Cornelis Vermaak was die seun van Louis Louwrens Nel en Judith Margaretha Moolman.
Name Cornelius Vermaak Nel
Sex Male
Event Type Marriage
Event Date
19 June 1906
Event Place
Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Wellington, Paarl, Cape Province, South Africa
Certificate Number 301
Maria Wilhelmina Marais Wife F
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZH5-7G17?lang=en
1900
ORDEN
1906
STANDPLASE
1901 Reis. Sekr., C.S.V.
1906 Cradock
1914 Oudtshoorn
1925 Robertson
EMERITEER
1935
Ds.
Cornelis Vermaak Nel was ʼn seun van die gemeente Greytown, Natal, waar hy 26
Desember 1874 gebore is. Te Stellenbosch het hy aan die Kollege sy B.A.-graad
behaal en in 1900 sy teologiese kursusaan die Seminarie voltooi. Na ʼn tyd in
Europa het hy enige jare as algemene sekretaris van die C.S. Vereniging gedien
en in 1906 ʼn beroep tot tweede leraar van Cradock aangeneem en daar agt jare
gearbei. In 1914 het hy predikant geword van Oudtshoorn en die gemeente bedien
tot 1925, toe hy dit verwissel het in Robertson. Sy gesondheid was toe al nie
wat dit moes wees nie en met groter besorgdheid het sy dierbares en
gemeentelede telkens van senuweeswakheid by hom bemerk, wat so toegeneem het
dat hy vir behandeling na Europa moes gaan, wat lank geduur het sonder dat daar
enige merkwaardige verbetering ingetree het. Hy het na sy vaderland
teruggekeer, maar nie na sy gemeente nie, en eindelik is om ontslag gevra en
dit aan hom onder betuiging van innige leedwese toegestaan (1935); Hy is
geruime tyd in ʼn inrigting op Johannesburg verpleeg en daar is hy 5 Junie 1936
sy ewige rust ingegaan, nalatende ʼn geseënde gedagtenis. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-cornelis-vermaak/)
CV SK: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91W-P7Q3-L?i=157&cc=2517051
MWM SK: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99C2-NWB2?i=280&cc=1407787

