Johannes Petrus was die seun van Louis Nel en Isabella Potgieter.
Johannes Petrus
Baptised: 10 Apr 1785
Father: Lowies NEL
Mother: Isabella POTGIETER
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK),
Drakenstein, Baptism register, 1775-1785, page 152, entry number 3. Repository:
NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G3 3/3. Image 500 on FamilySearch
film no. 008120997. Note: Witness names not transcribed 1775-1785.. Transcribed
by Cornel Viljoen, from LDS film 008120997.
Johannes Petrus, het op een helfte van die plaas geboer en het blykbaar daar aangebly tot 1821 toe hy na die plaas Mullerskraal in Bruintjieshoogte verhuis het. ( http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Wyke van distrik Somerset 1825 - 1836
(https://genza.org.za/images/GGSASentraal/GENZA_LINKS/Wyke_Dist_Somerset_1825-1836.pdf)
Louis Nel was nou kennelik haastig om vir een of meer van sy seuns 'n plaas in die wyk Oos-Rietrivier te verkry. Plase in die wyk was uitnemend geskik vir skaapboerdery. Heelwat bekendes het hier geboer en sou hom oor die geskiktheid van die grond ingelig het. Daarby was die gebied tussen die Bo-Vis en Koonap, wat in 1825 die naam Oos-Rietrivier gekry het, reeds teen die einde van die agtiende eeu aan die boere van Agter-Bruintjieshoogte bekend. Gedurende droogtes het hulle met hul vee daarheen getrek. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)