f.4. Sara Aletta, geb. 15/05/1848, ged. 08/04/1849, Tarka.
Susara Aletta was die dogter van Willem Adriaan Nel en Catharina Elizabeth Labuschagne.
Uit hulle pa se sterfkennis van 1896:
FAMILYSEARCH
Tarka
verwys waarskynlik na die Tarkarivier, 'n sytak van die Groot Visrivier, en die
Tarkapas, 'n grondpadpas. Die Groot
Visrivier ontspring oos van Graaff-Reinet en loop deur Cradock. Verder suid
sluit die Tarkarivier by sy linkeroewer aan. In 1798, dus teen die einde van die bewind van
die VOC aan die Kaap, het groepies trekboere hierdie vrugbare streek oos van
die Sneeuberge en die Groot-Visrivier bereik. Van die begin af het hierdie
setlaars probleme met die Boesmans ondervind. Ook die Xhosas het die gebied
binnegedring op soek na weiveld. Die area was die toneel van die
Slagtersnek-rebellie en dit het in 1825 ‘n wyk van die subdistrik Cradock
geword.