h.4. Nicolaas Everhardus NEL, geb. 23/11/1904

h.4.  Nicolaas Everhardus, geb. 23/11/1904, oorl. 21/09/1976 x Hybrecht Maria DE BEER.

Nicolaas Everhardus was die seun van Nicolaas Everhardus Nel en Susanna Maria van Zyl.

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1930

ORDEN

1931

STANDPLASE

1931 Daniëlskuil

1936 Douglas

1940 Willowmore

1946 Worcester

1956 Worcester-Noord

1965 De Hoop

EMERITEER 

Ds Nicolaas Everhardus Nel (23.11.1904 – 21.9.1976) is op Kleinmond oorlede waar hy sedert sy aftrede Junie 1972 toe hy die predikant met die langste diens in Kaapland was – gewoon en tot betreklik onlangs nog van tyd tot tyd die Woord met krag en ‘n weldadige frisheid verkondig het. Na voltooiing van sy studie op Stellenbosch, word hy einde 1930 gelegitimeer en Mei 1931 in sy eerste gemeente, Danielskuil, bevestig. Daarna werk hy met vrug ook in Douglas (1936); Willowmore (1940); Worcester (1946); Worcester-Noord (1956) en De Hoop (1965); Hy dien baie jare in die SKDB van die Kaapse Kerk en beywer hom tydens sy diensjare op Worcester grootliks in belang van die inrigtings vir dowes en blindes aldaar. Hy sal as ‘n toegewyde en harde werker in die diens van die Meester onthou word. (Jaarboek 1977/312). https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-nicolaas-everhardus/