e.5. Pieter Willem, ged. 26/02/1786, dist. Graaff-Reinet, oorl. 09/11/1867, Britskraal, Somerset x 16/07/1809, Graaff-Reinet met Sara GOOSEN, geb. 17/11/1797, Bruintjieshoogte, Somerset, oorl. 22/01/1858, Somerset, d.v. Nicolaas Goosen en Anna Margaretha Nel.
Pieter Willem was die seun van Pieter Willem Nel en Cornelia Johanna Nel.FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1780-1794. Image199
FAMILYSEARCH
Name Pieter Willem Nel
Father's Name Pieter Willem Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Cornelia Johanna Nel
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 26 Feb 1786
Event Place Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa
Event Place (Original) Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa
Source Details 136
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:VRLS-4WX?lang=en
Name Pieter Willem Nel
Spouse's Name Sara Goozen
Event Type Marriage Banns
Event Date 16 Jul 1809
Event Place Graaff-Reinet, Graaff-Reinet, Cape Province, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6L66-8HCG?lang=en
Bruintjieshoogte - Die gebied in die distrik Somerset-Oos geleë tussen die Sondagsrivier, Renosterberg, Swartberg, die Winterhoekberge, die Camdeboberg en Sneeuberg.
Daar is meer as een verklaring oor die oorsprong van hierdie streeknaam. Plaaslike oorlewering lui dat een van die vroeë intrekkers in hierdie gebied ’n bediende gehad het wie se naam Bruintjie was. Bruintje het glo in besit gekom van ’n kar en twee esels. Op ’n dag het hy hout gaan haal, maar het die remrieme te lank gemaak. Toe hy afdraand gaan, het die kar onder die esels ingestoot, sodat hulle gedwing is om al hoe vinniger te hardloop. Uiteindelik het die kar omgeslaan. Die plek staan daarom bekend as Bruintjie se hoogte wat met verloop van tyd Bruintjieshoogte geword het.
Lichtenstein gee weer die volgende verklaring “….so named, because at a time when this country was first colonized, a Hottentot Chief was established there, who called the new settlers in mockery Bruintjes, the proper meaning of which is Brownkins or Little Browns”. Blykbaar is hierdie verklaring te wyte aan ’n verkeerde vertaling, of aan foutiewe inligting. Bruintjeshoogte blyk egter vernoem te wees na Nic. de Bruyn, vroeër heemraad van Swellendam, wat lid was van ’n grenskommissie van 1769-1770 onder leiding van landdros L.S. Faber van Stellenbosch en landdros J.F. Mentz van Swellendam en wat dan ook die verslag van die kommissie onderteken het. (http://www.genza.org.za/index.php/en/nw-quarterly/233-famnea-jaargang-10-uitgawe-1/file)
Camdeboo - Graaff-Reinett, Pearston, Somerset Oos, Jansenville, Willowmore en Aberdeen
Sneeuberge - Die naam Sneeuberg verwys na die bergreeks net noord, noord-wes en noord-oos van Graaff-Reinet waar die Sondagsrivier sy oorsprong het. Gedurende die jare 1825 - 1836 was die streek o.a. ingedeel in die velkornetwyke Voorsneeuberg (d.w.s. aan Graaff-Reinet se kant van die bergreeks met plase soos Grootehoek, Klippefontein, Letskraal, Welgevonden, Boschkraal, Brakkefontein, Driekoppen, Tygerfontein, Sevenfontein, Hoekfontein ens. ens.) en Agtersneeuberg (aan die noordekant van die bergreeks d.w.s. agter die berge van Graaff-Reniet se kant). Die naam is 'n vertaling van die inheemse woord Noagore en verwys na die sneeukombers wat dikwels tot in November daar lê.
Volgens sy sterfkennis was sy ouers Pieter W. Nel en Anna Gesiena Swegers.
PW SK: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQF-MSSD-2?view=index&personArk=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQPWD-S35M&action=view
PW SK: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQF-MSSD-2?view=index&personArk=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQPWD-S35M&action=view


