h.10. Jacobus Andries NEL, geb 19/01/1905, ged. 14/05/1905

h.10.  Jacobus Andries, geb. 19/01/1905, Bankfontein, ged. 14/05/1905, Ermelo x 28/03/1929, Chrissiesmeer met Magdalena Francina BOSCH, ged. 08/09/1905, Riebeeck-Oos.

Jacobus Andries was die seun van Jacobus Andries Nel en Anna Sophia Elizabeth du Plooy.

Andries Nel was vanaf 1926 tot 1929 posmeester van Chrissiesmeer, Rysmierbult vanaf 1929 tot 1931, Hendrina 1931 tot 1935 en daarna Jeppestraat­poskantoor, Johannesburg, waar hy tot 1950 in verskeie afdelings en hoedanighede diens gedoen het. In 1950 is hy na Spaarsin gesekondeer, waar hy drie jaar sekretaris van die Witwatersrand Spaarbeweging was. Van 1953 tot 1956 was hy posmeester van Yeoville en van 1957 tot 1959 posmeester op Randfontein. Van 1959 tot 1963 was hy in beheer van die Pos- en Telegraafopleidingskool in Johannesburg. In 1963 word hy as posmeester van Kempton Park aangestel en die volgende jaar in dieselfde hoedanigheid na Braamfontein verplaas waar hy in 1967 uit diens getree het. 'n Jaar later het hy in 11 tydelike hoedanigheid tot die diens teruggekeer en was werksaam in die Afdeling Verlof, Personeel en Finansies tot hy aan die begin van 1980, op 75 jarige leeftyd, permanent  afgetree het.  Andries Nel en sy suster, Gezina Baben, was die enigste twee oorlewende eerstegeslag-afstammelinge van die drie Nel-broers, na wie Nelspruit vernoem is, wat die herbegrafnis op 28 Augustus 1980 bygewoon het.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)