Towers", woning van Olivier eers gestaan het.  (https://www.wikitree.com/photo.php/1/13/Olivier-11.jpg)

Kinders:

h.1. Johannes Diederik OLIVIER, geb. 27/03/1882, Oudtshoorn.

h.2.  Magdalena Johanna OLIVIER, geb. 17/05/1883, oorl. 1961, Oudtshoorn x 1905 met Stanley Elley, geb. 17/02/1879, Walton, Berkshire, Engeland, oorl. 14/04/1941, Oudtshoorn.

h.3. Elizabeth Helena OLIVIER, geb. 22/01/1885.

h.4.  Ockert Johannes OLIVIER

h.5.  Burgert Diederick Eric OLIVIER, geb.  24/11/1887, Oudtshoorn, oorl. 01/06/1925, Kaapstad x 14/03/1923, Aliwal-Noord met Frances Lilian Margaret Wheeler

h.6.  Emily OLIVIER, geb. 01/02/1890 x Matthew Heyns

h.7.  Helen Iris OLIVIER, geb. 22/09/1897.

h.8.  Cornelius Petrus OLIVIER, geb. 01/07/1901, Oudtshoorn, oorl. 05/07/1966, Oudtshoorn x 14/04/1934, George met Vera May van der Bijl , geb. 25/08/1898, Stellenbosch, oorl. 27/12/1945, The Towers Oudtshoorn, d.v. William van der Bijl en Deborah Susanna Malan.