h.1. Pieter Johannes, geb. 11/01/1899, Johannesburg, ged. 12/03/1899, Fordsburg,
Johaneesburg, Tvl, oorl. 28/07/1968, begr. Kaalfontein, Familiekerkhof, Venterdorp, Tvl x 06/07/1923, Aroab, S.W.A. met Aletta
Dorothy ROLFE, geb. 01/12/1904, Potchefstroom, oorl. 14/10/1972, Ventersdorp, d.v. Robert William Rolfe en Aletta Dorothea Labuschagne xx Magrietha Jurie Human SWART.
Pieter Johannes was die seun van Pieter Johannes van der Westhuizen en Susara Cornelia van Aswegen.
DG: Jan Johannes Petrus van der Westhuizen
Boer Internees Portugal
(Anglo-Boer War Museum: An agency of the Department of Arts and Culture)
Met Pieter Johannes en Aletta Dorothy se troue, was hy 'n konstabel in die S.A.P.
Pieter Johannes (Foto: Niel Oberholzer)
Aletta Dorothy Rolfe (Foto: Nëil Oberholzer)
Ouers van Aletta Dorothy Rolfe (Foto: Nëil Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
Tien kinders is uit hierdie huwelik gebore.
(Foto: Niel Oberholzer)
Twee van Pieter Johannes se weermagrekords:
(Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
Aletta Dorothy Rolfe (Foto: Nëil Oberholzer)
Pieter Johannes was egter ontrou aan sy vrou, en Aletta Dorothy het hom vir 'n egskeiding gedagvaar. Gedurende die periode 1 April 1946 tot Junie 1946 het Pieter Johannes in egbreek saam met Mej Swart by Vermeulenstraat, Pretoria gewoon. Ten tye van hulle
egskeiding het Aletta Dorothea op Kaalfontein, dist. Ventersdorp, Transvaal en
Pieter Johannes by 71 Vermeulen Straat, Pretoria, Transvaal, gewoon. Van die 10 kinders uit hulle huwelik, was 8 ten tye van die skeisaak minderjarig.
(Foto: Niel Oberholzer)
Pieter Johannes hertrou in Vereeniging met Magrietha Jurie Human (geb. Swart). Hulle het in die jaar voor sy dood vir 6 maande op Krugersdorp en daarna vir 6 maande op Kaalfontein, Ventersdorp gewoon. Op 28 Julie 1968 sterf hy in die Ventersdorp Hospitaal, met sy tweede vrou by sy bed. Sy beroep ten tye van sy dood is a werklose klerk aangegee. Hy was 69 jaar oud.
(Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
Pieter Johannes se begrafnis. (Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
(Foto: Niel Oberholzer)
Aletta Dorothy het later met NN van der Berg getrou.


Ouma Dollie en haar twee kleinseuns.
(Foto: Niel Oberholzer)
Sterfkennis van Margaretha Jurie Human, Pieter Johannes se tweede vrou.
(Foto: Niel Oberholzer)